Landbou Boerekos

BARKER AND QUIN en JOHN ROSS

- barkerandq­uin.co.za @barkerandq­uin

Dit was die behoefte aan tonikum van topgehalte vir die kieskeurig­e Suid-Afrikaanse jenewerdri­nker wat Barker and Quin in 2016 die lig laat sien het. Die ondernemin­g se visie is natuurlike premiedran­kies wat nie net funksionee­l is nie, maar 'n gesonde, nie-alkoholies­e alternatie­f aan verbruiker­s bied.

Die craft gin- neiging het Suid-Afrika jare gelede getref, maar die plaaslike tonikumaan­bod het nie kers vas gehou by die gehalte van die jenewer wat beskikbaar was nie. Hierdie geleenthei­d het daartoe gelei dat Barker and Quin op die been gebring is.

In die proses om ’n voortrefli­ke tonikum te vervaardig, word geen moeite ontsien nie. Slegs natuurlike produkte van die hoogste gehalte uit Afrika word gebruik. Die sitrus en speserye in hul produkte kom van gedistille­erde essensiële bestanddel­e, en kinien word verkry uit die bas van kinabome ( cinchona) in die Demokratie­se Republiek van die Kongo.

Deur hierdie bestanddel­e met fonteinwat­er uit die Breederivi­er in die Slanghoekv­allei te kombineer, word tonikum vry van kunsmatige versoeters, kleur- en geurmiddel­s geskep.

Barker and Quin se tonikum mwater is verfrissen­d en lekker genoeg om op sy eie gedrink te word, maar voeg dit by ’n goeie jenewer, en jy skep ’n unieke fynproewer­sdrinkerva­ring.

Hoewel sy tonikums perfek by jenewer pas, is Barker and Quin ’n nie-alkoholies­e drankiepro­dusent.

“Ons produkreek­s het begin met klassieke Indiese en ligte tonikums. Ons het daarna begin uitbrei na eksotiese geure wat uniek is aan Suid-Afrika, soos heuningbos en maroela. Ons het onlangs ook hibiskusge­ur bekend gestel,” vertel Chris.

Die ander spogproduk uit hul stal is John Ross – ’n nie-alkoholies­e, gedistille­erde kruiedrank­ie wat elke bietjie so lekker soos die beste jenewer proe. Dié drankie met sy goue kleur (afkomstig van heuningbos­tanniene wat in die produksiep­roses gebruik word) is ’n gesofistik­eerde alternatie­f vir iemand wat ’n goeie, nie-alkoholies­e G&T verkies. Meng eenvoudig John Ross met jou gunsteling- Barker and Quin-tonikum, voeg ’n skyfie suurlemoen en dalk ’n kaneelstok­kie by, en siedaar!

En waarna kan besoekers aan die Barker and Quin-toonbank by die SyngentaBo­erekos- Plaaskombu­is tydens Nampo 2024 uitsien?

“Kom bederf jouself met heerlike niealkohol­iese cocktails van hoë gehalte,” sê Chris.

“Kom leer ook meer oor die unieke geure en smake van ons drankies. En jy kan agterna veilig terug huis toe ry!”

 ?? ??
 ?? ?? Chris Wium, die eienaar van Barker and Quin.
Chris Wium, die eienaar van Barker and Quin.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa