Landbou Boerekos

RAGNHILD OLIVIER PAKHUISBES­TUURDER

VINNIGE VRAE

-

Wat is sagtepit-granate en waarom is dit so gesog en gesond?

Daar is honderde, selfs duisende, verskillen­de soorte granate en elkeen het sy eie kleur, tekstuur en smaakprofi­el. Die tradisione­le soorte het ’n growwe skil en is soetsuur met ’n harde pit. Die nuwe soorte het meer vleis, dus is dit sappiger en makliker om te eet. Met die hoë antioksida­nt-inhoud is granate ’n superkos.

Waarom is Portervill­e so ’n geskikte area om granate te verbou?

Portervill­e is bekend om sy baie warm en droë somers, en die granaatpla­nt hou daarvan. Granate het ook nie baie water nodig nie. Ons plaas, Houdconsta­nt, se watergehal­te is ook goed, wat help met boomgesond­heid en vruggehalt­e.

Watter waardetoev­oeging doen julle?

Ons konsentree­r op die mark vir uitgedopte granaatpit­te, wat in plastiekko­ppies verpak en verkoop word. Ons oorweeg dit om vanjaar ook granaatsap te begin produseer.

Wat is jul vereistes wanneer julle granate aankoop en verwerk?

Die meeste van ons granate verbou ons self. Ons boer met ’n soort wat lekker soet is en ’n sagte pit het. Om die seisoen te verleng, sodat ons die heeljaar aan Freshmark kan lewer, koop ons granate aan van Wes-Kaapse boere tot so ver as Bonnievale.

Ragnhild Oliv Olivier er (links) n s is die pakhuisbes­tuurder by Pomegranat­e Fruit SA en Lizanne Janse van Rensburg is produksieb­estuurder op die plaas Houdconsta­nt by Portervill­e.

Die interne gehalte van die produk is vir ons die belangriks­te. Dit is moeilik vir boere om klas 1-vrugte te produseer, want granate skaaf maklik of die kroontjies breek af. Solank die vrug mooi pitte het en ons dit lank kan opberg (drie tot vier maande), is dit reg vir ons. Ons bied dus vir boere ’n goeie alternatie­f as net die sapmark.

Groei die bedryf?

Die vars granaatpit­bedryf is ’n baie klein deel van die bedryf.

Dit ding mee met ander gesonde vrugte, soos bessies. Ek glo meer mense verkies granate, selfs al is dit bietjie duurder weens die arbeidsint­ensiewe verwerking­sproses.

Hoe eet jy granate?

Ons gebruik dit oor slaaie of saam met nageregte, soos roomys. Of in ons gin & tonic as geurmiddel.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa