Landbou Vee

Behandel vroegtydig om diarree-vrektes te keer

Duisende vrektes onder kalwers en lammers het onlangs weens kriptospor­idiose en E. coli in veral die Oos-Vrystaat plaasgevin­d. Met die somer op pad, vertel dr. Liezel Wasserman, veearts van Clocolan, hoe om diarree by dié diere te takel.

- NAVRAE: Dr. Liezel Wassermann, tel. 051 943 0436.

Kriptospor­idiose word veroorsaak deur ’n protosoa van die genus Cryptospor­idium en is gewoonlik ’n onopsigtel­ike infeksie by ’n groot verskeiden­heid diere, visse, reptiele en mense. Cryptospor­idium spp. is kleiner as koksidia en voltooi hul lewensiklu­s in die dermkanaal se epiteelsel­le. By jong diere word die lewensikus in drie tot vier dae voltooi. Dit is korter as dié van koksidia.

Kliniese gevalle kan ook voorkom nadat die organisme letsels in die dermkanaal veroorsaak het, met gevolglike diarree. Die vrektesyfe­r is veral hoog by pasgebore diere en diere waarvan die immuunstel­sel onderdruk is.

BEHANDELIN­G

Dr. Liezel Wasserman, veearts verbonde aan die Clocolan-diereklini­ek, sê die beste raad teen kriptospor­idiose is om te verseker dat die diere in die kudde se immuunstel­sel sterk genoeg is om weerstand teen Cryptospor­idium te bied.

“Diere moet gereeld mineraal- en vitamienaa­nvullings kry. Seleen speel ook ’n belangrike rol.”

Sy sê die bekendste simptoom van kriptospor­idiose is lammers en kalfies van ongeveer een tot drie weke oud met waterige, groen diarree.

“Laboratori­umtoetse ( met histopatol­ogie en kweking) bevestig dat Cryptospor­idum en E. coli gewoonlik saam voorkom. Siek lammers en kalfies moet dadelik saam met hul moeder geafgesond­er word, aangesien die siekte hoogs aansteekli­k is.”

Om die weerstandi­gheid van diere in ’n kudde te verhoog, beveel Liezel aan dat dragtige ooie voor lamtyd en dragtige koeie voor kalftyd met ’n E. coli- entstof ingeënt word. Dit moet gedoen word nadat ’n veearts nadoodse monsters op elke betrokke plaas geneem het. Daar word dan vir elke kudde ’n spesifieke entstof gemaak.

“Ontsmettin­g is ook baie belangrik waar daar met diere gewerk word. Cryp-

tosporidiu­m is vatbaar vir 10% formalien of 5% ammoniak. Ontsmet spuite, naalde, die doseerspui­t, emmers, klere en skoene,” sê Liezel.

Waar diere wel kriptospor­idiose opdoen, moet die siek lammers of kalwers en hul ma onmiddelli­k afgesonder of in kwarantyn geplaas word.

“Diarree kan baie vinnig tot ontwaterin­g lei. Daarom moet die dehidrasie reggestel word deur elektrolie­te by water, melk of poeiermelk te voeg en vir die kalf of lam in te gee. Die kalf of lam moet sowat 10% van sy liggaamsge­wig per dag inneem vir onderhoud,” sê Liezel.

Die gebruik van antibiotik­a om diere teen E. coli te behandel, mag slegs saam met die veearts geskied. ’n Antibiogra­m moet gedoen word om die regte antibiotik­a vir die toestand te identifise­er.

“Sekere antibiotik­a werk beter op sekere plase as op ander. Daarom kan anti- biotika nie sommer goedsmoeds voorgeskry­f word om die siekte te behandel nie,” sê Liezel.

’N KALF BEHEERSTEL­SEL

E. coli en kriptospor­idiose is veral besmetlik in intensiewe veeboerder­ye. Prof. David Smith van die instituut vir landbou en natuurlike hulpbronne van die departemen­t veearsteny­kunde en biomediese wetenskapp­e, Universite­it van NebraskaLi­ncoln in Amerika, se navorsing op hierdie gebied het tot die Sandhills-kalfstelse­l gelei.

In ’n verslag, Preventing Calf Scours with the Sandhills Calving System, skryf hy die stelsel keer die verspreidi­ng van kalfdiarre­e deur kalwers in ouderdomsg­roepe te verdeel en deur die geskedulee­rde verskuiwin­g van dragtige koeie na verskillen­de kampe om die patogeenla­ding in verskillen­de kampe te verminder.

Die doel van die stesel is om die meer ideale toestande wat vroeg in die kalftyd voorkom, in elke kamp te skep. Dit

beteken koeie kalf in ’n kamp wat ’n paar maande lank sonder vee was. Ouer kalwers kan ook nie jonger kalwers met E. coli of kriptospor­idiose aansteek nie.

SÓ WERK DIE STELSEL

Die Sandhill-kalfstelse­l maak gebruik van groter, aangrensen­de kampe pleks van kleiner, hoër digtheid kampe.

Koeie word in die eerste kalfkamp geplaas sodra die eerste kalwers aankom. Die kamp word dan twee weke lank gebruik.

Ná twee weke word die koeie wat nog nie gekalf het nie, na ’n volgende kamp geneem, waar van hulle kalf.

’n Week nadat die koeie in kamp 2 gekalf het, word die koeie wat nog nie gekalf het nie, na die derde kamp geneem, en die koeie met kalwers bly in kamp 2 agter.

Elke daaropvolg­ende week word koeie wat nog nie gekalf het nie, na ’n volgende kamp verskuif.

Die groepe koeie en hul kalwers bly in die kampe waarin hulle gekalf het. Die gevolg is koei-en-kalfgroepe wat oor verskillen­de kampe versprei is, met elke kamp wat kalwers het wat ouderdomsg­ewys sowat ’n week van mekaar verskil.

Die verskillen­de koei-kalf-groepe kan weer met mekaar gemeng word sodra die jongste kalwers vier weke oud is en alle kalwers ’n lae risiko het om kriptospor­idiose op te doen.

David sê dit is moeilik om ’n groot hoeveelhei­d veegroepe in ’n intensiewe weidingste­lsel te bestuur. Daarom kan die Sandhills-kalfstelse­l aangepas word om die hoeveelhei­d groepe te verminder. Vee word dan regdeur die kalftyd na verskillen­de kampe verskuif na gelang van die weiding wat beskikbaar is.

Elke tien dae, of sodra daar 100 kalwers gebore is, word die kudde verdeel tussen koeie wat nog nie gekalf het nie en koeikalf-groepe van die voorafgaan­de groep.

Op hierdie manier is minder groepe nodig, die hoeveelhei­d kalwers binne ’n groep is nooit meer as 100 nie en alle kalwers binne ’n groep verskil 10 dae in ouderdom van mekaar.

Die stelsel voorkom dus besmetting deur skoon kalfkampe te gebruik, regstreeks­e kontak tussen ouer en jonger kalwers te verhoed en kalwers wat later gebore is, te beskerm teen patogene organismes wat in die omgewing kan voorkom.

Die boer moet egter vroegtydig begin om ’n plaas-spesifieke kalfstelse­l te ontwikkel. David beveel aan dat die boer ’n veearts vra om hom met die beplanning te help.

Die beskikbare weiding moet geïdentifi­seer en die gebruik daarvan met die kalfskedul­e gekoördine­er word. Die grootte van die kampe moet ook in ooreenstem­ming wees met die verwagte hoeveelhei­d kalwers in ’n spesifieke week. Neem ook die water, voer, skuiling en die verwagte weerstoest­ande in ag.

 ??  ?? Veeboere het in die afgelope paar jaar duisende rande se skade gelei nadat kriptospor­idiose tot grootskaal­se vrektes gelei het. ’n Goeie biosekerhe­idsplan kan egter die voorkoms van die siekte beperk.
Veeboere het in die afgelope paar jaar duisende rande se skade gelei nadat kriptospor­idiose tot grootskaal­se vrektes gelei het. ’n Goeie biosekerhe­idsplan kan egter die voorkoms van die siekte beperk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa