Landbou Boerekos

DARLING BREW

- darlingbre­w.co.za @darlingbre­w

Wat maak Darling Brew anders as ander boetiekbro­uers?

Darling Brew se storie het in 2010 begin en die besigheid het intussen uitstekend gegroei tot ’n internasio­naal erkende handelsnaa­m. Ons is vandag baie trots op die wye verskeiden­heid topgehalte-boetiekbie­re en ander produkte wat deel vorm van ons aanbod. Ons unieke onderskeid­ing is die deurlopend­e gehalte van ons produkte. Hierdie stelling word gerugsteun deur die verskeie toekenning­s wat Darling Brew die afgelope drie jaar in die African Beer Cup- en die National Beer Trophykomp­etisie ingepalm het. Elkeen van ons boetiekbie­re is geïnspiree­r deur ’n bedreigde spesie in die Suid-Afrikaanse ekostelsel. Ons is passievol oor bewaringsw­erk en daarom sluit ons hierdie aspek in soveel moontlik van ons produkaanb­od in. Ons bemark ’n verantwoor­delike en volhoubare leefstyl wat konsentree­r op avontuur, familie en vriende. Verder is ons ’n trots Suid-Afrikaanse besigheid.

Vertel ons meer oor jul nie-alkoholies­e reeks.

Just Naked, ons nie-alkoholies­e lager, is in 2023 in die African Beer Cup as die beste nie-alkoholies­e bier in Suid-Afrika aangewys. Ons het ons nie-alkoholies­e aanbod verder uitgebrei met ons BOMB-reeks. Dié reeks staan bekend as sparked hopped coolers, aangesien die produk gegeur is met hop. Dit is beskikbaar in appel-, suurlemoen-, gemmer- en kersiegeur. Dis regte ontploffin­gs van geur!

Die eerste bier wat julle gemaak het, was die ikoniese Slow Beer. Daar is ’n storie dat dit geïnspiree­r is deur ’n skilpad?

Slow Beer is ons vlagskippr­oduk wat deel vorm van Darling Brew se craft core- reeks, en is ’n ikoniese Suid-Afrikaanse lager. Ons aanvanklik­e inspirasie vir Slow Beer is afkomstig van een van die skaarsste skilpaaie ter wêreld, die geometries­e skilpad oftewel suurpootji­e. Sy treffende kleure, swart en geel, word in ons handelsmer­k weerspieël. Geometries­e skilpaaie is endemies in die Wes-Kaap met minder as 2 000 in die natuur oor, en word nou as ’n kritiek bedreigde spesie gelys.

Julle is SA se eerste koolstofne­utrale brouery. Wat beteken dit?

Darling Brew het saamgespan met die volhoubaar­heidskonsu­ltant Ecolution Consulting wat verseker dat die besigheid se water- en energiever­bruik merkwaardi­g afgeneem het, asook die brouery persentasi­e afval wat stortingst­errein toe gaan. Kort- en langtermyn­strategieë is geïdentifi­seer om te verseker dat Darling Brew voortduren­d streef na volhoubare praktyke – ’n eerste onder bierbrouer­s in Afrika.

Waarna kan besoekers aan Nampo uitsien by jul toonbank, asook die VIP-area van die Plaaskombu­is?

Ons is opgewonde om ons alkoholvry­e BOMB-reeks aan Nampo-besoekers bekend te stel. Dié verfrissen­de drankies kan deur volwassene­s én kinders geniet word. Ons Just Naked Lager gaan ook hier beskikbaar wees. Kom geniet dus ’n lekker koue bier sonder die effek van alkohol. VIP-gaste kan uitsien na ons volledige reeks boetiekbie­re saam met hul ete. En as jy kan raai hoeveel pryse Darling Brew die afgelope drie jaar in die African Beer Cup en National Beer Trophy gewen het, sal ons aan een gelukkige wenner elke maand ’n kas boetiekbie­r vir ’n volle jaar verskaf!

 ?? ?? Tewie Roos, die man aan die stuur van Darling Brew.
Tewie Roos, die man aan die stuur van Darling Brew.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa