Landbou Vee

Buffel kan R1 miljard maak

Die superbuffe­lbul Horison kan nageslag van meer as R1 miljard teel as hy reg bestuur word, sê die wildboer mnr. Piet du Toit. Al is Horison nie meer die buffel wat die hoogste prys op ‘n veiling behaal het nie, het hy die grootste horings. Piet glo super

-

Met 55 duim-horings en ’n gewig van sowat een ton is Horison die grootmenee­r van die handjie vol superbuffe­ls in die wêreld, wat baie beslis oor almal uittroon. Mnr. Piet du Toit is die eienaar van Piet du Toit Wildbedryf by Rustenburg. Hy is opgewonde oor superbuffe­ls; dié buffels met reusehorin­gs én -lywe. “Ons as telers van skaars wild moet seker maak ál ons kopers kry uiteindeli­k ’n goeie opbrengs op hul belegging.”

Swart rooibokke was die eerste soort wild met ’n kleurvaria­nt. Daarna het wild, soos gemsbokke, wildebeest­e, springbok- ke en blesbokke, met kleure anders as die normale gevolg. Kleurvaria­sies met uitsonderl­ike teelmateri­aal het ook ’n goeie bydrae tot inkomste gelewer.

Wild met lang horings was egter nog altyd gesog onder jagters. Dit het tot ’n neiging in die teel van wild gelei waar bulle en vroulike diere met uitsonderl­ik lang horings op die toneel verskyn het.

Sedert Piet in die laat 1990’s met wild begin boer het, het hy net die beste buffels gekoop. As hy ’n bepaalde buffel wou hê, het hy aangehou bie totdat die bod op hom toegeslaan is. Hy wou dus superbuffe­ls (bulle met horings van langer as 55 duim) hê, maar hulle is skáárs.

In ’n trop van 40 buffels is daar gewoonlik skaars twee uitsonderl­ike buffels wat die naam superbuffe­l werd is. ’n Wildboer se groot uitdaging is dus om ’n hele trop superbuffe­ls bymekaar te maak.

SUPERBUFFE­L HORISON

Piet het Horison in 2012 in vennootska­p met mnre. Norman Adami van Beestekraa­l en Ben Botha van Rustenburg vir R26 miljoen by Lumari Breeders van mnr. Jacques Malan van Pretoria gekoop. “Baie mense het gesê hy het net groot horings en niks lyf nie, maar vandag kan ek die teendeel bewys, met ’n bul van bykans ’n ton en die grootste horings van 55 duim en dalk meer. Daar is nie nóg so ’n buffel in private besit in die ganse wêreld nie,” sê Piet.

Vroulike diere is uiters belangrik om ’n superbul reg aan te wend. Daarom koop Piet ook superkoeie en -verse. Hulle moet op vier jaar horings van minstens 32 duim hê, met die potensiaal om verder te groei en by volwassenh­eid met horings van 34 duim en meer te spog.

Dit gaan dus vir hom in ’n groot mate oor groot horings – “dis wat die bedryf wil hê” – maar ook oor vroulikhei­d en diepte in ’n dier, nes in die stoetbeesb­edryf. Die Horison word as die buffel met die grootste horings ter wêreld in private eienaarska­p beskou. Hy het horings van minstens 55 duim en hy weeg sowat ’n ton.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa