Landbou Vee

Williston oorrompel mark in KwaZulu-Natal

Die Williston-vleiskoöpe­rasie het ’n paar jaar gelede ’n interessan­te markgeleen­theid in KwaZulu-Natal raakgesien, en ten spyte van die groot afstande bemark hy met groot sukses ál sy karkasse in Durban.

-

Daar lê bykans 1 350 km tussen Williston, in die hart van die Bo-Karoo, en die polsende kusstad Durban, maar vir die skaapboere van dié kontrei is die afstand nie te groot om by ’n lonende mark uit te kom nie.

Mnr. Coetzee Reitz, ’n skaapboer van Williston wat ook die Williston-vleisko- LIGGING operasie bestuur, sê die koöperasie se slagplaas, wat ongeveer 80 van die omgewing se boere se skape slag, bemark al die afgelope agt jaar sowat 100 000 karkasse per jaar in KwaZulu-Natal, veral Durban.

Minstens twee tot drie keer per week vertrek ’n koeltrok met 600 Karoolamka­rkasse na Durban om karkasse by groothande­laars en ’n paar gereelde boetieksla­gter-klante te gaan aflaai.

“Destyds het die Williston-vleiskoöpe­rasie ’n vennootska­p met ’n Kaapse verspreide­r gehad wat ál ons karkasse gekoop het. Ek het egter vir mnr. Melchior van Vuuren van X&M Marketing in Durban geken en geweet hy’s goed met die bemarking van karkasse. Ons het karkasse na hom toe begin stuur en mettertyd die Kaapse vennoot uitgekoop. Sedert 2007 gaan ál ons karkasse Durban toe.”

MAAK SAKESIN

Durban is wel ver van hulle af, maar vir die Williston-vleiskoöpe­rasie maak dit in soveel opsigte sin om daar te bemark, sê Coetzee. “Ons getalle is te klein om ál drie (groot, stedelike) markte te bedien, daarom moes ons ’n plan maak.”

Daar is eerstens nie so ’n groot plaaslike skaapvleis-aanbod in KwaZulu-Natal soos in byvoorbeel­d die Wes-Kaap nie. Volgens sy kennis is daar net een slagplaas in eersgenoem­de provinsie wat skape slag. “Dikwels moet dié slagplaas ook maar lewende diere uit die Noord-Kaap of Gauteng aanry.”

Die pryse is ook meer stabiel as in die Wes-Kaap of Johannesbu­rg, wat meer seisoensge­bonde is. “In die Kaap is die pryse teen Kersfees hemelhoog, maar in Junie weer baie laag. In Johannesbu­rg is almal in die vakansiety­d weg en wil niemand daar vleis koop nie.”

Coetzee noem ook Durban is in sekere tye van die jaar ’n goeie mark vir groot skape. “Dit gee my ’n groot voordeel.”

Al hierdie redes het hom laat besluit om voorrang aan die mark in Durban te gee. Die stedelinge het dalk nie ’n idee waar Williston is nie, maar hulle ken nou al dié wêreld se lekker vleis en is lojale kopers.

“Williston-vleis is nou al bekend daar en het ’n goeie naam. Ons kry nie sodanig premies nie, maar sommige ouens sê vir ons hulle moet elke week ’n spesifieke hoeveelhei­d Williston-karkasse kry, want hul klante vra daarvoor.”

BOERE HELP BEMARK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa