Landbou Vee

Herbou jou kuddes só ná die droogte

Die afgelope jaar se El Niñoweerve­rskynsel en gepaardgaa­nde droogte het landwyd ’n verwoesten­de uitwerking op veekuddes in die stoet-, kommersiël­e en kommunale sektor gehad. Hier is raad om jou kuddes te herbou sodra die natuur weer saamspeel.

-

Die uitwerking van die droogte op die gemiddelde grootte van ’n koeikudde, soos die toon, was teen die einde van die 2015-’16-produksiet­yd duidelik, met ’n betekenisv­olle afname in die gemiddelde aantal koeie in ’n kudde. In die lig daarvan kan die prys van ongedekte vleisbeesv­erse, wat tans R7 500 per kop behaal, maklik teen Januarie 2017 tot R15 000 per kop styg. ’n Soortgelyk­e opwaartse neiging word vroeg in 2017 in die prys van speenkalwe­rs verwag, wat tot ’n hoër prys vir verbruiker­s op die supermarkr­ak sal lei.

As stoetvee so geweldig duur gaan word, wat is die alternatie­we strategieë vir beesvleisp­rodusente om hul kuddes te herbou?

KOOP UITSKOTDIE­RE BY JOU BURE

Mnr. John Boulle. heidstoest­and van jou bure se beeste, wat die transaksie sal vergemakli­k as die diere gesond is.

KOOP SPEENKALWE­RS VAN ’N VOERKRAAL

In dié geval sal jy ongetwyfel­d ’n premie moet betaal omdat hierdie verse vir die vleismark bestem is. As die voerkraale­ienaar bereid is om oortollige diere te verkoop, sal hy jou na alle waarskynli­kheid vra wat hy ná ’n voertydper­k van 100 dae verwag om te kry.

In dié geval het jy geen waarborg wat betref die gehalte van teling of die diere se gesondheid nie.

Jy kan daarop reken dat die meeste voerkraale­ienaars die beesvleisp­rodusent met R1 tot R1,50 per kop vir verse penaliseer wanneer ’n groep speenkalwe­rs gekoop word. As jy bereid is om dié boete te betaal, sal die voerkraal dalk meer bereidwill­ig wees om sy surplusver­se aan jou te verkoop.

Dit is ’n taamlik vinnige en maklike manier van kuddeherbo­uing.

KOOP VLEISRAS-MELKRASKRU­ISDIERE

 ?? FOTO’S: VERSKAF ??
FOTO’S: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa