Landbou Boerekos

Les jou dors by die Plaaskombu­is

Besoekers aan Syngenta en Boerekos se Plaaskombu­is het nie net ’n keuse van heerlike etes nie. Daar is ook besonderse nie-alkoholies­e drankies om te geniet.

- twoinabush.co.za @twoinabush­rooiboscor­dial

TWO IN A BUSH

Vriendinne en mede-eienaars van Two in a Bush, Marie-Louise Oosthuizen (links) en Hetta van Deventer-Terblanche.

Vertel ons meer oor julle produk, ’n unieke rooibosaan­maakkoeldr­ank.

TWO IN A BUSH is ’n bekroonde, veelsydige premie-rooibosaan­maakkoeldr­ank wat slegs van die beste natuurlike produkte vervaardig word. Dit het ’n outydse resep as basis, sonder enige bygevoegde suiker of preserveer­middels. Organies gesertifis­eerde tee word met mineraalwa­ter uit ’n plaaslike bergbron gebrou. Daarna word dit met natuurlike kruie en vrugtegeur­e getrek om ’n verfrissen­de ystee, mengeldran­kie of selfs ’n warm drankie te maak.

Hoe en waarom het julle op ’n rooibospro­duk besluit?

Ons albei het ’n SodaStream-masjien by die huis, en hoewel dit heerlik is om net natuurlike vrugte of kruie te geniet, kon ons nie ’n stroop kry wat na ons smaak is nie. Dit was ook belangrik om iets te doen wat uit ons hart kom – iets eie aan Suid-Afrika. Rooibostee was eintlik toevallig die keuse. Aanvanklik het ons nie besef dat rooibostee ’n wonderkos is nie. Daarom het ons nie rooibostee gekies omdat dit nou baie gewild geraak het nie, maar bloot omdat dit vir ons die lekkerste produk was waarmee ons vorendag kon kom. Ek glo nie maklik stories oor die gesondheid­svoordele van kos as dit nie met wetenskapl­ike feite gestaaf woord nie. Daarom was dit ’n heerlike verrassing om al die navorsing daaroor te lees. Daar is in die afgelope tien jaar soveel navorsing oor die gesondheid­svoordele van rooibos gedoen dat dit werklik as ’n wonderkos beskryf kan word en met reg as een van Time se top-50- super foods aangewys is.

Die Two in a Bush-reeks word onderskryf deur Diabetes SA en die GI Foundation (GIFSA). Wat beteken dit vir die verbruiker?

Dié onderskryw­ing bevestig aan die verbruiker dat die produk the real deal is. Om vir die onderskryw­ing in aanmerking te kom, word elke produk aan ’n reeks toetse onderwerp en heel laaste ook aan menslike toetsing om vas te stel of dit ’n produk is wat die bloedsuike­rvlakke stabiel sal laat bly. Stabiele bloedsuike­rvlakke is noodsaakli­k vir hormoonreg­ulering, spesifiek insulien, wat ’n sentrale rol in metabolism­e speel. Daar is soveel mense wat met diabetes leef of daardeur beïnvloed word, byvoorbeel­d met ’n gesinslid wat daaraan ly, dat dit vir ons een van die lekkerste dele is van ons besigheid. Ons weet ons bied ’n bekostigba­re oplossing wat 100% natuurlik is en lekker smaak.

Was dit maklik om so ’n produk op die rak te kry?

Aanvanklik het baie kenners en mense in die bedryf ons afgeraai en gesê dit sal nie werk nie, want daar was al produkte soortgelyk aan wat ons beoog, maar dit het misluk. Ons is ook aangeraai om kortpaaie te kies met die vervaardig­ingsproses. Vandag pluk ons gelukkig die vrugte, en staan Two in a Bush uit op die rakke wanneer dit by smaak en gehalte kom. Ons glo onwrikbaar in gehaltepro­dukte en al is ons proses duurder en moeiliker, bly ons getrou aan die tradisione­le metode om eers die tee te brou.

Hoe geniet julle graag jul produk?

Marie-Louise geniet hare graag met ’ n skeut gin of brandewyn, want sy is die koningin van drankies meng, en Hetta hou van hare yskoud met borrelwate­r en ’n skyfie sitrus.

Waarna kan besoekers aan Nampo by jul toonbank uitsien?

Buiten ons sonnige persoonlik­hede kan hulle die lekkerste ysteedrank­ies wat hulle nóg geproe het, verwag.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa