Pasop vir dié siektes hierdie lente en somer
Hier is die virussiektes, meestal deur muggies en muskiete oorgedra, wat boere in die komende somer groot skade kan berokken as dit goed reën. Boere moet hul vee vooraf daarteen inent.
volg (in volgorde van belangrikheid): Stel ontwatering reg. Gee lammers 1-2 liter van ’n glukose-en-soutoplossing wat by ’n landbou-onderneming of veearts verkrygbaar is. Volwasse skape kry tot 5 liter. As dit nie beskikbaar is nie, gee ’n opgehoopte teelepel sout en ’n opgehoopte eetlepel suiker in 2 liter water. Spoel die neus en bek met ’n sterk soutoplossing uit. Diere met seer bekke en geblokte neuse wil nie vreet nie. Meng ’n eetlepel sout in ’n koppie water en gebruik ’n spuit om dit in die neus en bek op te spuit. Verwyder korse in die neusopeninge met ’n lap, watte of toiletpapier. Hou siek diere op stal. As dit nie ’n hortjiesvloer het nie, verskaf strooi om op te slaap. Sorg vir voer en water (doseer water as hulle nie self suip nie.) Bekamp lastige vlieë en muskiete. Voer lusern ná 24 uur. Neem vars lusern of gras en maak dit saam met water in ’n huishoudelike verpulper fyn. Sif en doseer dit. Behandel met antibiotika en ’n inspuitbare anti-inflammatoriese middel teen pyn en koors. Antibiotika maak nie die bloutongvirus dood nie, maar voorkom longontsteking. Gebruik ’n middel wat doeltreffend is teen pasteurella. Entstofbeskikbaarheid: Vervaardig deur Onderstepoort Biologiese Produkte Slenkdalkoors kom by skape, bokke, beeste en selfs wild voor. Dit word deur ’n virus veroorsaak en deur muskiete oorgedra. Tydens ’n uitbreking kan bytende vlieë ook die siekte oordra. Uitbrekings word deur vrektes gekenmerk, veral van pasgebore diere, en aborsies by dragtige diere. Mense kan ook besmet word deur kontak met besmette diere se bloed en organe, en soms deur muskietbyte.
In endemiese gebiede met ’ n warm, vogtige klimaat is daar elke jaar besmette muskiete. Dit lei daartoe dat vee gereeld met die slenkdalkoorsvirus besmet word. Dié diere is dus immuun wanneer hulle teelouderdom bereik. Hulle kan dan passiewe (maternale) immuniteit deur biesmelk aan hul nageslag oordra. Die meeste dragtige en jong diere word selde siek.
Gebiede wat droër is, veral dié met koue winters, soos die Suid-Afrikaanse Hoëveld, is op die grens van die verspreidingsgebied van die virus. Gedurende lang, droë tydperke neem die bevolking van besmette muskiete af, tot ’n stadium bereik word waar die virus en vektore waarskynlik van elders ingebring word tydens ’n tydperk van hoër reënval. Intussen is die lewendehawebevolking deur vatbare diere vervang. Dan kan ’n groot uitbreking voorkom as dit die jaar baie reën.
Die algemeenste entstof, vervaardig deur OBP, bevat ’n lewende, gemodifiseerde virus. Die entstof kan egter aborsies by ’ n klein aantal dragtige diere veroorsaak. Dit behoort lewenslange beskerming te verwek en sal die siekte genoegsaam bekamp as alle diere wat gespeen word, jaarliks ingeënt word. Die geïnaktiveerde entstof word twee keer vier weke uit mekaar toegedien as dit die eerste keer toegedien word en moet daarna jaarliks toegedien word.
Entstofbeskikbaarheid: In gebiede waar die siekte vroeër voorgekom het, is daar koöperasies wat die entstof aanhou. Andersins kan dit bestel word.