Tien wen­ke vir her­stel van vee­boer­de­ry

Vee­boer­de­rye se wins­ge­wend­heid en vol­hou­baar­heid is kwaai on­der druk. Ge­luk­kig het die lei­er­boer mnr. Mecki Schneider vir eks­ten­sie­we bees- én skaap­boe­re raad.

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Mecki Schneider, e-pos: mecki@i­a­fri­ca.com.na Kyk ook na ’n vi­deo van Mecki se praat­jie by 2016 se V­leis­bees­skool by https://www.youtu­be.com/ wat c h? v= E D p 4 D N F_ H k 8

V ee­boer­de­ry trek o­ral in Sui­der-A­fri­ka nou­strop weens spo­ra­die­se droog­tes, sty­gen­de pro­duk­sie­kos­te en wis­sel­val­li­ge vee­pry­se. Mnr. Mecki Schneider, bees­boer van Groot­fon­tein in Na­mi­bië wat ver­le­de jaar as voor­sit­ter van dié land se Le­wen­de ha­we pro­du­sen­te-or­ga­ni­sa­sie( LP O) uit­ge­tree het, sê die pro­duk­sie­kos­te vir bees- en skaap­boer­de­ry in Na­mi­bië het in die af­ge­lo­pe tien jaar met 163% op­ge­skiet. Ter­self­der­tyd het die in­kom­ste uit bees­boer­de­ry met s­legs 59% ge­styg en dié uit skaap­boer­de­ry met 147%.

Die groot ga­ping tus­sen in­kom­ste en uit­ga­wes be­te­ken dat bees­boe­re oor die af­ge­lo­pe tien jaar jaar­liks 8% wins­ge­wen­der moes boer of doel­tref­fen­der moes wees net om op die­self­de wins­vlak te bly. Skaap­boe­re moes hul doel­tref­fend­heid el­ke jaar met 3% ver­hoog. ’n Bees­boer moet der­hal­we van­dag 80% doel­tref­fen­der as tien jaar ge­le­de wees, wat in geen on­der­ne­ming haal­baar is nie. GRAFIEK 1 (bees- en skaap­boer­de­ry se in­kom­ste en to­ta­le uit­ga­wes) en

GRAFIEK 2 (bees- en skaap­boer­de­ry se wins­mar­ges) ver­tel ’n ver­haal op sig­self.

Mecki se vee­boer­de­ry-op­set be­staan reeds 103 jaar. Hy het tien stra­te­gieë waar­mee vee­boe­re die kwes­sies van da­len­de wins­ge­wend­heid kan aan­pak. “Dit is nog­al in­ge­wik­keld en hang af van jou per­soon­li­ke om­stan­dig­he­de. Hier­die be­na­de­ring is nie­te­min van­uit ’n prak­tie­se per­spek­tief ont­wik­kel en boe­re moet deeg­li­ke, deur­lo­pen­de aan­dag aan ’n wye reeks fak­to­re gee om weer op die pad van wins­ge­wend­heid te kom.

“Dit is soos ’n klip­muur – as jy een steen (of fa­set van boer­de­ry) on­der uit­trek, kan die he­le muur in­me­kaar tui­mel.” Die tien stra­te­gieë word hier­on­der uit­een­ge­sit. 1 WEI­VELD Na­tuur­li­ke weiding is die grond­ves­ting wat kud­des on­der­hou. Daar­om is die be­nut­ting en voort­du­ren­de mo­ni­te­ring van die wei­veld se toe­stand nood­saak­lik. Sa­tel­liet­teg­no­lo­gie kan ge­bruik word om die veld­toe­stand van­uit die ruim­te dop te hou en die veld se pro­duk­ti­wi­teit op lang ter­myn te meet.

Mecki ont­vang el­ke twee we­ke ’n by­ge­werk­te sa­tel­liet­fo­to op die web­werf www. na­mi­bi­a­ran­ge­lands.com van die toe­stand van el­ke kamp. Dit toon die hui­di­ge toe­stand teen­oor die ge­mid­del­de toe­stand oor die af­ge­lo­pe 16 jaar.

Re­ën­val word ak­ku­raat aan­ge­te­ken. Dit is be­lang­rik om ver­al die ver­sprei­ding van die neer­slae aan te te­ken. Die ver­sprei­ding oor maan­de is dik­wels be­lang­ri­ker as die hoe­veel­heid oor ’n baie kort tyd­perk.

Mecki sê vog­be­wa­ring in wei­vel­de is ui­ters be­lang­rik in e­ni­ge droë om­ge­wing, ver­al in Sui­der-A­fri­ka, wat ge­reeld droog­tes on­der­vind. Boon­op word Na­mi­bië as die droog­ste land met die wis­sel­val­lig­ste re­ën­val­pa­troon suid van die Sa­ha­ra­woes­tyn be­stem­pel.

Boe­re moet kaal kol­le in die veld ver­my, want die vog­ver­dam­ping daar is baie hoog. Sul­ke kol­le ver­dig, die grond word baie warm en e­ni­ge re­ën wat daar val, vloei weg. “Hoe­wel daar nog nie een­stem­mig­heid oor die hoe­veel­heid re­ën is wat Sui­der-A­fri­ka in die toe­koms weens kli­maats­ver­an­de­ring gaan kry nie, is dit be­trek­lik se­ker dat die tem­pe­ra­tuur met tot 4 °C gaan styg. Vir el­ke graad wat die tem­pe­ra­tuur toe­neem, styg die ver­dam­ping van vog uit die grond met 5%. Dus gaan die ver­dam­ping met 20% toe­neem,” ver­dui­de­lik hy die erns van die saak.

Die ant­woord lê in ’n lang­ter­myn­stra­te­gie om die groei­krag­tig­heid van die veld­wei­ding te ver­be­ter. Dit be­hels die ver­be­te­ring van die be­dek­king met meer­ja­ri­ge gras­se, die ver­ster­king van die wor­tel­stel­sel, die be­dek­king van kaal grond en dus die ver­my­ding van grond­ver­dig­ting en e­ro­sie, en die stel­sel­ma­ti­ge be­kam­ping van bo­sin­drin­ging. “Vee­boe­re moet hul veld se dra­krag vol­uit be­nut om te oor­leef in ’n om­ge­wing waar lae wins­ge­wend­heid ’n werk­lik­heid is. As bos­se uit­ge­roei en die veld ver­be­ter kan word, sal die vol­hou­ba­re dra­krag ver­hoog.

“Leer om met min en on­ge­reel­de re­ën­val saam te leef deur ’n kon­ser­wa­tie­wer be­na­de­ring met veld­be­nut­ting te volg.”

Mecki se agt be­gin­sels van goeie wei­veld­be­stuur is: Ken jou hulp­bron­ba­sis (grond, plantsa­me­stel­ling en meer­ja­ri­ge gras­se). Be­stuur vir doel­tref­fen­de her­stel en veld­rus, wat die be­vor­de­ring van wor­tel­ont­wik­ke­ling in­sluit, ver­al in die laat­so­mer. Be­stuur vir die doel­tref­fen­de be­nut­ting van plan­te. Be­vor­der die grond­toe­stand deur mak­si­mum grond­be­dek­king en or­ga­nie­se ma­te­ri­aal. Be­stry bo­sin­drin­ging deur in­drin­ger­bos­se se­lek­tief te be­kamp. Be­plan voor­uit vir droog­tes waar­voor ’n uit­ge­werk­te stra­te­gie no­dig is, soos om be­tyds ’n be­paal­de ge­deel­te van die vee te ver­koop of te ver­skuif. Mo­ni­teer die hulp­bron­ba­sis voort­du­rend, ver­al aan die ein­de van die re­ën­tyd, maar ook oor de­ka­des. Be­plan die in­fra­struk­tuur deeg­lik. Mecki volg ’n prak­tie­se be­na­de­ring tot veld­be­nut­ting. Ty­dens die re­ën­tyd e­va­lu­eer hy die veld in die mid­del van Fe­bru­a­rie. As dit droog is, stel hy sy droog­te­ak­sie­plan in wer­king.

In die twee­de helf­te van Mei doen hy ’n fi­na­le e­va­lu­e­ring van die veld­toe­stand om te be­paal of hy ge­noeg weiding tot ein­de De­sem­ber sal hê. Dit sluit in sy droog­te­re­ser­wes, spaar­kam­pe, 10% van el­ke plaas wat op ’ n ro­ta­sie­grond­slag rus, en ge­bie­de wat lig be­wei word. Die hoe­veel­heid gras en die ge­hal­te daar­van in el­ke kamp word ge­ë­va­lu­eer, dit kry ’n punt op ’n skaal van 1 tot 100 en word daar­vol­gens be­wei.

WINS­GE­WEN­DE KUD­DE

’n Doel­tref­fen­de koei­kud­de moet ’n speen­per­sen­ta­sie van min­stens 85 hê, sê Mecki. Se­lek­sie vir vrug­baar­heid

is dus ui­ters be­lang­rik. Wins word ook be­paal deur die wy­se waar­op die boer sy weiding be­nut. Die wins­be­pa­ler is die vee­be­la­ding. Mecki werk die vee­be­la­ding uit vol­gens ki­lo­gram bi­o­mas­sa (of le­wen­de ge­wig van die he­le kud­de) per hek­taar veld. Met goeie be­stuur be­hoort die pro­duk­sie per ki­lo­gram le­wen­de ge­wig per hek­taar 32-38% van die vee­be­la­ding te wees. Teen 30 kg vee­be­la­ding per hek­taar is die pro­duk­sie on­ge­veer 10 kg le­wen­de ge­wig per hek­taar, wat teen R30 per ki­lo­gram (speen­kalf­prys) op R300 pro­duk­sie per jaar per hek­taar uit­werk. Dit is moont­lik dank­sy Mecki se goeie wei­ding­be­stuur, wat sy dra­krag én pro­duk­sie laat ver­dub­bel het.

Die ge­bruik van ge­ne­ties meer­der­waar­di­ge bul­le (vol­gens be­raam­de teel­waar­des en e­ko­no­mie­se se­lek­sie-in­dek­se) met uit­ste­ken­de se­men­ge­hal­te dra by tot die kud­de se wins­ge­wend­heid.

3 HOU DEEG­LIK AAN­TE­KE­NIN­GE

Ak­ku­ra­te aan­te­ke­nin­ge is deel van Mecki se suk­ses. ’n Boer moet op die hoog­te van die ver­eis­te nor­me en rig­ly­ne wees om be­tyds be­slui­te te kan neem. Die be­lang­rik­ste rig­ly­ne is: Pro­duk­sie (in kg/ha) moet min­stens een derde van die vee­be­la­ding (ook kg/ha) wees. ’n Speen­per­sen­ta­sie van meer as 85. Die ver­lang­de groei van speen­kal­wers in droë toe­stan­de be­hoort 100-130 kg van­af speen tot op 18 maan­de te wees.

Mecki meet die op­brengs in ki­lo­gram le­wen­de ge­wig oor die kud­de el­ke jaar haar­fyn. Die to­ta­le kud­de se eind­ge­wig ein­de Au­gus­tus van­jaar, mi­nus die to­ta­le kud­de­ge­wig be­gin Sep­tem­ber ver­le­de jaar, plus ver­ko­pe, plus vrek­tes en ver­lie­se (want dit is in ki­lo­gram ge­pro­du­seer), mi­nus aan­ko­pe, gee die al­ge­he­le kud­de­pro­duk­sie oor die jaar. Aan die fi­nan­si­ë­le kant sal die ge­mid­del­de prys per ki­lo­gram oor die jaar na­tuur­lik la­er wees weens die vrek­tes en ver­lie­se.

Lek­kos­te is een van die groot­ste uit­ga­wes. Meet die kud­de se le­k­in­na­me om die in­di­vi­du­e­le in­na­me per bees uit te werk en die lek­kos­te per dag per bees te be­paal. Te­ken die jaar­lik­se al­ge­he­le lek­kos­te aan en ver­se­ker op­ti­ma­le be­nut­ting.

4 BE­MAR­KING

’n Kud­de wat nie net speen­kal­wers of -lam­mers nie, maar eer­der os­se of ha­mels le­wer, ver­leen meer buig­saam­heid aan die boer, want dit is min­der kwes­baar vir ri­si­ko’s en droog­tes. Dit is wins­ge­wen­der om os­se te le­wer wan­neer die speen­kalf­prys tot on­der 66% van die kar­kas­prys daal. As dit tus­sen Fe­bru­a­rie en Mei baie droog is, moet die boer sy vee­ge­tal­le be­tyds min­der maak.

GRAFIEK 3 toon die sei­soe­na­le prys­in­deks van 2000 tot 2015. Daar­vol­gens is daar ’n prys­ver­skil van 9-10% tus­sen die mid­del en ein­de van die jaar. Ge­du­ren­de ’n droog­te­jaar is daar ’n prys­ver­skil van 40% tus­sen Ja­nu­a­rie en Maart. Die ver­koop van jong os­se teen 300 kg in Ja­nu­a­rie is wins­ge­wen­der as speen­kal­wers (220 kg) ge­du­ren­de die vo­ri­ge Au­gus­tus of stoor­os­se (350 kg) in Mei.

5 FI­NAN­SI­Ë­LE OOR­WE­GINGS

Pas die fi­nan­si­ë­le pro­ses­se wat in e­ni­ge on­der­ne­ming geld, op die boer­de­ry toe. Dit be­hels on­der meer ’n jaar­lik­se be­gro­ting en ’n ge­de­tail­leer­de op­som­ming van in­kom­ste en uit­ga­wes per een­heid (per hek­taar en per koei of ooi waar dit moont­lik is). Hou ho­ë­kos­te-uit­ga­wes goed dop.

Werk die plaas­in­kom­ste of net­to boer­de­ry-in­kom­ste se­kuur uit. Dit is die som van die bru­to in­kom­ste waar­van die lo­pen­de kos­te af­ge­trek word. Die net­to boer­de­ry-in­kom­ste be­hoort min­stens 50% van die bru­to boer­de­ry-in­kom­ste te wees. Die net­to wins is die net­to in­kom­ste waar­van huur en ren­te af­ge­trek is. Ka­pi­taal­pro­jek­te be­hoort in­dien moont­lik in moei­li­ke tye af­ge­skaal te word.

6 BE­STUUR AR­BEID

Ar­beid is een van die groot­ste pro­duk­sie­uit­ga­wes op ’n vee­plaas, maar baie boe­re gee te min aan­dag daar­aan. “Ons sal meer toe­ge­spits moet wees op ar­beids­be­stuurs­prak­ty­ke, en dit gaan nie net oor be­ta­ling nie, maar oor mens­li­ke ver­hou­dings,” sê Mecki.

Hy sê op­lei­ding is baie be­lang­rik. ’n Toe­ge­wy­de, ge­mo­ti­veer­de groep wer­kers le­wer een van die be­lang­rik­ste by­dra­es tot ’n suk­ses­vol­le boer­de­ry. “As jy men­se ver­ant­woor­de­lik­heid gee, is dit ver­ba­send wat­ter e­ner­gie daar­uit kan kom en wat­ter waar­de hul­le kan toe­voeg.”

Wan­neer gro­ter ver­ant­woor­de­lik­he­de oor­ge­dra word, doen dit die wê­reld se goed aan sy pro­duk­ti­wi­teit.

7 BE­NUT EN PAS TEG­NO­LO­GIE TOE

Daar is mo­der­ne teg­no­lo­gie be­skik­baar om die boer met sy be­stuur by te staan: Ou­to­ma­tie­se weeg­sta­sies werk in­lig­ting oor voer­in­na­me en groei uit. Mecki en sy swa­er, mnr. Eb­bi Fis­cher, het ver-

le­de jaar ’n Gro­wSa­fe-voer­sta­sie op Eb­bi se plaas by Ho­chfeld ge­ïn­stal­leer (“Voer­om­set­ting nou per gram ge­meet”, Land­bou Vee 2016). Daar­mee werk hul­le haar­fyn uit hoe doel­tref­fend ’n bul se voer­in­na­me teen­oor sy groei is. Hul doel­wit is die se­lek­sie van doel­tref­fen­der die­re. Daar­mee saam gaan e­lek­tro­nie­se oorplaatjies wat op ’n re­ke­naar re­gis­treer wan­neer ’n bees ge­weeg word so­dat die ge­wig ou­to­ma­ties by die be­trok­ke bees se in­lig­ting oor by­voor­beeld ge­boor­tes en in­en­tings ge­voeg kan word. Ul­tra­so­nie­se skan­de­ring meet kar­kas­ei­en­skap­pe so­dat daar­die bees­te ge­se­lek­teer kan word om vleis­ge­hal­te te ver­be­ter. Re­ke­naar­pro­gram­me vir tal­le toe­pas­sings en re­kord­hou­ding. Met sel­foon toe­pas­sings kan’ n boer da­ta, soos ge­wig en ge­ne­tie­se ei­en­skap­pe, aan­te­ken en selfs ge­vor­der­de se­lek­sie doen. In­lig­ting oor vrug­baar­heid moet ook op ’n re­ke­naar aan­ge­te­ken word. Af­stands­waar­ne­ming deur mid­del van sa­tel­liet teg­no­lo­gie stel’ n boe­rin s­taat om die toe­stand van sy weiding dop te hou.

GE­NE­TIE­SE VOR­DE­RING

Die ver­be­te­ring van ’n kud­de se vrug­baar­heid is s­legs moont­lik as ’n boer bul­le en ram­me met goeie sy­fers vir vrug­baar­heid ge­bruik.

Wat vleis­bees­te be­tref, moet hy koeie wat vroeg ge­kalf het en vroe­gryp ver­se se­lek­teer om met dié bul­le ge­paar te word. Dit ver­se­ker ge­ne­tie­se vor­de­ring en ver­be­ter wins­ge­wend­heid. Mecki be­klem­toon dat el­ke vrou­li­ke dier se re­pro­duk­tie­we pres­ta­sies aan­ge­te­ken moet word. Se­lek­teer vrou­li­ke die­re wat ná die eer­ste kalf weer mak­lik drag­tig raak, aan­ge­sien eer­ste­kalf­koeie dik­wels ’n lan­ger tyd no­dig het om weer drag­tig te raak. In die se­lek­sie­pro­ses moet die boer voor­rang gee aan koeie met ’n lae be­raam­de teel­waar­de vir die aan­tal dae tot kalf (van­dat sy ge­dek is) en bul­le met ’n groot skro­tumom­trek. Al­bei is ei­en­skap­pe vir hoë vrug­baar­heid.

Ver­my ek­stre­me ge­val­le met groei en kon­sen­treer eer­der op koeie met ’n be­raam­de teel­waar­de vir ’n lae vol­was­se ge­wig.

B­reed­plan het be­raam­de teel­waar­des vir ge­wens­te kar­kas­ei­en­skap­pe, soos groot oog­spier op­per­vlak­te en rib-en kruis­vet. An­der vleis­ge­hal­te-ei­en­skap­pe word tans be­paal. “Dit gaan oor ’n be­ter eeter­va­ring vir die ver­brui­ker.” An­der be­raam­de teel­waar­des waar­voor die boer moet se­lek­teer, sluit in e­ko­no­mie­se in­dek­se (in rand­waar­de) vir die pro­duk­sie-om­ge­wing en mark­te, voer doel­tref­fend­heid( net­to voer­in­na­me) wat die wins ver­hoog om­dat doel­tref­fen­de die­re min­der vreet om ’n ge­ge­we tei­ken met groei te be­haal, as­ook ge­no­mi­ka en ge­no­ti­pe­ring. Laas­ge­noem­de twee is die nuut­ste hulp- mid­dels wat vir Sui­der-A­fri­ka ont­wik­kel word so­dat boe­re nóg ak­ku­ra­ter vir ge­wens­te ei­en­skap­pe kan se­lek­teer. Deel­na­me aan die vleis­bees­ge­no­mi­ka­pro­gram met die sa­me­wer­king van die Land­bou­na­vor­sings­raad is nood­saak­lik vir te­lers so­dat kom­mer­si­ë­le boe­re uit­ein­de­lik wins­ge­wen­der met be­ter teel­ma­te­ri­aal kan boer.

WAARDETOEVOEGING

Boe­re kan hul in­kom­ste ver­hoog deur so­ver moont­lik waar­de by hul pro­duk te voeg. Dit sluit os- en ha­mel­pro­duk­sie in. “Wees trots op jou pro­duk en volg ver­ko­pe op om klan­te­te­vre­den­heid te mo­ni­tor. Dink al­tyd aan die fi­na­le pro­duk wat by die ver­brui­ker gaan be­land. Jy moet ’n pro­duk van top­ge­hal­te le­wer, nie ’n kom­mo­di­teit nie.”

Se­lek­sie vir meer­der­waar­di­ge ge­ne­tie­se ei­en­skap­pe is die eer­ste stap in waardetoevoeging.

WEES BE­TROK­KE

Mecki, wat meer as 18 jaar lank by die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou be­trok­ke was, sê dit is nood­saak­lik dat boe­re land­bou-in­stel­lings moet on­der­steun om hul stem­me op na­si­o­na­le vlak en by me­de­be­lang­heb­ben­des in die waar­de­ket­ting te laat hoor. Só word ’n be­lang­ri­ke ska­kel tus­sen boe­re, die be­dryf en die re­ge­ring ge­vorm. “Ons sal moet saam­staan in land­bou-or­ga­ni­sa­sies, die struk­tu­re ag­ter­me­kaar kry en dit steun. Nie­mand gaan ons hoor as ons nie ’n ge­sa­ment­li­ke stem het nie.”

In die eks­ten­sie­we vee­ge­bie­de van SuidA­fri­ka en Na­mi­bië is vleis­skaap­boer­de­ry tal­le boe­re se hoof­bron van in­kom­ste. Pro­duk­sie­kos­te wat vin­ni­ger as in­kom­ste styg, hou eg­ter ’n be­drei­ging in.

Mnr. Mecki Schneider by van sy wit Brah­ma­ne in die veld. Hy steun swaar op teg­no­lo­gie om die doel­tref­fend­heid van sy boer­de­ry te ver­hoog.

In­drin­ger­bos­se het al groot gras­vlak­tes in Na­mi­bië in­ge­neem. Me­ni­ge boer doen eer­der ont­bos­sing om die dra­krag van veld te ver­hoog as om nog grond te koop. Hier­die fo­to toon dui­de­lik hoe Mecki se veld her­stel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.