Landbou Vee

Swartwitpe­nspionier boer met maatband

Mnr. Piet Warren van Gravelotte in Limpopo is ongetwyfel­d Suid-Afrika se voorste swartwitpe­nsteler. Hy het in 2013 Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) se Presidents­prys ontvang vir sy bydrae tot die bedryf. Verlede jaar is een van sy bulle, Mopani, teen R27 mil

-

In sy kinderdae, in die 1950’s, was die Gravelotte-omgewing oortrek met wild, veral swartwitpe­nse en bastergems­bokke, onthou mnr. Piet Warren, Suid-Afrika se swartwitpe­nskoning. “Hier was maklik 20 000 tot 30 000 swartwitpe­nse wat wild rondgeloop het in die omgewing,” sê hy. Die omgewing het toe ook baie anders gelyk. Dit was hoofsaakli­k grasveld met net sowat 400 groot bome per hektaar. Deesdae is die Gravelotte-omgewing ruie Laeveldse boswêreld met sekelbos en jong mopanieboo­mpies wat op kolle só inmekaar geweef is dat geen dier daardeur kan loop nie.

“Ons boere het die veld jare lank oorbewei met ons beeste en ons het die natuurlike siklus van veldbrande verbreek. Wanneer daar wel veldbrande is, is die gras kort afgevreet en die vure is nie warm genoeg om die verspreidi­ng van pioniersoo­rte en klein boompies hok te slaan nie.”

OORLEWINGS­TRYD

Dié bosverdigt­ing saam met die droogtejar­e van die vroeë 1960’s het Gravelotte se swartwitpe­nsbevolkin­g geknou. Kort ná die droogte het die plaaslike landdros, John Nel, ’n swartwitpe­ns-advieskomi­tee op die been gebring om hom raad te gee oor die bewaring van swartwitpe­nse. Die komitee, waarin Piet se pa, John, gedien het, het aanbeveel dat swartwitpe­nse en steenbokke tot kroonwild verklaar en nie meer gejag mag word nie.

Piet sê nes met renosters vandag kon dié verbod nie getalle weer laat groei nie. Hoop het eers begin opflikker toe die diere só skaars raak dat trofeejagt­ers bereid was om vir hul wild te betaal. Hy het in 1975 ’n versoek van ’n jagonderne­mer, mnr. Jimmy de Smit, gekry om ’n swartwitpe­ns met ’n Amerikaans­e kliënt op sy grond te kom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa