Landbou Boerekos

Angus-vleis is gehaltevle­is

Danksy telers se ywer deur die dekades om vleis van gehalte te produseer, is Angus-vleis vandag bekend om sy goeie marmering, sagtheid en sappigheid.

-

Die Angus is die grootste beesras ter wêreld. Die eerste beeste van dié Skotse ras is al meer as honderd jaar gelede (in 1895 om presies te wees) na SuidAfrika ingevoer, juis met die doel om die vleisgehal­te van inheemse beesrasse te verbeter.

“Ons klem was nog altyd die gehalte van die vleis, maar ons moet ook beeste teel wat aangepas is by ons omstandigh­ede. Ná meer as honderd jaar kan niemand meer stry dat die Angus, wat ’n goeie mate van gehardheid het, uitstekend aangepas is in Afrika nie,” sê Danie Dames, rasadviseu­r vir die SA Angus-beestelers­genootskap.

Danksy al die aandag wat telers aan die vleisgehal­te gegee het, is Angus-vleis bekend om sy goeie marmering – met ander woorde hoe die vet tussen die spiere van die vleis versprei is. Dit verleen goeie smaak, sagtheid en sappigheid aan die vleis.

“Angus-vleis het ’n uitsonderl­ike smaak. As jy eers ’n Angus-steak geëet het, sal jy dit altyd uitken. Die vet is sagter, amper botterig. Jy het ook nie baie speserye nodig nie, maar dit is steeds vreeslik lekker met net ’n bietjie sout en peper.”

Danie voeg by dat Angus-wors van die beste is wat daar is. “Die smelt-in-diemond-vetterighe­id maak die wors ekstralekk­er. Dit is iets besonders.”

Vleis wat onder die SA Angus-beesvleish­andelsmerk of onder Woolworths se Angus-handelsmer­k bemark word, is boonop gewaarborg as hormoonvry. “Voerkrale gebruik dikwels hormone, want dit verbeter die diere se groei en verhoog hul winsgewend­heid, maar ons het studies gedoen en gevind die vleis se gehalte is swakker wanneer dit met hormone geprodusee­r word. Daarom het ons geregistre­erde protokolle om hormoonvry­e Angus-vleis onder dié handelsmer­ke te bemark. Dit is dus nie net lekkerder vleis nie, maar ook baie gesonder.”

As telersgeno­otskap glo hulle dat ’n goeie vraag na Angus-vleis ook die behoefte na die ras sal aanwakker. “Verbruiker­s ken nie regtig die verskil tussen verskillen­de beesrasse se vleis nie, dus is dit ’n lang proses om hulle daarvan bewus te maak. Maar ons glo die gehalte van Angus-vleis sal hulle oortuig om keer op keer dié ras te kies.

“Sedert Woolworths vier jaar gelede vleis onder die Angus-vaandel begin verkoop het, het die vraag daarna drievoudig toegeneem. Al hoe meer mense verkies nou Angus-vleis en soek na die handelsmer­k, ook restaurant­e.”

Met die groter vraag na Angus-vleis is boere ook meer geneig om met Angusbeest­e te boer en bulle te teel.

“Ons probeer die ras se vleis bevorder sodat produsente nie sukkel om hul speenkalwe­rs te verkoop nie. Veral in ’n land soos Suid-Afrika, waar die vleisbedry­f tans nie kan uitvoer nie, is dit belangrik om jou mark aan die tuisfront te bou.”

En Nampo se Plaaskombu­is, waar heerlike Angus-borsstuk voorgesit gaan word, is die ideale geleenthei­d om aan verbruiker­s te wys hoe smaaklik Angus-vleis werklik is.

“Daar is niks wat borsstuk, wat goed berei is, klop nie. Ons is baie opgewonde oor wat voorlê by Nampo se Plaaskombu­is. Mense sal nie net die gehalte van ons vleis kan proe nie, maar by die Angus-stalletjie ook na die beeste kan kyk,” sê Danie.

Daar is veral in die Vrystaat en die OosKaap groot troppe Angus-beeste, hoewel daar ook in Noordwes, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap sterk met dié ras geboer word.

Danie vertel Angusse is gewild onder produsente, want die ras is bekend om sy goeie temperamen­t en rustige geaardheid.

“Dit is net ’n plesier om met hierdie diere te boer. Benewens die goeie vleisgehal­te is ander uitstaande kenmerke van die ras dat die kalwers klein is met geboorte, wat sekere probleme uitskakel. Die kalwers groei baie goed en presteer uitstekend in voerkrale.

“Dit is ook ’n poenskop-ras (sonder horings), wat voordelig vir produsente is.” Danie voeg by dat daar geen verskil tussen rooi en swart Angus-beeste is nie.

“In Amerika, Kanada en Australië word oorwegend swart Angusse aangetref, maar in Afrika was ons nog altyd baie lief vir rooi beeste, en ons telers en produsente het baie goeie rooi Angusse.”

Danie sê die rooivleisb­edryf se biosekerhe­idstatus is tans ’n “groot en moeilike” kwessie.

“Speenkalfp­ryse is nou al vir twee jaar verskrikli­k laag, wat dit moeilik maak om winsgewend te boer. ’n Volhoubare uitvoermar­k sal beteken dat produsente meer vir hul speenkalwe­rs op die plaas sal kry en volhoubaar­der sal kan boer.”

Nietemin beywer die telersgeno­otskap hom daarvoor om jong mense meer betrokke te kry by die ras.

“Ons meen dit is waar die groei en behoud van die ras lê. As jong mense nie lief raak vir die ras en beesboerde­ry nie, gaan die bedryf nie groei nie. Ons het dus ’n jong, informele aanslag om aanloklik vir jonger boere te wees.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa