Werk ver­sig­tig met ge­bran­de veld

Die half­droë gras­veld­ge­bie­de van Suid-A­fri­ka loop ge­reeld in die win­ter on­der bran­de deur. Veld wat ge­brand het, be­no­dig veel lan­ger rus as wat die mees­te boe­re dink. Hier is raad oor hoe om sul­ke veld te be­stuur.

Landbou Vee - - Inhoud - Prof. Hen­nie Sny­man is ver­bon­de aan die de­par­te­ment vee-, wild- en wei­ding­kun­de van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat en dr. Mi­as van der Westhuizen is ver­bon­de aan die Vry­staat­se de­par­te­ment van land­bou op G­len. NA­VRAE: Dr. Mi­as van der Westhuizen, e-pos

Die pro­bleem van weg­hol­veld­bran­de raak on­ver­klaar­baar jaar­liks al hoe er­ger. Vee­boe­re sit ge­woon­lik met hul han­de in hul ha­re om­dat sul­ke bran­de groot­skaal­se wei­dings­ver­lie­se en ge­volg­lik in­ge­wik­kel­de voer­vloei­be­pan­ning ver­oor­saak.

Heel­wat na­vor­sing oor bran­de is die af­ge­lo­pe so­wat tien jaar in die half­droë gras­veld­ge­bie­de ge­doen ( TA­BEL op bl. 59). Hier­die in­lig­ting kan as rig­ly­ne dien vir veld­her­stel ná so ’n brand in dié ge­bie­de.

UIT­WER­KING OP PLAN­TE, GROND

Die pyn­li­ke ge­voel wat die vee­boer ty­dens ’n veld­brand beet­pak, be­hoort ook on­der­vind te word wan­neer hy of sy ge­bran­de veld te gou be­wei. E­ko­lo­gies ge­spro­ke is dit se­ker­lik dié ver­keerd­ste ding om in die droë en half­droë ge­bie­de van Suid-A­fri­ka te doen. Dit skuif jou wei­veld­pro­ble­me net aan en kan dit selfs ver­er­ger. Die vee­boer in hier­die ge­bie­de moet be­sef dat die wei­plant erns­tig be­na- deel is deur die vuur, wat ’n dras­tie­se ont­bla­rings­me­to­de is. Daar­om het die plant goeie be­han­de­ling no­dig.

Daar is dui­de­lik ge­toon dat ’n ge­wel­di­ge af­na­me (so­veel as 40%) in ba­sa­le be­dek­king een jaar ná ’n brand voor­kom. Selfs ná twee jaar van ont­trek­king van be­wei­ding was die be­dek­king in se­ke­re de­le steeds 16% tot 18% la­er as by on­ge­bran­de veld.

Die be­lang­rik­ste re­de vir die la­er ba­sa­le be­dek­king is om­dat de­le van die gras­pol (lo­te of die groei­punt) to­taal dood­ge­brand is deur die vuur. Dit is ge­woon­lik die kern van die gras­pol wat die groot­ste brand­ska­de on­der­vind, want dit is waar die vuur se in­ten­si­teit die hoog­ste is.

Hier­die la­er be­dek­king ver­laag nie net die plant­pro­duk­sie nie, maar bring ook mee dat wa­ter­af­loop toe­neem en die he­le wa­ter­ba­lans in die grond na­de­lig ge­raak word. Grond­e­ro­sie kan ook voor­kom. Ver­der is die ver­dam­pings­tem­po van­af ge­bran­de veld hoog en goeie be­sker­ming van die grond­op­per­vlak is nood­saak­lik.

Dit is ge­woon­lik die groot gras­pol­le wat die mees­te weens brand­ska­de af­sterf. Dié groot pol­le is ge­woon­lik on­ge­luk­kig die kli­maks­gras­se, soos rooi­gras ( T­he­me­da tri­an­dra), vin­ger­gras ( Di­gi­ta­ria e­ri­an­tha) en ter­pen­tyn­gras ( Cym­bo­po­gon pos­pis­chi­lii) wat ’n be­lang­ri­ke rol in die dier se voeding speel en guns­tig vir die veld­toe­stand is.

Dit was ook op­val­lend dat pi­o­nier­gras­se, soos els­gras ( Mi­co­chloa caf­fra), kruip­wor­tel­saad­gras ( Tra­gus koe­le­ri­oi­des), en een­ja­ri­ge krui­de weens die brand in­ge­kom het. Die sub­kli­maks­gras klein­vin­ger ( Di­gi­ta­ria ar­gy­ro­grap­ta) ver­meer­der ook ná ’n brand ten kos­te van rooi­gras. Hier­die ver­an­de­rings in spe­sie­sa­me­stel­ling ver­laag die veld­toe­stand en wei­ding­ka­pa­si­teit aan­sien­lik.

Die vuur­be­stand­heid van soet- en suur­veld moe­nie met me­kaar ver­war word nie. In die suur­veld, waar re­ën­val nie die be­per­ken­de fak­tor is wat plant­pro­duk­sie be­paal of be­ïn­vloed nie, word ’n dig­ter gras­be­dek­king met klei­ner en kor­ter gras­pol­le (ho­ër ba­sa­le be­dek­king en digt­heid) aan­ge­tref, teen­oor die y­ler, en­kel­stan­di­ge gras­pol­le wat ho­ër groei in die dro­ër de­le. Dit is kal­si­um in die grond wat groot­liks vir plant­hoog­te ver­ant­woor­de­lik is en in ’n groot ma­te weens die ho­ër re­ën­val in die suur­veld­de­le uit die grond ge­loog is.

Hier­die gro­ter al­leen­staan­de en ho­ër

gras­pol­le in dro­ër wei­veld­de­le ver­oor- saak ’n meer ge­kon­sen­treer­de vuur per gras­pol, wat tot die groot­skaal­se af­ster­wing van die groei­pun­te van pol­le lei.

Daar­teen­oor is die brand­ska­de aan gras­se in suur­veld­de­le nie so in­tens per gras­pol nie. Bran­de kan dié wei­veld se ge­hal­te self ver­be­ter deur­dat van on­smaak­li­ke of op­ge­hoop­te plant­ma­te­ri­aal ont­slae ge­raak word.

’n As­pek wat eg­ter nie uit die oog ver­loor moet word nie, is dat in die suur­der de­le die in­drin­ger­plant Se­riphi­um plumo­sum, ook be­kend as slang­bos, vaal­bos of ban­krot­bos, ge­wel­dig toe­neem ná ’n brand. Dit moet so gou moont­lik che­mies be­stry word.

Die af­na­me in plant­be­dek­king weens ’n brand lei ook tot ’n toe­na­me in die grond­tem­pe­ra­tuur en ver­oor­saak grond­ver­dig­ting, wat weer tot ’n af­na­me in die grond­wa­ter­in­houd en min­der or­ga­nie­se ma­te­ri­aal (hu­mus) in die grond lei. Die grond­tem­pe­ra­tuur het by­voor­beeld in een ge­val in die eer­ste jaar ná die brand met 9 °C net on­der die grond­op­per­vlak toe­ge­neem, met die grond­wa­ter­in­houd wat 31% la­er was. Die grond­ver­dig­ting was dub­beld dié van nie-ge­bran­de veld.

Baie van hier­die na­de­li­ge grond­kun­di­ge in­vloe­de was twee jaar ná die brand nog nie op­ge­hef nie.

Wat plant­pro­duk­sie be­tref, het die ge­bran­de veld in ál die ge­bie­de wat on­der­soek is, ook twee vol­le groei­tye no­dig ge­had om in te haal by nie-ge­bran­de veld.

Die toe­stand (ge­sond­heid) van die veld is ver­al in die eer­ste jaar ná die brand ge­wel­dig na­de­lig deur die brand ge­raak. Twee groei­tye ná die brand was die wei­ding­ka­pa­si­teit steeds la­er as dié van nie­ge­bran­de veld.

Die toe­stand waar­in veld ver­keer, as­ook die be­stuur daar­van voor en ná bran­de, is van die groot­ste fak­to­re wat ’n rol speel in die her­stel­pro­ses. Ná bran­de is die veld be­son­der ge­voe­lig vir ont­bla­ring. Daar­om moet teen ver­keer­de be­nut­tings­prak­ty­ke ge­waak word. Veld wat voor bran­de ’n groei­tyd se rus ont­vang het, sal vin­ni­ger her­stel as veld wat oor­be­nut was.

ONTTREKKINGSTYDPERK

Van­uit ’ n e­ko­lo­gie­se oog­punt ge­sien, moet wei­veld in die half­droë gras­veld­ge­bie­de vir min­stens twee groei­tye (die dor­man­te win­ter­tyd­perk in­ge­sluit) van be­wei­ding ont­trek word ten ein­de vol­hou­ba­re pro­duk­sie te ver­se­ker. In­dien die re­ën­val in die op­volg­sei­soe­ne ná die brand laag en wis­sel­val­lig is, sal meer as twee jaar se ont­trek­kig no­dig wees.

In die nat­ter suur­veld­de­le van K­waZu­lu-Na­tal, Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga her­stel die gras­se vin­ni­ger en hoef weiding vir ’n kor­ter tyd­perk ont­trek te word. In daar­die de­le is re­ën­val nie die be­per­ken­de om­ge­wings­fak­tor wat plant­pro­duk­sie be­paal of be­ïn­vloed nie, daar­om die veel kor­ter onttrekkingstydperk van die­re van­af dié veld ná ’n brand.

In die suur­veld­de­le word die veld selfs vir min­der as ’n groei­tyd ont­trek. Daar be­staan selfs be­stuur­stel­sels waar kam­pe ’n groei­tyd­lank­ru­sen­in­die­vol­gen­de­jaar­ge­brand word. So­dra vol­doen­de be­wei­ba­re ma­te­ri­aal be­skik­baar is, word die­re in ’n kamp in­ge­jaag. Dit geld be­slis nié vir half­droë ge­bie­de nie.

Die suur­veld­de­le het ’ n ge­hal­te­pro­bleem wat met pe­ri­o­die­ke brand reg­ge­stel kan word, ter­wyl die half­droë gras­veld­de­le ’ n hoe­veel­heids­pro­bleem het en die veld doel­tref­fend be­nut kan word son­der om dit te brand.

Daar is be­vind as ge­bran­de veld in die rooi­gras­veld van die sen­tra­le Vry­staat reeds in die voor­jaar be­wei word, kan die pro­duk­sie van Ok­to­ber tot A­pril in die daar­op­vol­gen­de groei­tyd ge­mid­deld 48% la­er wees. ’n Vol­le groei­tyd se rus na­dat die brand op­ge­volg is deur be­wei­ding in Ok­to­ber het steeds ’n pro­duk­sie­ver­lies van 23% ver­oor­saak. Hoe vroe­ër ná die brand die veld weer be­wei word, hoe gro­ter is die na­de­li­ge oor­drag­ef­fek ten op­sig­te van voer­pro­duk­sie.

’n An­der as­pek wat ook ver­mel­ding ver­dien, is die im­pak van brand op wor­tel­groei en der­hal­we die her­stel van

ge­bran­de wei­veld. In­ten­sie­we wor­tel­na­vor­sing het ge­toon dat brand ge­paard­gaan met groot­skaal­se wor­tel­af­ster­wing van tot 59% min­der wor­tel­mas­sa in die eer­ste jaar ná brand in die eer­ste 100 mm van die grond.

Die gras­plant is ’n ge­ba­lan­seer­de een­heid wat bo- en on­der­grond­se plant­de­le in­sluit. ’n Gras­pol be­staan uit ’n ver­sa­me­ling lo­te, elk met sy eie groei­punt en wor­tels. As ’n loot ge­volg­lik weens ’n brand af­sterf, vrek daar­die loot se wor­tels ook.

Die twee groei­tye rus wat die wei­veld in half­droë ge­bie­de be­hoort te ont­vang ná ’n brand, maak ge­volg­lik ook voor­sie­ning vir wor­tel­her­stel. ’n Swak ont­wik­kel­de wor­tel­stel­sel lei tot ’n droog­te­ge­voe­li­ge plant, as­ook een met la­er bo- grond­se pro­duk­sie. Ge­bran­de veld is ge­woon­lik die eer­ste om te­kens van ver­wel­king te toon weens swak­ker wor­tel­ont­wik­ke­ling en plant­be­dek­king.

Hoe­wel brand nor­maal­weg saad­ont­kie­ming sti­mu­leer, is die oor­le­wing van dié saai­lin­ge baie laag.

Ie­mand kan dalk re­de­neer as die brand deur ja­re met bo­ge­mid­del­de re­ën­val op­ge­volg word, kan die leng­te van die onttrekkingstydperk ver­kort word. Dit is nie waar nie, aan­ge­sien dit nie die to­ta­le re­ën­val is wat be­lang­rik is nie, maar die sei­soens­ver­sprei­ding daar­van.

In ’n ge­val van hoë to­ta­le re­ën­val, maar swak ver­sprei­ding, word aan­be­veel dat die vol­le aan­be­vo­le onttrekkingstydperk ge­volg word.

Die min­ste twee vol­le groei­tye rus wat vir half­droë wei­veld­de­le aan­be­veel word, is dus daar­op ge­rig om al­le fi­si­o­lo­gie­se en fe­no­lo­gie­se as­pek­te van die plant, as­ook die grond­kun­di­ge kom­po­nen­te bin­ne die wei­din­ge­ko­stel­sel, toe te laat om te her­stel.

Baie keer is dit juis boe­re se spaar­kam­pe wat ty­dens veld­bran­de af­brand. In hier­die ge­val is die kam­pe nog nie be­nut nie en word dit hoof­saak­lik ge­oor­merk vir be­nut­ting in die len­te. Om­dat daar baie ma­te­ri­aal in hier­die kam­pe is, word ’n baie warm vuur ge­ge­ne­reer, wat ver­oor­saak dat ska­de aan gras­pol­le nog er­ger is as by kam­pe wat voor die brand be­nut was. Die her­stel­tem­po van hier­die spaar­veld is ook heel­wat sta­di­ger.

Die ge­bran­de op­per­vlak­te is die werk­li­ke deel wat ge­brand het. Wan­neer s­legs ’n deel van ’n kamp ge­brand het, staan die to­ta­le kamp eg­ter as die ge­raak­te ge­bied be­kend. In­dien ’n deel van ’n kamp af­ge­brand het, moet die­re aan die he­le kamp ont­trek word, an­ders gaan die die­re groot­liks op die ge­bran­de deel kon­sen­treer en dit oor­be­nut, wat tot erns­ti­ge vel­dag­ter­uit­gang kan lei.

Ge­raak­te kam­pe wat in die herfs, win­ter of vroeë len­te ge­brand het, kan na­tuur­lik be­wei word voor die ge­bran­de de­le be­gin uit­loop.

Som­mi­ge na­vor­sers meen in­dien min­der as 10% van ’n kamp ge­brand het, kan die he­le kamp wel be­wei word. As meer as 10% ge­brand het, moet die he­le kamp rus of, in­dien moont­lik, moet net die ge­bran­de deel af­ge­span en ont­trek word

van be­wei­ding. Laas­ge­noem­de si­tu­a­sie is nie al­tyd prak­ties moont­lik of e­ko­no­mies reg­ver­dig­baar nie.

PRAK­TIE­SE RIG­LY­NE

In die prak­tyk is dit nie al­tyd moont­lik om ge­bran­de veld twee sei­soe­ne lank van be­wei­ding te ont­trek nie. In­dien s­legs ’n klein deel van die plaas ge­brand het, kan bo­ge­noem­de rig­ly­ne ge­volg word. Hier­die rig­ly­ne moet van­uit ’n e­ko­lo­gie­se oog­punt be­skou word. In­dien dit ge­volg word, sal plan­te die vin­nig­ste her­stel.

Hoe gro­ter die ge­bran­de de­le op ’ n plaas is, hoe moei­li­ker raak dit om veld prak­ties vir twee jaar van be­wei­ding te ont­trek. Die boer moet dus sy veld só be­stuur dat die mi­ni­mum ska­de op lang ter­myn aan­ge­rig word. Hy kan soos volg te werk gaan: Her­be­re­ken die wei­ding­ka­pa­si­teit, ver­min­der vee en be­plan vir voer­aan­ko­pe of huur­grond. Hou net jou pro­duk­tie­we kern­aan­teel-bees­kud­de. Lam­mers, kal­wers en ou die­re kan in ’n voer­kraal af­ge­rond en be­mark word. Die per­sen­ta­sie jong ver­van­gings­die­re kan ook tot die mi­ni­mum be­perk word. Ge­raak­te kam­pe waar­van s­legs de­le ge­brand het, kan di­rek ná die brand be­wei word om so­doen­de die nie-ge­bran­de de­le te be­nut. Hier­die be­nut­ting is van kor­te duur. So­dra die ge­bran­de veld be­gin uit­loop, moet die die­re ver­wy­der word. Ná bo­ge­noem­de be­nut­ting moet ge­bran­de veld glad nie in die len­te be­nut word nie. Die­re moet ook nie op hier­die veld ge­voer word nie en eer­der in kra­le ge­voer word. Die vroeg­ste wat wei­veld weer lig be­nut kan word, is in die eer­ste win­ter (dor­man­te tyd­perk). Ná hier­die be­nut­ting moet dit weer in die vol­gen­de groei­tyd ont­trek word. Dit kan eers weer in jaar twee ty­dens die herfs en win­ter be­nut word (mits daar vol­doen­de re­ën en her­stel in die vo­ri­ge jaar was). In­dien s­legs ’n deel van ’n plaas af­ge­brand het, kan die on­ge­bran­de kam­pe eer­der ty­de­lik ’n bie­tjie straw­wer be­wei word (la­ter moet weer vol­doen­de rus in­ge­bou word) as om e­nig­sins ge­bran­de veld te gou te be­wei. Ver­der moet ’n doel­tref­fen­de wei­ding­stel­sel met vol­doen­de rus toe­ge­pas word om so­doen­de die veld vol­ko­me te laat her­stel.

VOOR­KO­MING DIE BES­TE

Uit­ein­de­lik, soos die spreek­woord lui, is voor­sorg al­tyd be­ter as na­sorg. Dit is ook van toe­pas­sing op wei­veld­be­stuur.

Dit is nie net die aan­skaf­fing van die no­di­ge brand­be­stry­dings­toe­rus­ting wat be­lang­rik is nie, maar ook die vroeg­ty­di­ge maak van brand­paaie om pro­duk­sie­ver­lie­se te voor­kom. In­ska­ke­ling by jou plaas­li­ke brand­be­stry­ding­ver­e­ni­ging is baie be­lang­rik ten op­sig­te van voor­skrif­te vir die maak van brand­ba­ne in jou om­ge­wing. Sa­me­wer­king met bu­re is nood­saak­lik in die voor­ko­ming en be­stry­ding van veld­bran­de.

Daar be­staan ver­skeie be­na­de­rings ten op­sig­te van die maak van brand­paaie. Daar­van is die brand van pad­skou­ers se­ker die i­de­aal­ste. Dit is ver­al die brand van die skou­ers van bin­ne- of grond­paaie wat doel­tref­fend is. Die ploeg of sny van stro­ke om die plaas word ook al­ge­meen toe­ge­pas.

Daar be­staan ook an­der me­to­des, soos die ge­bruik van vier sink­pla­te wat in ’n vier­kant aan­me­kaar vas­ge­bout word. Die gras daar­bin­ne word aan die brand ge­steek en na­dat dit uit­ge­brand het, net aan­ge­skuif om uit­ein­de­lik ’n vol­le strook te brand. Hier­die teg­niek staan be­kend as die Bo­tha Fi­re­box. Dit is deur mnr. An­dries Bo­tha van A­de­lai­de ont­wik­kel.

Maak se­ker dat die kli­maats­toe­stan­de net reg is wan­neer brand­paaie aan­ge­pak word om weg­hol­bran­de te ver­my.

Bran­de gaan ge­paard met groot­skaal­se wor­tel­af­ster­wing.

Dr. Mi­as van der Westhuizen (links) en prof. Hen­nie Sny­man.

BO: ’n Mooi s­tuk rooi­gras­veld ( T­he­me­da tri­an­dra) in die Vry­staat.

ON­DER: Die gras­pol in die mid­del, waar die vuur die warm­ste was, is steeds dood ’n jaar ná die brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.