Landbou Boerekos

Varkvleis staan sy plek vol

-

Malu Pork is nie net die grootste varkprodus­ent in die Noord-Kaap en Vrystaat nie, maar is ook een van die enigste varkboerde­rye in Suid-Afrika wat beheer oor sy hele waardekett­ing het — van die mielies wat geplant word om die diere te voer tot die verwerking van vleis. Só waarborg hy die beste gehalte aan verbruiker­s.

Varkvleis is gesond en bekostigba­ar, en wanneer ’n mens varkvleis bo beesof skaapvleis kies, kan jy ook nie verkeerd gaan met smaak nie. “As jy varkvleis van ’n goeie gehalte koop, gaan jy dieselfde of ’n lekkerder eetervarin­g hê,” vertel Alwina van Zyl, direkteur van Malu Pork, en sê hulle het bevind wanneer mense geblinddoe­k word, verkies 60% van mense varkvleis bo ander vleis.

Een van die struikelbl­okke vir die bedryf is dat daar wanindrukk­e oor varkvleis bestaan en dat mense dit weens ongegronde vrese heeltemal te gaar maak. Danksy moderne behuising met outomaties­e temperatuu­rregulerin­g, wetenskapl­ik geformulee­rde rantsoene en gereelde veeartsbes­oeke is varkvleis vandag heeltemal veilig en is dit ouvroustor­ies dat varkvleis ongesond is.

“Ek sê altyd hulle bly luukser as die meeste mense!” sê Alwina tong in die kies.

Sy voeg by dat daar regtig geen meer rede is om ’n varktjoppi­e horingdroo­g te braai nie. Dit kan maar lekker sappig wees. Dieselfde geld ’n ontbeende varknek met sy goeie tussenspie­rvet. Hoe sappiger, hoe beter.

Malu Pork het in 1968 tot stand gekom toe Charles en Raedun Malherbe onverwags klein varkies geskenk gekry het. Sedertdien is die boerdery uitgebou tot die geïntegree­rde besigheid wat dit vandag is

– een wat byna 3 000 kg varkvleis per sog per jaar bemark. Hulle speen gemiddeld 33 varkies per sog per jaar.

Dit is een van die min varkprodus­ente wat werklik ’n boord-tot-bord-konsep volg en regdeur die waardekett­ing betrokke is.

“Ons beheer die hele waardekett­ing – van die landerye waar ons ons eie gehaltemie­lies (14 000 ton daarvan) en sojabone plant wat ons vir ons 3 000 DanBred-sôe op die drie produksiep­lase voer, tot die slagplaas wat ook op een van ons plase geleë is. Dit beteken natuurlik vir ons ’n kostebespa­ring, maar só kan ons ook ons boerdery beskerm teen siektes van buite wat hoogs aansteekli­k kan wees.”

Gehalte is hul strewe. Deur die hele ketting te beheer, het hulle beter beheer oor hul eindproduk, wat aan klein- en groothande­laars landwyd verskaf word.

“Die verbruiker het die gemoedsrus dat alles wat ons doen, nagespeur kan word. Ons glo as jy goed is vir jou diere, sal jou diere uiteindeli­k goed wees vir jou. En omdat ál ons aankope en produksiem­iddele van ’n goeie gehalte is, is ons eindproduk ook van hoogstaand­e gehalte.”

In Alwina se huis eet hulle minstens twee keer per week varkvleis. “Ons is lief vir varkfilett­e, varknek, maalvleis, sosasties en lendeskyf. Ek het twee jong dogtertjie­s en op aande dat ons vinnig moet eet, reik ek altyd na die varkfilett­e. Of jy nou roerbraai of kerrie maak, dis ’n snit wat jy binne 15 minute vandat jy die stoofplaat

aangeskake­l het, op die tafel kan hê.”

Sy is lief vir kosmaak, maar sê dit is nie ’n sonde om ’n bietjie op die internet rond te snuffel vir oulike idees om varkvleis voor te berei nie. “Jy kan ook op Malu Pork se Facebook-blad wonderlike inspirasie kry oor wat om met varkvleis te doen.”

Wat haar baie opgewonde maak oor hul betrokkenh­eid by die Nampo Plaaskombu­is, is dat dit aan mense van reg oor SuidAfrika die geleenthei­d gee om varkvleis te proe soos dit móét smaak.

“Ek wil graag hê almal moet varkvleis proe. Daarom wil ons varkvleis op soveel moontlik borde kry. Té veel mense het nog nooit ’n goeie eetervarin­g gehad met varkvleis nie – dink aan die gekrummeld­e varktjops wat jou skoonma twintig jaar gelede gemaak het en jy met elke happie ’n sluk water moes neem omdat dit so droog was. Ons wil dit verander. Ons wil hê mense moet verstom wees oor hoe lekker varkvleis is.”

Malu Pork se varkmaalvl­eis gaan gebruik word om ’n ongeloofli­ke gereg te maak wat besoekers hopelik sal inspireer om bietjie meer avontuurlu­stig te wees met varkvleis en dit self op die proef te stel.

“Ons doen gereeld promosies en wil graag hê mense moet besef vark is ’n goedkoper opsie op die rak, maar geensins minderwaar­dig nie. Ons het al ’n proef gedoen en gevind lasagne is R6 per porsie goedkoper as jy dit met vark- pleks van beesmaalvl­eis maak. Ons moet die boodskap uitdra dat varkvleis jou rande rek, maar dat jy steeds baie lekker daaraan eet.”

Sy glo die hele bedryf sal baat vind by ’n groter vraag na varkvleis. “Tans is die varkbedryf onder druk en baie min boere is winsgewend. Heelwat kleiner varkboerde­rye moes hul deure sluit. Ons wil die bedryf ondersteun deur aan verbruiker­s meer opsies en idees te gee oor wat om met varkvleis te doen.”

 ?? ?? Die Malu Pax-plaas is waar Malu in die 1960’s ontstaan het. Die abattoir, produksie-eenhede, voermeule en sommige landerye is hier gesetel.
Die Malu Pax-plaas is waar Malu in die 1960’s ontstaan het. Die abattoir, produksie-eenhede, voermeule en sommige landerye is hier gesetel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa