Teel jou eie ramme – teen geen kos­te

’n Staats­vee­arts ver­dui­de­lik sy mak­li­ke stel­sel om ramme op jou plaas te teel en só jou ri­si­ko te ver­laag, speen­per­sen­ta­sie te ver­be­ter en siek­tes en vrek­tes te voor­kom.

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Dr. Jo­han van Rooy­en, tel. 049 802 6600, e-pos: Jo­hanVR@daff.gov.za.

In eks­ten­sie­we vee­boer­de­ry is daar min ge­leent­he­de om die om­ge­wing te be­stuur, daar­om moet boe­re die­re teel of se­lek­teer wat by die om­ge­wing pas. Só sê dr. Jo­han van Rooy­en, staats­vee­arts be­las met op­lei­ding en na­vor­sing by die Land­bou­kol­le­ge Groot­fon­tein in die Oos-Kaap.

In ’n eks­ten­sie­we om­ge­wing moet vee die hulp­bron­ne tot die mak­si­mum ge- bruik en kos­te so­veel moont­lik be­perk. Dit moet ook aan die vyf be­gin­sels vir vol­hou­baar­heid vol­doen:

■ Le­wens­vat­baar­heid: ’n Guns­ti­ge in­kom­ste­vloei wat wins bo uit­ga­wes ver­se­ker. ■ Aan­vaar­ding: Boer­de­ry­me­to­des wat vir boe­re as­ook ver­brui­kers aan­vaar­baar is.

■ Pro­duk­ti­wi­teit: Die mak­si­mum be­nut­ting van die om­ge­wing se hulp­bron­ne.

Ri­si­ko­ver­min­de­ring: Boer­de­ry­me­to­des wat po­ten­si­ë­le ge­va­re be­tyds i­den­ti­fi­seer en be­stuur. Be­sker­ming: Die hand­ha­wing van bi­o­di­ver­si­teit, grond, mi­ne­ra­le, wa­ter en stik­stof­si­klus­se. ’n Ge­slo­te kud­de ver­min­der ri­si­ko’s, maar wat van die vier an­der be­gin­sels? Net as die pro­duk­sie­stel­sel en ver­al die ge­no­ti­pe van plaas­die­re dit toe­laat, kan pro­duk­sie­mid­de­le, soos e­ner­gie, voer en ar­beid, ver­min­der word. Die hui­di­ge stel­sels in s­toet­te­ling toets dik­wels nie stoet­die­re in eks­ten­sie­we toe­stan­de nie, dus hou dit ’n be­drei­ging in as ’n boer nu­we teel­ma­te­ri­aal wil koop, sê Jo­han.

Stoet­die­re kry on­be­perk­te hoe­veel­he­de voer en an­ti­bi­o­ti­ka, en mid­dels teen wurms en pa­ra­sie­te word vry­lik ge­bruik. Hul­le word dik­wels in ’n be­skerm­de om­ge­wing aan­ge­hou en fyn dop­ge­hou. Vrug­baar­heid word ge­ma­ni­pu­leer en pro­duk­sie word met aanvullings be­stuur. Dit is nie ge­waar­borg dat ’n ram of bul en sy na­ge­slag die mas sal op­kom in eks­ten­sie­we toe­stan­de nie.

As die­re wat in in­ten­sie­we stel­sels ge­teel is, in ’n eks­ten­sie­we om­ge­wing met be­perk­te bron­ne be­land, vaar hul­le swak. Die­re wat vir die mak­si­mum groei, wol- of v­leis­pro­duk­sie ge­teel is, suk­kel om bi­o­lo­gie­se uit­da­gings, soos pa­ra­sie­te, af te weer as hulp­bron­ne skraps is. As voe­ding­stow­we groot­liks vir pro­duk­sie aan­ge­wend moet word, be­reik min­der voe­ding­stow­we die im­muun­stel­sel.

’n Vee­boer moet dus aan ge­no­ti­pe aan­dag gee as hy ’n vol­hou­ba­re, eks­ten­sie­we kud­de wil ves­tig wat by die om­ge­wing aan­ge­pas is.

AL­TER­NA­TIE­WE TOETSSTELSEL

Vee­boe­re hou in die al­ge­meen nie van pres­ta­sie­toet­sing en die by­hou van aan­te- ke­nin­ge nie. Hul­le ver­kies om vee met die hand-en-oog-me­to­de te se­lek­teer. Ty­dens pres­ta­sie­toet­sing word ’n groep die­re van die be­gin tot die ein­de ge­ë­va­lu­eer en ’n se­lek­sie-in­deks word aan die ein­de van die toets op­ge­stel wat op die pres­ta­sie­sy­fers ge­grond is.

Jo­han het ’n al­ter­na­tie­we stel­sel ont­wik­kel wat hy al meer as ’n de­ka­de lank op skaap­pla­se toe­pas. On­ge­nom­mer­de ooie bly vir 35 dae by ramme en word dan vir drag­tig­heid ge­skan­deer. Ooie wat met meer­lin­ge drag­tig is, word dan a­part ge­hou van ooie wat met een­lin­ge drag­tig is. Hul­le lam ook in dié groep. Die no­mi­na­le ge­boor­te­da­tum is die mid­del van die week waar­in die mees­te ooie lam (ge­woon­lik week twee van die lam­tyd­perk wat oor vyf we­ke strek).

Een­lin­ge en meer­lin­ge bly steeds af­son­der­lik. Al­le ram­lam­mers word 42 dae ná die no­mi­na­le da­tum ge­weeg om hul ge­wig op 40 dae te be­paal. Skryf dit op ’n oor­plaat­jie of op die dier se rug. Be­re­ken die ge­mid­del­de ge­wig op pa­pier of met die re­ke­naar.

Al die ram­me­tjies wat swaar­der as die ge­mid­del­de ge­wig weeg en son­der oog­lo­pen­de fou­te is, soos geen pig­ment om die oë, te veel kleur, ’n kort of ’n lang on­der­kaak of ’n swak bou­vorm, kry ge­nom­mer­de oor­plaat­jies. Te­ken el­ke lam se ge­wig teen­oor sy nom­mer aan. Só word el­ke groep se lam­mers net bin­ne die groep met me­kaar ver­ge­lyk.

Weeg die ge­nom­mer­de ram­lam­mers ná nog 60 dae (dus op 100 dae oud). Lam­mers bo die ge­mid­del­de ge­wig be­hou hul oor­plaat­jies. Haal die lam­mers wie se ge­wig on­der­ge­mid­deld is, wat siek is of wat prul­fou­te het, se oor­plaat­jies af. So­wat 25% van die ram­lam­mers bly oor.

Speen ram­me­tjies so gou as moont­lik ná die twee­de keer se weeg so­dat hul­le nie die ooie dek nie. Neem hul­le na die kamp met die swak­ste wei­ding en moe­nie teen­pa­ra­siet­mid­dels of by­voe­ding gee nie, ten­sy hul­le ’n be­paal­de te­kort het wat hul wel­syn, groei of pres­ta­sie be­na­deel. Gee s­legs nood­saak­li­ke in­en­tings. Haal die lam­mers uit wat be­han­de­ling of voe­ding be­no­dig. Pas die vyf­punt­kon­tro­le toe: Neus (vir neus­wurm). Oogs­lym­vlies (vir bloed­ar­moe­de weens haar­wurms). K­wak­keel (bloed­sui­en­de wurms of le­wer­slak). Kon­di­sie­tel­ling (vir wurms wat ’n ver­lies aan kon­di­sie ver­oor­saak). Vuil broe­ke of mis­klos­te (vir wurms wat di­ar­ree ver­oor­saak). Lam­mers wat nie die on­der­soek slaag nie, moet uit­ge­skot word. On­der­soek ook vir bos­lui­se en prul lam­mers wat bui­ten­ge­woon baie bos­lui­se het.

Aan­vank­lik het baie lam­mers die eer­ste 200 dae ná speen­tyd die toets ge­dop, maar deur die ja­re het hul­le min­der ge­word en in som­mi­ge kud­des feit­lik ver­dwyn.

Jo­han weeg die ska­pe weer as hul­le 300 dae oud is. Hou die ramme wat bo­ge­mid­deld weeg. Haal die an­der se oor­plaat­jies af (hul­le kan af­ge­rond en ver­koop word).

Te­ken­die­ram­me­wat­jy­hou,se­skro­tum-

om­vang of tes­ti­kel­vo­lu­me aan. Net so­wat 10% van die ramme bly hoor. Be­re­ken ’n se­lek­sie-in­deks (40 dae-ge­wi­gin­deks + 100 dae-ge­wi­gin­deks + 300 da­e­ge­wi­gin­deks + 2 x die skro­tumom­vang/ teel­bal­vo­lu­me-in­deks) ge­deel deur 5.

Plaas die ramme in rang­or­de van die hoog­ste sy­fer tot die laag­ste. Die kri­tie­ke be­oor­de­ling lê by die skro­tumom­vang. So­wat 5% bly oor.

Doen hand-en-oog-se­lek­sie op die ramme. Laat toets dan die wol. Die ramme wat die laas­te toet­se slaag, is die ver­van­gings­ram­me.

Met dié stel­sel wen die boer op grond van ge­hal­te, pa­ra­siet­ver­draag­saam­heid en le­wens­vat­baar­heid. Wurm­be­smet­tings, bos­lui­se, swak lam­mers en vrek­tes in die boer­de­ry het op­merk­lik ver­min­der.

RAMME VAN GE­HAL­TE

Wolei­en­skap­pe is hoogs oor­erf­lik. Se­lek­teer ooie deur die ooie wat nie drag­tig is as hul­le ge­skan­deer word nie, uit te s­kot. Se­lek­sie vir teel­bal­groot­te by ramme dra baie by tot die ver­be­te­ring van die ooi­kud­de se vrug­baar­heid.

Hoe­wel die twee- en drie­lin­ge aan­vank- lik a­part ge­toets is, is hul­le teen die der­de fa­se by die een­lin­ge ge­voeg.

La­ter is ál die ram­me­tjies van die be­gin af saam ge­ë­va­lu­eer om­dat meer­ling­lam­mers meer­der­waar­di­ge ma’s het en die ge­ne­tie­se po­ten­si­aal het om die­self­de ge­wig as die een­lin­ge te be­reik.

In­te­ling kan ’n be­swaar teen dié stel­sel wees, maar teen ’n in­teel­waar­de van 0,65% per jaar (in ’n kud­de van 1 000 ooie en 20 ramme) sal dit 18 jaar duur om ’n pro­bleem te word.

Vol­gens Jo­han was boe­re in hul skik oor die besparing op ram­kos­te. Voor­heen het hul­le 2% tot 3% ramme ge­koop teen pry­se wat ti­pies vier tot tien keer hul slag­ge­wig is. Ramme wat vir meer as 30 jaar in ’n ge­slo­te kud­de van die Coet­zee-broers van S­teyns­burg vir vrug­baar­heid ge­se­lek­teer is. Se­lek­sie vir teel­bal­groot­te by ramme dra baie tot die ver­be­te­ring van die ooi­kud­de se vrug­baar­heid by.

In die Ka­roo word ’n ram ge­woon­lik ná vyf jaar uit­ge­skot weens tan­de­pro­ble­me. Hy dek dus vir vier sei­soe­ne. Teen 50 ooie per ram teel ’n ram dus on­ge­veer 200 lam­mers in sy leef­tyd as daar een lam­tyd per jaar is. Die ram­kos­te per lam is dus 2% van die slag­ge­wig. Me­ri­no­ram­me ver­dien ook ’n wo­l­in­kom­ste.

Boe­re wat hul eie ramme vol­gens Jo­han se stel­sel teel, wen ver­der, want ná vyf jaar ver­koop hul­le swaar ramme as slag­goed. Die ram kos hul­le dan eint­lik niks, want daar is nie ren­te op ’n koop­som be­trok­ke nie. ’n Ge­slo­te kud­de ver­laag dus ’n boer se ri­si­ko’s, die speen­per­sen­ta­sie styg en die vrek­tes en siek­tes neem af.

“Die hand­ha­wing van ’n ge­slo­te kud­de en die hand­ha­wing van bi­o­se­ker­heid ver­be­ter sy vol­hou­baar­heid ver­der. Hoe­wel wins net een van die pi­la­re van vol­hou­baar­heid is, is dit waar­skyn­lik die be­lang­rik­ste re­de waar­om ’n ge­slo­te kud­de aan­ge­moe­dig moet word om klein­vee­boe­re se voort­be­staan te ver­se­ker.”

AS DIE­RE WAT IN IN­TEN­SIE­WE STEL­SELS GE­TEEL IS, IN ’N EKS­TEN­SIE­WE OM­GE­WING MET BE­PERK­TE BRON­NE BE­LAND, VAAR HUL­LE SWAK.

FO­TO’S: VER­SKAF

LINKS: Ramme wat in ’n ge­slo­te kud­de van mnr. I­van Dell van S­teyns­burg met die sa­me­wer­king van dr. Jo­han van Rooy­en deur mid­del van pres­ta­sie­toet­sing ge­teel is. REGS: Die meet van die skro­tumom­vang is een van die sleu­tel­ak­ti­wi­tei­te in die pres­ta­sie­toet­sing van ramme. Die tes­tes se leng­te word ook ge­meet om die vo­lu­me te be­paal.INLAS: Dr. Jo­han van Rooy­en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.