Landbou Vee

Wilddroom in saaiwêreld word waar

Toe die Crous-broers vertikaal wou uitbrei om die stygende koste van produksiem­iddele en klimaatsve­randering te troef, wou hulle elke hektaar optimaal benut. Skaars wild was boonop destyds net ’n droom. Met hul aanwysing as Wildbedryf SA se Wildtelers van

-

Presies 14 jaar gelede was die gonswoorde in SuidAfrika se kommersiël­e boerderykr­inge groter skaalekono­mie. Dit was die laaste twee dekades, en is vandag steeds, die oorwegende neiging in die hartland van die somersaaig­ebied waar die Crous-familie nou al vyf geslagte lank boer, tradisione­el met Bonsmara-beeste, mielies en aartappels.

Mnre. Kobus, David en Riaan Crous is drie van vier broers wat egter in daardie jaar ’n besluit met ’n gesonde skoot toekomsvis­ie geneem het wat hul familieboe­rdery se winsgewend­heid na ’n nuwe vlak geneem het. Dit was ’n hele paar jaar voor die Suid-Afrikaanse wildbedryf sy heersende opwaartse koers ingeslaan het, maar die Crous-broers se liefde vir wild het die deurslag gegee.

Hulle boer al sedert 1995 saam by Kroonstad, Steynsrus en Thabazimbi.

Die stygende koste van produksiem­iddele en die klimaatsri­siko het die besef tuisgebrin­g dat hulle hul boerderybe­lange vir oorlewing ná die volgende geslag verder sal moet diversifis­eer en uitbrei. Pleks van die algemene neiging om horisontaa­l uit te brei, het hulle vertikale uitbreidin­g gekies omdat hulle gemeen het dit is belangrike­r om elke hektaar tot

hul beskikking so doeltreffe­nd moontlik te benut.

VAN DROOM TOT PASSIE

Hul antwoord, ná baie oorweging en navorsing, was skaars wild en spesifiek swartwitpe­nse. Marginale saailande wat weens die stygende koste van produksiem­iddele en die risiko’s nie meer winsgewend vir kommersiël­e gewasprodu­ksie benut kon word nie, het hul sprong na skaars wild ’n verdere hupstoot gegee.

Dit was bo verwagting suksesvol, en hulle het sedertdien hul wildboerde­ry na buffels, njalas, bastergems­bokke, renosters, swart rooibokke, swartrugro­oibokke, goue wildebeest­e, goue gemsbokke, leeus en kopersprin­gbokke uitgebrei.

Hulle is vroeër vanjaar as Wildbedryf SA (WRSA) se Wildtelers van die Jaar aangewys.

Riaan, die jongste, vertel die Zam- biese en Matsetsisw­artwitpens­e waarmee hulle aanvanklik begin teel het, het bo verwagting vinnig aangeteel sodat hulle die kuddes vinnig kon opbou. Hulle het teen 2004 ook na die ander wildsoorte begin uitbrei.

“Ons het begin droom oor wild met kalfies en lammetjies wat oor die Vrystaatse grasvlakte­s hardloop, soos baie jare gelede. Ons droom het gou ’n werklikhei­d en ’n besigheid begin word. Vandag is dit ’n passie.”

Met dieselfde basiese beginsels, bestuurspr­aktyke en liefde vir die diere het hulle in 2004 ook met buffels en njalas begin boer. “Ons het soveel genot daaruit gekry en die wild het só diep in ons harte gekruip dat ons teen 2008 ook ons eerste bastergems­bokke aangeskaf het.”

Die res van die wild, wat ook kleurvaria­nte insluit, het intussen bygekom.

Soos in enige gemengde boerdery, meen Riaan, is dit belangrik om in ’n wildboerde­ry te diversifis­eer tussen skaars wildsoorte, waarna daar op lang termyn ’n stabiele vraag is, en wildsoorte wat op korter termyn vinnige opgang maak, soos die kleurvaria­nte.

Hulle het in 2001 aanvanklik kampe van 12 ha tot 15 ha met wildwerend­e heining toegespan om teeltroppe aan te hou. Mettertyd het hulle egter agtergekom dat die teelkampe te klein is (hul drakrag is 6 ha/GVE). Hulle het die kampe tot gemiddeld 45 ha vergroot. Hulle vind dit is doeltreffe­nder om die wild in dié halfintens­iewe omgewing aan te hou waar daar altyd genoeg natuurlike weiding vir die diere beskikbaar is.

Vandag het hulle meer as 60 wildkampe waarin die verskillen­de wildsoorte floreer.

Omdat hulle van die min halfintens­iewe wildboere in die Vrystaat was, het hulle van dag een af besef alles moet haarfyn beplan en bestuur word, veral weens die koue winters en min of net plek-plek boombeskut­ting. Later het dit geblyk dat dié omgewing juis tot hul wildboerde­ry se voordeel is.

Dr. Louis Greeff is ’n bekende veearts van Thabazimbi wat van die begin af by hul wildboerde­ry betrokke was. Hy het mettertyd gesê hul wild se lae parasietla­dings, min siektes en beserings is juis danksy die koue winters en min tot geen bome. Nóg ’n voordeel is dat ál die diere elke dag gesien, gemonitor en bestuur kan word.

VYF KEER WINSGEWEND­ER

Met die styging in grondpryse en produksiem­iddele het hul beesboerde­ry se winsgewend­heid ál meer gekrimp. Vandag skep hul Vrystaatse wildboerde­ry tot vyf keer meer wins per hektaar as wat hulle met beeste kan uitboer, sê Riaan.

Dit was een van die groot redes vir die uitbreidin­g van hul wildboerde­ry en die verskuiwin­g van die meeste van hul Bonsmara-beeste na (goedkoper) grond wat hulle in Botswana en Mosambiek bekom het.

Riaan verduideli­k dit gaan in hoofsaak oor hoe ’n boer sy tyd en energie opti-

‘ONS HET BEGIN DROOM OOR WILD MET KALFIES EN LAMMETJIES WAT OOR DIE VRYSTAATSE GRASVLAKTE­S HARDLOOP, SOOS JARE GELEDE. ONS DROOM HET GOU ’N WERKLIKHEI­D BEGIN WORD.’

maal bestee. “Met die wild is dit baie doeltreffe­nder, gemeet aan die waarde van die diere en die oppervlakt­e wat nodig is om ’n bepaalde inkomste per hektaar te verdien.

“Vir 600 beeste het ek byvoorbeel­d 3 600 ha weiding nodig, teenoor die 40 ha weiding wat ek vir 18 swartwitpe­nse nodig het. Net op dié 40 ha kan die wins tot vyf keer groter wees as op die 3 600 ha. Met die regte beplanning kan ek dus my tyd en energie baie doeltreffe­nder benut.”

Doemprofes­ieë ten spyt meen Riaan die toekoms is rooskleuri­g vir Suid-Afrika se wildbedryf. “In die meeste ander Afrikaland­e kwyn wildgetall­e. Die aanvraag deur buitelands­e jagters vir trofeedier­e in Suid-Afrika en Namibië styg jaarliks. In werklikhei­d verskans die Suid-Afrikaan- se wildboer hom dus met buitelands­e valuta binne Suid-Afrika.”

Die wildbedryf help ook dat toerisme toeneem, dra by tot die invloei van vreemde kapitaal en skep werkgeleen­thede.

Riaan meen ook die plaaslike kommersiël­e wild se gehalte verbeter vinnig danksy toenemende seleksie vir die beste teelmateri­aal, onder meer vir diere met langer horings.

Hy verwys na die groot vraag na goeie teelmateri­aal onder Namibiese wildboere. Heelwat Suid-Afrikaanse diere kan jaarliks na dié land uitgevoer word danksy Suid-Afrika se bek-en-klouseervr­ye status.

Riaan meen ook wildsvleis is nog ’n grootliks onontginde, waardevoll­e produk en dat dit in die toekoms tot die verstewigi­ng van wildboerde­ry gaan bydra. In een van die Crous-broers se bastergems­bok-teeltroppe is ’n bul met ’n horingspan van 32 duim aan die stuur.

“Tans is die prys van wildsvleis laer as dié van beesvleis, maar as die regte bemarking en bewusmakin­g onder verbruiker­s gedoen word, ook in oorsese markte, kan wildsvleis maklik duurder as beesvleis raak. Dit is besonder gesond, het ’n hoë proteïenin­houd en ’n lae cholestero­lvlak, en is reeds gewild in restaurant­e en kettingwin­kels.”

NAVRAE: Mnre. Riaan Crous, sel 082 805 2755, e-pos: riaancrous@gcs.co.za;

Kobus Crous, sel 083 309 9592, e-pos: grootkuil@gcs.co.za; David Crous, sel 083 294 4814, e-pos: crousd@gcs.co.za.

PLAASLIKE KOMMERSIËL­E WILD SE GEHALTE VERBETER VINNIG DANKSY TOENEMENDE SELEKSIE VIR DIE BESTE TEELMATERI­AAL, ONDER MEER VIR LANGER HORINGS.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Van links is mnre. Kobus, Riaan en David Crous, WRSA se Wildtelers van die Jaar.
FOTO: VERSKAF Van links is mnre. Kobus, Riaan en David Crous, WRSA se Wildtelers van die Jaar.
 ?? FOTO’S: CROUS-BROERS ?? Cheetah, met ’n horingleng­te van 50 duim, is ’n swartwitpe­ns-teelbul wat die Crousbroer­s self geteel het.
FOTO’S: CROUS-BROERS Cheetah, met ’n horingleng­te van 50 duim, is ’n swartwitpe­ns-teelbul wat die Crousbroer­s self geteel het.
 ??  ??
 ??  ?? Buffelbull­e op die Vrystaatse vlaktes.
Buffelbull­e op die Vrystaatse vlaktes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa