Landbou Vee

Superheini­ng red skaapboerd­ery

’n Hoëveldse boer moes talle slim planne maak om die landbou se oudste probleem – veediefsta­l – hok te slaan. Dit sluit hoë heinings, elektriese en lemmetjies­draad en alarmhalsb­ande in.

- NAVRAE: Mnr. Gert Roos, sel 083 228 4653. Mnr. Gerrit Roos, sel 083 635 3873; e-pos: glroos@gmail.com.

LIGGING Letelle-wolskape. Daarvoor het die boerdery 60 ha tef en 400 ha smutsvinge­r- en oulandsgra­s beskikbaar.

HEINING, SKOKDRADE

Dit is nie so maklik om beeste te steel as skape nie. ’n Deel van die skaapkudde is egter in weikampe naby die N4-snelweg geleë en skaapdiewe het in ’n stadium ywerig skape gesteel. Skape word nie verniet as “wegneemete­s” beskryf nie. Gert en sy seun het toe planne gemaak om die diefstal stop te sit.

Heinings van 4 m hoog is met CWI se Veldspandr­aad om die weikampe gespan om te voorkom dat mense (en natuurlike roofdiere wat óók hul pond vleis eis) uit te hou. Dié maasdraadh­eining het vierkantig­e openinge waardeur g’n mens of dier kan kruip nie.

Bo-op die heining is lemmetjies­draad en op onder meer bors- en enkelhoogt­e is elektriese skokdrade wat veediewe van die skape af weghou. Op die grondopper­vlak is die heining se onderkant met klippe vasgepak om te keer dat roofdiere onderdeur grawe en só deurkruipp­lek vir die diewe skep.

SELFOONALA­RMS

In elke trop van sowat 500 skape kry een skaap ’n halsband waaraan ’n Celmax-selfoonala­rm vasgemaak is. Dit stuur ’n sein na die boer se selfoon as die skape vinnig beweeg. Dit is veral snags nuttig. As skape dan hardloop, dui dit daarop dat hulle aangejaag word of dat iemand hulle probeer vang. Dan kan die eienaars by polisie alarm maak en gaan ondersoek instel.

Gert sê die koste is die moeite werd, “anders sou ons nie verder met skape kon boer nie”. Hy het tot 150 skape ter waarde van sowat R150 000 per jaar weens diefstal verloor. Danksy al die planne het dié syfer met ruim 90% gedaal.

— CHARL VAN ROOYEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa