S­pan­werk, aan­pas­baar­heid troef e­ni­ge hek­kie

Jy sal die vier­de­ge­slag-Me­ri­no­boer mnr. Ju­li­an Sout­hey, Voer­mol se S­kaap­boer van die Jaar vir 2016, nooit on­kant be­trap nie. Toe slenk­dal­koors in 2010 so­wat 80% van sy herfs­lam­mers uit­ge­wis het, het hy on­der meer sy im­mu­ni­sa­sie­pro­gram­me ver­be­ter en ‘n ver

Landbou Vee - - Inhoud -

Vol­hou­ba­re veld­be­stuur en die ver­moë om aan­pas­baar te wees. Dít was mnr. Ju­li­an Sout­hey, ’n vier­de­ge­slag-Me­ri­no­boer, se gróót red­ding ty­dens die af­ge­lo­pe droog­te.

’n On­ver­skrok­ke hou­ding het ook ge­help dat die boer­de­ry nie eens ge­knie­hal­ter kon word deur ’n slenk­dal­koors-k­ri­sis in 2010, wat 80% van hul herfs­lam­mers uit­ge­wis het, nie.

“Ons het ons lam­mers se­dert die vo­ri­ge uit­bre­king in 1974 teen slenk­dal­koors in­ge­ënt en toe ná 2003 ge­dink ons kan maar op­hou. Dit was ’n duur les.”

P­leks van pa­nie­ke­rig re­a­geer, het dié plan­ma­ker eer­der grens­ver­skui­wen­de im­mu­ni­sa­sie­pro­gram­me met be­hulp van ’n vee­arts op Groot­fon­tein ont­wik­kel. Hul­le het ook ’n ver­snel­de lam­tyd in­ge­stel om die ag­ter­stand in te haal.

Ju­li­an se fa­mi­lie boer al se­dert 1860 met Me­ri­no’s op die plaas Ma­nor Hol­me van 6 500 ha tus­sen Mid­del­burg en S­teyns­burg in die Ka­roo. Hy en sy vrou, T­rish, woon in die sta­ti­ge ou plaas­huis wat in die­self­de era ge­bou is.

Hul seuns, Rob en S­tu­art, boer saam op die buur­pla­se Lu­cer­ne­da­le (1 400 ha) en Sout­hfield (1 500 ha). “Ons boer as ’n span, saam met ons vroue en per­so­neel wat al­mal ’n kern­rol in die suk­ses van ons boer­de­ry speel,” sê Ju­li­an.

AS EEN BE­STUUR

Die Sout­hey-boer­de­ry be­staan on­der meer uit so­wat 1 000 stoet­ooie en on­ge­veer 3 000 kom­mer­si­ë­le ooie, wat wol van ge­mid­deld 19,8 mi­kron met ’n skoon­wol­op­brengs van 70% le­wer. Hul­le skeer el­ke agt maan­de ge­mid­deld 3,5 kg on­ver­werk­te wol per ooi, en 1,5 kg per agt maan­de oue lam.

As deel van hul on­der­ne­ming het die Sout­heys 200 Sus­sex­koeie en 215 ha weiding wat deur die Ga­riep­dam­ske­ma met wa­ter uit die Oran­je­ri­vier be­sproei word.

Hul­le kweek voer vir hul ska­pe, wat wei op ’n kom­bi­na­sie van om­vat­ten­de veld­wei­ding, so­mer­wei­ding (soos langs­wenk­gras, kro­paar­gras en lu­sern), win­ter­wei­ding (soos raai­gras en ha­wer), as­ook hooi. Die Sout­heys ver­bou ook mie­lies on­der be­sproei­ing vir eie ge­bruik en vir die mark.

Hul­le het 140 ha on­der spil­pun­te en 25 ha on­der trek­lyn. Die res is vloed­be­sproei­ing wat met la­ser­teg­no­lo­gie ge­lyk­ge­maak is. Dit be­nut so­wat 30% min­der wa­ter as tra­di­si­o­ne­le vloed­be­sproei­ing.

“Ons be­dryf ons boer­de­rye as een on­der­ne­ming, maar ek, Rob en S­tu­art boer elk­een op ons eie plaas so­dat ons on­af­hank­lik kan wees; iets wat nood­saak­lik is in ’n fa­mi­lie­boer­de­ry,” sê Ju­li­an.

“Een van ons ja­re lan­ge per­so­neel­le­de, mnr. Ge­or­ge Non­ge­na (74), het ná sy af­tre­de te­rug­ge­kom om die plaas Rid­ge­wa­ter, wat ons huur, te be­stuur.”

HOU TRED MET VER­AN­DE­RINGS

Ju­li­an sê deur saam met Rob en S­tu­art te boer, maak hy se­ker hy hou tred met ver­an­de­rings, volg nu­we be­na­de­rings en stel nu­we stel­sels in. “Jy moet aan­pas­baar wees en tred hou met ver­an­de­ring as jy aan ver­an­de­ren­de maat­skap­li­ke en e­ko­no­mie­se ei­se wil vol­doen.

“Ons eer die na­la­ten­skap van my ou­pa­groot­jie, W.R. Sout­hey, wat Ma­nor Hol­me en ons Me­ri­no­boer­de­ry ge­ves­tig het.

“Die vroeë ge­slag boe­re was baie kun­dig oor die prak­tie­se be­stuur van le­wen­de ha­we, maar het hul­self as vee­boe­re be­skou en nie as vee- én veld­boe­re nie. Dus het die Ka­roo oor­be­wei ge­raak.

“Ons weet dees­dae meer van vol­hou­ba­re veld­be­stuur en hoe ge­voe­lig die Ka­roo is. Di tis ons ver­ant­woor­de­lik­heid om meer vol­hou­ba­re wei­dings­prak­ty­ke met ’n be­wust­heid van bi­o­di­ver­si­teit toe te pas.”

Se­dert sy voor­ge­slag se dae het die Me­ri­no­ras wê­reld­wyd ook ver­skeie ver­an­de­rings on­der­gaan. “Net in die af­ge­lo­pe 35 jaar het Me­ri­no­boe­re die ‘mo­der­ne Me­ri­no’ ont­wik­kel as van­dag se bes­te dub­bel­doel-wol-en-vleis­ras. Toe ek saam met my pa, Bob, kom boer het, het ons net op wol klem ge­lê. Dit was ook ons ker­n­in­kom­ste. Ons het 6 kg tot 7 kg wol per ooi per jaar ge­skeer en 85% tot 95% van die lam­mers ge­speen. Van­dag skeer ons 5 kg en speen 120% tot 130%, en ons ker­n­in­kom­ste kom uit wol én lam­mers.”

SLUISBEHEER

Nog ’n voor­beeld van ont­wik­ke­ling en­ver­nu­wing is die sluis-toe­pas­sing ( app) wat Van­der­kloof Teg­no­lo­gie ont­wik­kel het. “Ons kry wa­ter uit die Ga­riep­dam via die Oran­je-Vis­ri­vier-be­sproei­ing­ske­ma. Die toe­pas­sing, wat deur die in­ter­net werk, mo­ni­tor die be­sproei­ing s vloei na se­we boe­re in die ka­naal (24 km lank), en ons kan die sluis­hek na ge­lang van ons be- hoef­tes op ’n af­stand oop- en toe­maak. ’n Heel­tyd­se wa­ter­fis­kaal het al­tyd hier­die taak ver­rig, en ná haar af­tre­de moes ek 12 km ry, soms in die mid­del van die nag, om die sluis oop of toe te maak,” sê Rob.

Dank­sy die nu­we sluis-toe­pas­sing kan die wa­ter be­ter en deur­sig­ti­ger be­stuur word en kan ál se­we boe­re die be­sproei­ings­wa­ter se vloei heel­tyd op hul slim­fo­ne of re­ke­naars dop­hou.”

HOLISTIESE VELD­BE­STUUR

Rob se teg­nie­se kun­dig­heid e­we­naar

S­tu­art se vee­teelt­ver­mo­ëns. S­tu­art het ’n skerp oog vir die uit­soek van die­re en kom­bi­neer dit met sy klem op vol­hou­ba­re veld­be­stuur.

Hy ver­dui­de­lik: “Ons glo in ’n holistiese veld­be­stuur­mo­del en be­oe­fen ’ n veel­kamp­stel­sel waar die­re vir kort tye wei. Gro­ter trop­pe van so­wat 400 ska­pe bly dan vir kor­ter tye in ’n kamp – van ’n week in die groei­tyd tot lan­ger in die dor­man­te tyd. Beestrop­pe van so­wat 40 die­re elk kom ruim ná die ska­pe die kamp op en wei ook net ’n kort tyd­jie.”

Die doel is om die be­ter gras­se te laat her­stel deur dit nie ’n paar keer per sei­soen te laat be­wei nie, iets wat dit ver­swak tot op die punt waar dit heel­te­mal uit­ge­dun is.

“Ons lam­kam­pe is klei­ner, 75 ha tot 100 ha, maar ons al­ge­me­ne vee­kam­pe is nog heel­te­mal te groot, 250 ha tot 300 ha en meer. Dit is iets waar­aan ons wil werk, want ons sien reeds die voor­de­le van die stel­sel waar­vol­gens goeie gras­soor­te, soos T­he­me­da tri­an­dra (rooi­gras) en die Di­gi­ta­ria- soor­te (vin­ger­gras), weer be­gin groei in kam­pe waar Era­gros­tis- en A­ris­ti­das­oor­te, as­ook ka­roo­bos­sies, do­mi­nant is.”

BE­HOU BA­LANS

Gif en slag­ys­ters word nie ge­bruik nie, want die Sout­heys glo in die ba­lans van die na­tuur. “Ons glo ook nie el­ke jak­kals moet dood­ge­maak word nie. Dié be­na­de­ring het nie ge­werk nie. Ons moes af en toe ’n spe­si­fie­ke pro­bleem­dier uit­ska­kel, maar an­der­sins het ons A­na­to­lie­se her­ders­hon­de ge­bruik, wat heel suk­ses­vol was, en ons pa­trol­leer ge­reeld die lam­kam­pe. (Lees ook die ar­ti­kel op bl. 92.)

“Kam­pe wat deeg­lik ge­mo­ni­tor word en be­hoor­lik om­hein is, is nood­saak­lik om lam­ver­lie­se te ver­min­der.”

PRODUKSIEBESTUUR

Wat die produksiebestuur van hul stoet- en kom­mer­si­ë­le trop­pe be­tref, laat die Sout­heys hul ooie een keer per jaar dek en lê klem op twee­lin­ge. Die ooie word in twee trop­pe ver­deel. Die een trop word van 15 Maart tot ein­de A­pril ge­dek so­dat hul­le in Au­gus­tus en Sep­tem­ber lam. Die an­der trop word in No­vem­ber ge­dek om in A­pril te lam. Die dek­tyd duur 34 dae tot 42 dae.

Hoe­wel die ge­mid­del­de jaar­lik­se re­ën­val op lang ter­myn s­legs 350 mm is, kan hul­le die weiding heel­jaar met wa­ter uit die Oran­je­ri­vier be­sproei, iets wat hul skaap­pro­duk­sie merk­baar ver­hoog.

“Ty­dens droog­tes of droë tye, voor die ooie ge­paar word en net voor lam­tyd, kry die ooie so­wat 300 g Voer­mol Max­i­wol (reg.no. V15415, Wet 36 van 1947) per dag. In goeie re­ën­si­klus­se het ons nie aan­vul­lings no­dig nie,” sê Ju­li­an.

Rob sê hul­le gee ál die stan­daard­do­se­rings en -in­en­tings, ver­al in die lam­tyd. Hul­le het eg­ter die do­se­rings by die vol­was­se trop­pe ver­min­der om die die­re se na­tuur­li­ke im­mu­ni­teit te ver­hoog. “Ons eks­pe­ri­men­teer ook met kor­ter ro­ta­sies op be­sproei­de weiding om die le­wen­si­klus van parasiete te ver­breek.

GROOT GE­NE­POEL

Ma­nor Hol­me bied in Fe­bru­a­rie en Maart ram­me per af­spraak op die plaas aan, en weer in Sep­tem­ber en Ok­to­ber. Hul­le bied ook el­ke Ja­nu­a­rie ram­me op die Oos-Kaap­se Me­ri­no­klub se vei­ling aan. Hul­le is lid van dié groep se­dert dit so­wat 15 jaar ge­le­de ge­stig is.

Saam met Ma­nor Hol­me se stoeton­der­ne­ming be­dryf S­tu­art ’n groep­teel­stoe­te­ry vir ’n groep van 11 Me­ri­no­boe­re uit die dis­trik Mid­del­burg op sy plaas. Dit is om se­ker te maak hul­le het toe­gang tot ’n groot ge­ne­poel. “Dit staan be­kend as die Re­nos­ter­berg-groep­teel­ske­ma en is al 15 jaar lank aan die gang. My pa was een van die stig­ters­le­de,” sê S­tu­art.

“Elk­een van die aan­vank­li­ke 13 boe­re het so­wat 25 uit­ge­soek­te teel­ooie uit hul trop­pe ver­skaf om ’n kern­teel­groep te skep van 325 ooie wat deur die groep se top­ram­me ge­dek word. (El­ke boer het ge­mid­deld 1 000 ooie in sy eie teel­kud­de ge­had.) Ek teel dan die ram­na­ge­slag vir die ske­ma. El­ke lid kan drie ram­me uit­soek en ’n vloer­prys vir twee van hul­le be­taal. Om voort­ge­set­te ge­ne­tie­se ver­be­te­ring te ver­se­ker, dra el­ke boer ook vier van sy bes­te vervangingsooie by in ruil vir die derde ram.”

Be­ne­wens dit en hul ram­ver­ko­pe word so­wat 4 000 ska­pe per jaar van Ma­nor Hol­me ver­koop – ’n kom­bi­na­sie van ou ooie, ha­mel-, ram- en stoor­lam­mers (van dié lam­mers voer hul­le in hul eie voer­kraal), as­ook oor­skot-twee­tand-ooie. Hul­le pro­beer dan om die sei­soen se prys­hoog­te­pun­te vroeg in De­sem­ber (Kers­fees), Ju­lie/Au­gus­tus (mid­del win­ter) en Fe­bru­a­rie/Maart (Paas­fees) te haal. NA­VRAE: Mn­re. Ro­bert Sout­hey, e-pos: r­sout­[email protected]­da­mail.co.za; sel 082 810 4961; S­tu­art Sout­hey, e-pos: stu­s­out­[email protected]; sel 084 905 6050; Ju­li­an Sout­hey, e-pos: ju­li­[email protected] ad­sacti­ve.com; sel 082 579 0488.

Die dek­tyd op die Sout­heys se plaas duur 34 dae tot 42 dae, en ge­mid­deld 30 ooie tot 35 ooie word per ram ge­bruik. Die vol­groei­de ooie weeg 48 kg tot 52 kg. Wan­neer hul­le uit­ste­ken­de ram­me het, doen hul­le kuns­ma­ti­ge be­vrug­ting en la­pa­ro­sko­pie.

1. Die Sout­heys teel hul eie stoet- en uit­ge­soek­te trop­ram­me en ver­vang jaar­liks 60% tot 70% van hul ram­me.2. Van links is mn­re. Rob, Ju­li­an en S­tu­art Sout­hey by ’n Me­ri­no­ram wat twee jaar ge­le­de teen R9 500 op die Oos-Kaap­se ram­klub­vei­ling ver­koop is. Dit is die ti­pe glad­de­lyf­ram met goeie wol en bou­vorm waar­na hul­le streef. 3. Hul­le streef na ’n me­di­um­wol-skeer­sel van uit­ste­ken­de ge­hal­te en de­fi­ni­sie, met ’n goeie sta­pel en sta­pel­leng­te. IN­LAS: Mnr. Ge­or­ge Non­ge­na (74) be­stuur die huur­plaas Rid­ge­wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.