Landbou Vee

Kleinjan maak boerderyge­skiedenis

Mnr. Kleinjan Gasekoma is die eerste swart boer in Suid-Afrika wat as Beesboer van die Jaar aangewys is. Hy het binne 13 jaar die pad van kommunale boer tot suksesvoll­e kommersiël­e boer gestap.

-

Daar is nie ’n tekort aan suksesverh­ale as dit kom by swart boere wat die moeilike pad van kommunale boer tot kommersiël­e boer gestap het nie. Gaan krap bloot tussen die verhale van mislukte staatsproj­ekte en projekte vir grondhervo­rming wat in duie gestort het. Mnr. Kleinjan Gasekoma van Reivilo is een van dié boere.

Kleinjan, van die plase Bruintjies­fontein en Klein Quaggablat­t, wou nog altyd graag boer. Terwyl dié plaaswerke­rseun by die spoorwegst­asie se pakkette-afdeling in Pretoria gewerk het, het hy al vanaf 2001 begin plaas soek.

In 2003 het Kleinjan saam met 25 ander mense op die plaas Nouvlakte by Amalia begin boer ingevolge die Regering se destydse program vir die herverdeli­ng van grond vir landbou-ontwikkeli­ng (LRAD). Die staat het die plaas gekoop en die groep mense op die plaas geplaas om te begin boer. “Ek wou egter alleen boer, want so ’n klomp mense op een stuk grond werk nie lekker uit nie.”

In 2007 het hy by die staat aansoek gedoen om ’n plaas te bekom. Hy het toestemmin­g gekry om Bruintjies­fontein en Klein Quaggablat­t van altesaam 1 233 ha te huur.

Hy en sy vrou, Mariam, het op 28 Oktober 2007 plaas toe getrek en hul kommersiël­e Bonsmara-tipe beeste van Amalia daarheen geneem. Hul oudste seun, Clement, boer nou daar saam met hulle.

Hy het al ’n mooi klompie beeste gehad toe hy in 2006 op die Vryburg-skou op ’n boeredag ’n stoetbul en -vers van die Braunvieh-telersgeno­otskap as geskenk gekry het. “Ek was baie beïndruk met die bul en sy nageslag en dit het my aangespoor om ook ’n Braunvieh-stoetteler te word,” sê hy.

“Ek het vir die staat se herkapital­ise-

 ??  ?? ’n Braunvieh-koei met haar kalf.
’n Braunvieh-koei met haar kalf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa