Vaste, kort dektyd onontbeerlik
Boere in Suider-Afrika moet hul bestuurspraktyke verander om by die koei se natuu rlike produksiesiklus aan te pas ten einde te verseker dat natuurlike voerbronne optimaal bestuur word. ’n Kort kalftyd het talle voordele, waaronder hoër wins.
Die behoefte om in harmonie met die natuur te boer deur ’ n vaste dek- en kalftyd te hê, is een van die belangrikste aspekte van ’n vleisbeesproduksiestelsel. Suid-Afrika het van die laagste kalfpersentasies, geskat op sowat 65 vir kommersiële en 45 vir kommunale boere. Dié statistieke bevestig die feit dat die land se boere nie in harmonie met die natuur werk nie en nie genoeg seleksiedruk vir vrugbaarheid toepas nie. Identifiseer koeie wat vroeg in siklus kom en elke jaar kalf.
Slegs sowat die helfte van Suid-Afrika se vleisbeesboere het ’n dektyd. Net soos elke beesvleisboer ’ n skaal behoort te hê, móét elke teler ’n kort, vaste dektyd hê. Dit verseker dat koeie vroeg in siklus kom binne ’n tydperk van 60-80 dae en dragtig raak.
Hoewel vrugbaarheid swak oorgeërf word, is dit sterk herhaalbaar. Dit beteken as ’n vers of ’n koei vroeg in siklus kom en elke jaar ’n kalf lewer, sal haar nageslag geneig wees om dieselfde te doen. Die teenoorgestelde is ook waar.
Hoë vrugbaarheid is kenmerkend van sekere koeifamilies. Daarom moet kommersiële boere bulle uit vrugbare vroulike lyne selekteer. Dit behoort elke kommersiële boer se teeldoelwit te wees om beeste te teel wat so vroeg as moontlik dragtig raak, verkieslik op ’n jaar oud (of so vroeg as wat die omgewing toelaat). Sy moet verder sonder bystand kan kalf en ’n goeie kalf grootmaak wat met speentyd verkoop kan word.
Jou doelwit as kommersiële boer moet dus ook wees om funksionele beeste te teel wat hul liggaamskondisie so goed moontlik behou – selfs in Suid-Afrika se droë winters en met minimale voer.
Die eerste stap is om seker te maak jy het ’n koei met die regte liggaamsbou vir jou omgewing. Verander die koei om by die omgewing te pas, en nie andersom nie. Die (uit die USA Beef Improvement Federation Manual) illustreer hoe koeigrootte en melkproduksie binne jou omgewing moet inpas. Soos jy in ’n gebied met ’n laer reënval inbeweeg, behoort jy met diere met ’n kleiner liggaamsbou te boer. Dit is ook proporsioneel tot die melkproduksie van die dier. Vir die meeste somerreëngebiede in Suid-Afrika is ’n mediumgrootte koei optimaal.
Die alternatief is om met ’n kleinraamdier te boer, maar dan ’n kruisteelstelsel te gebruik om te verseker dat die nageslag aan markvereistes voldoen en ook ’n Koeie is vir ongeveer 285 dae van ’n jaar dragtig. Om te kalf, is fisiologies stresvol. Daarom sal verse en koeie vir minstens ’n maand of twee ná kalf nie in siklus kom nie – die postpartum anestrus-tydperk. By van die rasse wat later volwassenheid bereik, asook Bos indicus- rasse, sal ’n vers of koei wat gekalf het, dikwels ’n hele kalftyd oorslaan omdat die postpartum anestrus-tydperk langer as drie maande duur.
Vooraanstaande boere identifiseer koeie wat verkieslik as tweejariges kalf en dan elke jaar daarna ’n kalf lewer.
By die meeste diere is die postpartum anestrus-tydperk 45-50 dae. Dit word grootliks beïnvloed deur voeding en liggaamskondisie ten tye van kalf. Koeie wat in ’n goeie kondisie is en vroeg in die kalftyd kalf, het die beste kans om in siklus te kom voor die dektyd begin.
Koeie wat vroeg kalf, het ook die beste kans om weer vroeg beset te raak omdat hulle meer tyd het om te herstel. Hulle sal KORTOM Boer in harmonie met die natuur deur ’n vaste dek- en kalftyd te hê. Verander die koei om by die omgewing te pas, en nie andersom nie. ’n Vaste, kort dektyd lei tot beter kudde-vrugbaarheid, meer geld, ’n eenvormiger kalf-oes en makliker bestuur.