Landbou Boerekos

LANA HIMMEL SITRUSBOER

-

VINNIGE VRAE Watter soorte sitrus verbou julle?

Ons begin middel Februarie Satsumas pak, en beweeg dan in Maart oor na Novas. Dan volg Leanri, Nadorcott, Mor, Ori en Empress (wat almal as die Transvaaln­artjie ken). Later in die seisoen, teen einde September, maak ons klaar met Tambor. Ons verbou ook suurlemoen­e.

Waar bemark julle?

Sowat 40% van ons produkte word na die Europese Unie en die Midde-Ooste uitgevoer, en 60% pak ons vir die plaaslike mark, veral kleinhande­lgroepe en die varsproduk­temarkte.

My pa sê graag dat die plaaslike verbruiker­s ons deur moeilike tye gedra het, en ons manier om dankie te sê, is om altyd ’n sterk teenwoordi­ghied op die plaaslike mark te hê. Jou mense is jou mense, en jy het ’n verantwoor­delikheid om na hulle te kyk.

Met watter probleme het die sitrusbedr­yf te kampe?

By ons is diefstal ’n baie groot probleem. Ons boorde sal sommer oornag gestroop word van alle vrugte wat kleur het. Ons stel nou permanente wagte aan om die boorde te patrolleer waar die vrugte verkleur. Beurtkrag kortwiek ons, en dit vereis baie beplanning en uitgawes om te vergoed vir die

Lana Himmel bedryf saam met haar broer, Gerald Slade, en hul gades die omvangryke boerdery met verskillen­de sitruskult­ivars op 120 ha wat hul pa, Tommie Slade, in 1994 op ’n klein sitrusplas­ie by Brits begin het.

verlies aan produktiwi­teit. Die pakskuur en koelkamers kan in elk geval nie sonder krag wees nie, daarom maak ons ten duurste staat op twee kragopwekk­ers.

Wat beteken dit om sitrusvrug­te te ontgroen?

Dit is ’n proses wat ons by die Satsumas en Novas toepas. Die vrugte word in ’n oplossing gedompel en dan 24 uur onderdak op ’n stoep laat staan, waarna dit vir sowat 72 uur na ’n etileenkam­er gaan waar etileengas gesirkulee­r word. Dit veroorsaak dat die vrugte vinniger van groen na geel verkleur. Wanneer dit uit die kamer kom, staan dit weer 24 uur op die stoep. Dit duur dus vyf dae vandat die vrugte gepluk is totdat ons dit kan pak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa