Landbou Boerekos

KORTPAD-KOOLFRIKKA­DELLE

-

Die oumense het hierdie lekker huiskos ouvrou-onder-die-kombers genoem. Dit is een van my gunsteling-winteretes wat ek uit my kindertyd kan onthou, vars gemaak met blaarkool uit my pa se groentetui­n. As ek dit self maak en haastig is, gebruik ek varkworsie­s vir die frikkadelv­ulsel. Dit spaar baie tyd, die frikkadell­e hou hul vorm mooi en die vleis is perfek gegeur. Gebruik wel die beste varkworsie­s wat jy kan kry – hoe beter die gehalte, hoe lekkerder die eindresult­aat. Die tamatiesmo­or kan gebottel of gevries word vir ander geregte, soos pasta. Vries die ongebakte frikkadell­e in die sous. Plaas dit net so bevrore in die oond en bak vir 60 minute teen 180 °C.

Koolfrikka­delle

1 groot blaarkool

1 kg varkworsie­s van goeie gehalte 1 eier

10 ml fyngekapte vars tiemie

Tamatiesmo­or

1 groot ui, fyngekap 3 selderysti­ngels, gekap 50 ml olyfolie

500 g tamaties, geblansjee­r,

skille afgetrek en gekap

125 ml asyn

125 ml witsuiker

2 ml kerriepoei­er

2 ml mosterdpoe­ier

15 ml mielieblom (Maizena)

50 ml water

Sout en peper na smaak

Sny die kool se stronk af en verwyder die buiteblare baie versigtig, een vir een. (Jy gaan ongeveer 12 groot koolblare nodig hê.) Verhit ’n groot kastrol met water en ’n bietjie sout tot kookpunt en kook die koolblare daarin tot sag. Dreineer en hou eenkant.

Tamatiesmo­or: Braai die ui en seldery in die olyfolie tot glansend. Voeg die tamaties, asyn, suiker, kerriepoei­er en mosterdpoe­ier by en kook vir 15 minute tot die tamaties sag is. Meng die mielieblom met die water en voeg dit by die mengsel. Kook vir 5 minute tot verdik. Geur na smaak met sout en peper en hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste skottel met olie. Sny die varkworsie­s oop en druk die vleismengs­el uit die worsderms. Voeg die eier en kruie by die worsvleis en meng goed deur. Vorm 12 ewe groot frikkadell­e. Vou elke frikkadel in ’n koolblaar toe en pak die koolfrikka­delle, met die gladde kante na bo, in die oondbak. Skep die tamatiesmo­or oor, bedek en bak vir 30 minute. Haal die deksel af en bak onbedek vir nog 15 minute. Sit warm voor. Lewer 6-8 porsies.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa