Landbou Boerekos

EKONOMIESE HOENDERKER­RIE VIR 50

- Lewer 50 porsies.

Dié kerrie bevat geen groente nie. Jy kan dit ver rek deur blokkies aartappel (of patat) en gemengde groente by te voeg. Jy sal dan net ’n bietjie meer water moet byvoeg vir die groente om in gaar te word.

250 ml olie, vir braai

9 kg hoenderstu­kke met vel en been Hoenderspe­serye na smaak

8 uie, geskil en grofgekap 12 knoffelhui­sies, fyngekap

160 ml matige kerriepoei­er

80 ml borrie

15 ml fyn kaneel

10 ml fyn koljander

10 ml fyn komyn

100 ml suurlemoen­sap

375 ml blatjang

45 ml sout

10 ml swartpeper

100 ml appelkoosk­onfyt

Water Verhit ’n bietjie olie op ’n slag in ’n groot swaarboomp­ot. Geur elke porsie hoender liggies met hoenderspe­serye en braai die hoender in lotte in die olie bruin. Skep elke lot uit en laat die volgende bietjie olie weer goed warm word voor jy die volgende lot hoender braai. As al die hoender klaar bruin gebraai is, braai die uie, knoffel en kerriepoei­er stadig saam in dieselfde pot tot die uie sag is. Voeg die borrie, kaneel, koljander en komyn by en braai vir sowat 5 minute saam met die uie. Skep al die hoender terug in die pot. Meng die suurlemoen­sap, blatjang, sout, peper en konfyt in ’n aparte bak en voeg dit by die hoender.

Voeg ’n bietjie water by, roer deur en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die kastrol se deksel op en laat prut vir 45 minute tot die hoender sag is. Kyk gereeld dat daar genoeg vloeistof in die pot is, en vul met water aan indien nodig. As daar aan die einde van die kooktyd te veel vloeistof in die pot is, verhoog die hitte en kook om van die vloeistof af te kook.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa