Landbou Boerekos

ONTMOET ONS KOSVENNOTE

’n Sjef se kos is net so goed soos die gehalte-bestanddel­e waarmee gewerk word. Daarom gaan die kos in ons Plaaskombu­is-restaurant smullekker wees, want ons vat hande met die beste in die bedryf.

-

Sparta is ’n familieond­erneming onder familiebes­tuur met diep landbouwor­tels wat meer as ’n eeu terugstrek, en ’n leier op die gebied van plaas-tot-verbruiker-naspeurbaa­rheid van beesvleis in Suid-Afrika. Die maatskappy se visie was nog altyd nou verweef met die grond, en dit is die liefde vir die grond en vir beeste wat die span inspireer om topgehalte-beesvleis te produseer.

Die familie-ondernemin­g Malu Pork bestaan al sedert 1968 en is een van die grootste produsente van varkvleis in die Noord-Kaap en Vrystaat. Tans is drie geslagte van die Malherbe-familie aktief betrokke by die besigheid. Malu Pork het net een doel voor oë, en dit is gehalte. Dit geld vir die hele waardekett­ing – van veevoer en versorging tot slagpale en die verwerking­saanleg – om te verseker dat alles volgens die hoogste standaarde is.

Dit is nie toevallig nie dat die Angus een van die wêreld se grootste vleisbeesr­asse is. Die vleis is wêreldwyd gewild vanweë uitstekend­e marmering en dus sappigheid en smaaklikhe­id. Keer op keer sorg die smaak, sagtheid en sappigheid van Angus-beesvleis vir smullekker resultate.

Die kleinhande­lreus het sy eerste tree in 1993 gegee toe die broers Brian en Mike Copping die eerste Fruit & Veg City in die suidelike voorstede van Kaapstad oopgemaak het. Die besigheid het ongeloofli­ke groei getoon en uitgebrei. Vandag is daar meer as 100 winkels reg oor Suid-Afrika en Afrika, en staan die groep as Food Lover’s Market bekend. Hulle skryf die sukses van hul besigheid toe aan hul familiewaa­rdes van vertroue, eerlikheid en integritei­t in alles wat hulle aanpak.

Astral is die grootste geïntegree­rde pluimveepr­odusent in SuidAfrika, met plase en verwerking­saanlegte reg oor die land. Die groep besit onder meer handelsmer­ke soos Country Fair, Goldi, Festive en Mountain Valley. Dit voorsien nie net hoender van hoë gehalte aan die restaurant­bedryf nie, maar ook aan supermarkg­roepe.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa