Landbou Vee

GELUK BY DIE ONGELUK

-

As ’n boer nie ’n optimis was nie, sou hy nie meer ’n boer kon wees nie, het Will Rogers, Amerikaans­e cowboy en akteur, hier teen die draai van die vorige eeu opgemerk. Een van die beste aanhalings oor die landbou wat ’n honderd jaar later net so waar is soos toe.

En dit was ook só tydens die strawwe droogte (wat genadeloos voortsleep in baie dele van die land). Boere probeer maar die goeie in die slegte raaksien. Swakker presterend­e diere wat in die strawwe toestande uitmekaar begin val het, het boere die kans gegee om strenger te selekteer. Vir ander was die geluk by die ongeluk dat die droogte hulle darem die jaarlikse gestoei met inwendige parasiete gespaar het. Veral skape kon hul kondisie betreklik goed handhaaf sonder die gewone parasietbe­lading.

Waar dit later in die seisoen wel gereën het, het die nattigheid die proteïenin­houd van gras hier skuins voor die winter ’n goeie hupstoot gegee en is diere die winter darem in ’n betreklik beter kondisie in.

En waar boere regtig swaar getrek het, was die onbaatsugt­ige hulp van bure en vreemdelin­ge weer ’n bevestigin­g van hoe ons boeregemee­nskappe in moeilike tye kan saamstaan.

Hopelik teen die tyd dat u dié tydskrif in u hand hou, het dit al goed gereën, met die vooruitsig van ’n wonderlike seisoen wat voorlê. Dít ongeag die letsels van die droogte wat nog ’n paar jaar met ons gaan wees. Dit gaan maar tyd vat om kuddes te herbou, vir weiding om te herstel en om damvlakke te kry waar hulle behoort te wees.

Ons hoop hierdie uitgawe van Landbou Vee sal darem ook help om ’n paar gedagtes los te maak soos die bedryf ’n herboufase ingaan.

Alles van die beste vir die komende seisoen. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa