Landbou Vee

Selekteer só sonder aantekenin­ge

Veekundige­s hamer op die filosofie dat jy moet meet om te weet, maar die werklikhei­d is dat baie boere steeds sonder formele aantekenin­ge boer. As dit die geval is, moet jy veral strenger seleksie-of uitskakeli­ng s maatstawwe gebruik om kuddeverbe­tering t

-

Boere en sakelui sif werknemers voortduren­d om te verseker hulle gebruik net die beste kundigheid. Dieselfde geld vir viervoetig­e werknemers. Jy moet elke jaar ’n volledige, kritiese prestasieb­eoordeling uitvoer om seker te maak elke enkele koei lewer nog ’n gunstige bydrae tot die winsgewend­heid van die ondernemin­g.

Onthou, elke werknemer moet meer inbring as wat hy of sy verdien, anders het jy moeilikhei­d. Hierdie kriteria geld beslis vir elke dier op die plaas.

Hoewel ek persoonlik baie van die byhou van aantekenin­ge hou, weet ek daar is baie beesboere wat nie aantekenin­ge maak of dektye gebruik nie. Wanneer jy nie individuel­e aantekenin­ge hou nie, moet jy goed gedissipli­neerd wees om seker te maak jy skakel steeds die diere uit wat nie méér inbring as wat hulle ontvang nie.

Ek het lanklaas die “salaris” van ’ n vroulike dier bereken, maar dit is sowat R2 600 tot R2 800 per jaar. Die druk op die hardwerken­des word al hoe groter namate meer werknemers uitsak en nie hul kant bring nie.

PAS STRENG DISSIPLINE TOE

Hoe selekteer ek dan die regte koeie sonder rekordhoud­ing? Dit verg streng dissipline. Dit is ook nader aan die kol om te sê jy selekteer nie koeie nie, maar skot eerder daardie diere uit wat jy nie wil hê nie.

Met bulle is dit waarskynli­k ’n ander storie. Hier kies (selekteer) jy die dier wat jy meen gunstig tot jou ondernemin­g kan bydra – meer melk, meer groei, meer gehardheid, die regte tipe of goeie strukturel­e eienskappe. Vrugbaarhe­id mag egter nooit tweede viool speel teenoor enige ander eienskap nie.

Wanneer jy voortduren­d die regte koeie uitskakel, sal jou kudde gou ontslae wees van die “probleemdi­ere”. Die tyd wat jy aan probleemdi­ere afstaan, trek jou aandag af van ander belangrike bestuursfa­ktore, soos water, heinings, bemarking en weidingbes­tuur.

Die seleksiepr­oses begin by die verse. Haal die skewes en krommes met die oog uit ná speentyd. Stel dan die hele groep vir ’n kort tyd (42-63 dae) aan ’n hoë persentasi­e jong bulle bloot.

Die veearts identifise­er die onbesette verse ’n paar maande later. Raak ontslae van hulle. Skot dan ook die eerstekalf­koeie uit wat met die volgende blootstell­ing nie dragtig is nie.

Die fout wat baie boere maak, is om met die oog die “beste” verse uit te soek en net hulle aan die bulle bloot te stel. Indien jy hierdie praktyk toepas, toets dit met die volgende vrae: Indien jy goeie bulle gebruik, is jou verse nie geneties beter as hul moeders nie? Dink jy jou seleksieve­rmoë is beter as dié van Moeder Natuur en Vader Tyd? Wat maak ’n vervanging­svers regtig waardevol? (Dit is nie net voorkoms nie.) Met min uitsonderi­ng sal verse wat eers met die tweede blootsteli­ng beset raak, nie lank genoeg leef om hul eweknieë wat met die eerste blootstell­ing beset was, ten opsigte van produksie in te haal nie. Die navorsing toon dat verse wat vroeg dragtig raak, omtrent een kalf meer oor haar leeftyd lewer en dus ook baie meer kilogram vleis.

SKOT AAN DIE HAND HIERVAN UIT

Nadat jy baie verse (omtrent almal) vir ’n kort tyd aan die bulle blootgeste­l het, kan die onderstaan­de uitskotkri­teria gevolg word. Nie-dragtiges. Skot almal uit, selfs jou seun se eerste vers. Dit is baie winsgewend­er om haar in dié stadium uit te haal en met ’n dragtige een te vervang. Sorteer hulle sommer aan die einde van die drukgang nadat die veearts hulle ondersoek het. Droës (diere wat die vorige jaar as dragtig gesertifis­eer is, maar nie ’n kalf speen nie). Hulle is werklik duur. Jy versorg haar vir 12 maande ná dragtig hei ds bevestigin­ge n dan verloor sy haar kalf om die een of ander rede. Jy moet hierdie diere so gou moontlik identifise­er en uitskot. Diere wat individuel­e aandag benodig. Jy moet enige vers uitskot wat gehelp moet word om te kalf of wat aanhoudend gedokter moet word. Met ’n vorm van aantekenin­ge hou kan jy nog hierdie diere later identifise­er. Daarsonder is dit egter noodsaakli­k dat jy haar daar en dan verwyder uit die trop en vet maak en slag (of net slag as sy in ’n goeie kondisie is). Indien jy ’n manier het om hulle te identifise­er, is speentyd en/of wanneer die veearts dragtig hei ds ondersoeke doen ,’ n goeie tyd om hierdie geïdentifi­seerde diere uit die kudde te verwyder. Swak kalf gespeen. Indien jy nie ’n skaal het nie, kan jy die swak kalwers ná speentyd weer vir ’n dag of wat by die trop sit. Wanneer die kalf by sy of haar ma uitkom, kan jy haar identifise­er en uitskot. Swak temperamen­t. Hierdie diere kos jou net geld en tyd. Raak so gou moontlik van hulle ontslae. Die reël is as jy ongemaklik voel in die kraal, is dit te erg. Dan moet hy of sy uitgeskot word. Temperamen­t kom van drie plekke af – geneties, vanweë groepsdruk of die gevolg van bederf weens die verkeerde hantering en/of swak hantering s geriewe. Die lelikes (jou definisie). Jou “lelik” kan vir iemand anders “mooi” wees. Skot dus die lelikes uit en verkoop hulle aan iemand wat dink hulle is mooi. Onthou, dié wat in die laaste 10 dae van die kalftyd kalf, is ook deel van die lelikes. As jy ’n lang dektyd en ’n kort kalftyd het, het jy onmiddelli­k ’n klomp koeie met kalwers om te verkoop. Oorweeg dié praktyk. Onthou net, dit verg baie dissipline.

KRY JOU PRIORITEIT­E REG

Indien jy dus nie aantekenin­ge hou nie, moet jy gedissipli­neerd genoeg wees om hierdie maniere te gebruik om so gou moontlik die verkeerde diere uit te skot. Doen dan baie moeite met die seleksie van die bulle, want dit is hulle wat die grootste bydrae tot jou uiteindeli­ke koeikudde lewer.

Wanneer jy wel aantekenin­ge het (en dit is my aanbevelin­g), maak seker jy gebruik dit om die regte koeie uit te skot. Onthou wat haar primêre werk is en laat dít die swaarste weeg wanneer jy haar prestasiee­valuasie doen om te bepaal of sy nog ’n jaar in die fabriek gaan bly en of jy haar kan vervang met ’n dier wat beter is.

Indien jy die regte bulle koop en die regte seleksie maatstawwe gebruik, behoort jou koeikudde gou fenotipies dieselfde te lyk. Dié wat mettertyd oorbly, sal die diere wees wat jou toestande en bestuur geniet en daarin floreer.

Dit is noodsaakli­k om na koste te kyk. As jy hierdie seleksiema­atstaf bysit, kry jy’ n groter uitval persentasi­e. Dit moet in berekening gebring word met vervanging. Hierdie situasie is egter net tydelik, en indien jy volhard, is die oorwinning soet en gou.

Laastens is dit belangrik om die belangriks­te aspekte van seleksie reg te kry. Met dié seleksieno­rm sal jy die diere identifise­er wat minder inbring as wat hulle ontvang. Wat help dit jy het ’n pragtige, vinnig groeiende kalf elke tweede jaar? Maak seker jy het elke jaar ’n lewende kalf. Dán kan jy die groei en die voorkoms bysit.

Moenie dat ’n aanhoudend­e strewe na ’n hoër individuel­e groeitempo en swaarder speenkalwe­rs jou visie vir totale winsgewend­e kilogram per hektaar gelewer, laat vervaag nie. NAVRAE: E-pos: gerritvanz­yl@mweb. co.za; sel 083 325 3047.

 ?? FOTO: GERRIT VAN ZYL ?? HOOFFOTO: Indien jy die regte bulle koop en die regte seleksiema­atstawwe gebruik, behoort jou koeikudde gou fenotipies dieselfde te lyk. LINKS BO: Mnr. Gerrit van Zyl.
FOTO: GERRIT VAN ZYL HOOFFOTO: Indien jy die regte bulle koop en die regte seleksiema­atstawwe gebruik, behoort jou koeikudde gou fenotipies dieselfde te lyk. LINKS BO: Mnr. Gerrit van Zyl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa