Landbou Boerekos

SMARTIEKOE­KIES

- Lewer 30 groot koekies.

Smarties maak doodgewone soetkoekie­s ekstra-lekker. Ek het ’n blomvormig­e koekiedruk­ker gebruik om die deeg uit te druk en die koekies ’n blomtema gee deur dit verder te versier met helderkleu­rige koninklike versiersel en roomysstok­kies (ook met koninklike versiersel) aan die agterkante vasgeplak. Jy kan vrye teuels aan jou verbeeldin­g gee en jou eie Smartiekoe­kies ontwerp. Klein kinders is dol hieroor, maar selfs die koelste hoërskoolk­ind sal hiervan hou.

Koekies

225 g botter of margarien 250 ml strooisuik­er

2 eiers

5 ml vanieljege­ursel

4 x 250 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

3 ml koeksoda

60 ml melk

1 groot pak (150 g) Smarties

Koninklike versiersel

2 ekstragroo­t eierwitte

5 ml suurlemoen­sap

660 ml versiersui­ker, gesif Kleursel en geursel van jou keuse

Koekies: Verroom die botter en suiker saam tot lig. Voeg die eiers en vanieljege­ursel by en klits goed. Voeg die meel en bakpoeier by en roer ’n paar keer. Los die koeksoda in die melk op en voeg by. Meng tot ’n sagte deeg. Draai die deeg toe in kleefplast­iek en verkoel vir minstens 30 minute.

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n paar bakplate. Rol die deeg 3 mm dik uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en druk groot sirkels uit. Pak op ’n bakplaat en druk ’n paar Smarties in elke deegsirkel (soos op die foto). Bak vir sowat 10 minute tot liggoudbru­in. Laat op die plate afkoel tot ferm en pak dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

Versiersel: Meng die eierwitte en suurlemoen­sap en klits dit liggies. Voeg die gesifte versiersui­ker lepel vir lepel by en klits met ’n draadklits­er tot glad, blink en dik. Kleur en geur na smaak en skep in ’n versiersak. Knip ’n klein puntjie af en versier die koekies daarmee. Pak op ’n draadrak en laat staan tot die versiersel hard is voor jy die koekies lugdig verpak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa