Landbou Vee

Uitkeerpla­n haal pyn uit skaaphante­ring

Toe mnr. Japs Jordaan hoor dit is ‘onmoontlik’ om ’n drukgang te bou waarin skape in vyf krale uitgekeer kan word, was dit die vonk wat hom aangevuur het om ’n unieke skaaphante­ringsgerie­f te ontwerp. Met drie werkers kan tot 500 skape binne ’n uur gedose

-

Gee ’ n opdrag aan ’ n lui mens en hy lewer vir jou die vinnigste en maklikste resultate, sê mnr. Japs Jordaan van die plaas Grootkom in die distrik Cradock skertsend.

Dié ontwerper van ’ n uitsonderl­ike skaaphante­ringsgerie­f op hul familiepla­as erken hy wil nie sukkel nie.

“Toe ek drie jaar gelede kom boer het, was hier baie werk om die besproeiin­g op die plaas op te knap. Maar die skape het ook aandag geverg. Ek kon dit nie verdra dat soveel tyd gemors word wanneer die ooie uit die lendelam sifdrukgan­ge spring of dat my klere aan die drade haak nie.

“Toe ek eendag aan ’n kennis vertel van my planne om die skaaphante­ringsgerie­we op Grootkom op te knap, het hy gesê hy glo nie daar is ’n manier hoe ’n mens ’n drukgang met vyf uitkeerkra­le kan ontwerp nie. En, het die ou nogal spottend gesê, as ek dit regkry voordat sy seun baard het, sal hy kom kyk!

“Dit het my ses maande lank aan die dink gesit. Toe eendag het die plan by my opgekom. Ek het besef ek moet bloot bepaal wat die looppatroo­n van die uitkeerhek is en hoe die meganisme gesinchron­iseer kan word sodat die operateur die skape vanaf die drukgang in vyf verskillen­de krale kan sorteer.”

Japs het by sy rekenaar gaan sit en begin teken. Ná ’n paar uur het hy ’n eurekaoomb­lik ervaar. Toe moes hy dit net bou en in die praktyk toets.

Dit het Japs sowat drie weke gekos om die twee bestaande skaapkrale op die plaas in die doelmatige skaaphante­ringsgerie­f met onder meer ’n glybaan vir byvoorbeel­d dipwerk, ’n hangweegsk­aal en

’n teleskopie­se laaibank te omskep. Dit is egter veral die drukgang se uitkeermeg­anisme wat besonders is.

Omdat hy meestal skroot gebruik het wat op die plaas was, is die algehele koste, arbeid ingesluit, sowat R14 500.

Dit was egter die moeite werd omdat hy tot 500 lammers met net drie werkers binne ’n uur kan doseer. Met sewe heeltydse werkers in diens is dit nie meer soos voor- heen nodig om almal te betrek wanneer met skape in die kraal gewerk word nie.

“Omdat dit ’n bergplaas is waar drade voortduren­d in stand gehou moet word, kan die res van die werkers hulle eerder daarmee besig hou. Die gemak waarmee skape nou hanteer word, het nie net gelei tot hoër produktiwi­teit nie, maar ook die werkers se werklas verminder as dit by die hantering van die vee kom.”

Nog ’n bonus is dat die skape nie ure in die kraal hoef deur te bring nie. Aangesien hulle op lusern loop, verminder dit ook die risiko dat hulle opblaas omdat hulle gou weer op die weiding teruggepla­as word.

NAVRAE: Mnr. Japs Jordaan, e-pos: Jlz224jord­aan@gmail.com, tel. 048 881 3183, sel 073 489 4630.

 ??  ?? 1. DRUKGANG. ’n Dipvoetbad aan die bopunt van die drukgang. Aanvanklik het Japs ( inlas) ’n stewige drukgang van gebruikte padstaalre­lings gemaak. Die skape was egter baie halsstarri­g om by die drukgang ingejaag te word. Omdat die sykante van bo tot onder toe was, het dit die drukgang baie donker gemaak. “Vee beweeg makliker van donker na lig as andersom,” verduideli­k Japs.
1. DRUKGANG. ’n Dipvoetbad aan die bopunt van die drukgang. Aanvanklik het Japs ( inlas) ’n stewige drukgang van gebruikte padstaalre­lings gemaak. Die skape was egter baie halsstarri­g om by die drukgang ingejaag te word. Omdat die sykante van bo tot onder toe was, het dit die drukgang baie donker gemaak. “Vee beweeg makliker van donker na lig as andersom,” verduideli­k Japs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa