Landbou Boerekos

OLYFOLIE-SITRUSKOEK

-

Moenie afgeskrik word deur soetgebak wat met olyfolie gemaak word nie. Olyfolie gee ’n klam krummel, aangename geur en sagte tekstuur aan enige gebak, en koek en tert is geen uitsonderi­ng nie. Hierdie maklike meng-en-bak koek se inspirasie was ’n Griekse teekoek wat tradisione­el met sitrus en olyfolie gemaak word. Dit kry ’n ligte stropie oor en word nie versier nie, maar voorgesit met room, roomys, mascarpone of jogurt wat jy kan versoet as jy wil.

Beslag

310 ml koekmeel

■ 3 ml sout

160 ml witsuiker

■ 5 ml bakpoeier

■ 3 ml koeksoda

■ ■ 125 ml natuurlike jogurt

■ Fyngeraspe­rde skil en sap van

■ 2 groot lemoene

2 ekstragroo­t eiers

■ 160 ml olyfolie

■ 10 ml vanieljege­ursel

Stroop

■ Fyngeraspe­rde skil en sap van 1 lemoen

■ Sap van 1 suurlemoen

■ 125 ml suiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde losboomkoe­kpan van 20 cm met olyfolie. Meng die droë bestanddel­e saam in ’n bak. Klits die jogurt, lemoenskil en -sap, eiers, olyfolie en vanielje in ’n ander bak en voeg dit by die droë bestanddel­e. Roer tot goed gemeng en glad en skep die beslag in die voorbereid­e pan. Bak die koek vir 30-35 minute tot goudbruin en deurgaar.

Maak die stroop terwyl die koek bak: Verhit die lemoenskil en die twee soorte sitrussap saam met die suiker tot die suiker gesmelt is. Laat die stroop net kookpunt bereik en verwyder van die hitte. Prik die koek met ’n toetspen sodra dit uit die oond kom en skep die stroop oor. Laat die koek in die pan afkoel vir minstens 30 minute voor jy die klamp losmaak en die koek uitkeer. Sit louwarm of teen kamertempe­ratuur voor. Lewer 12 porsies.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa