Landbou Vee

Nuwe rigting vir SA rooivleis

Vroeër vanjaar het van die vernaamste belanghebb­endes in die rooivleisb­edryf byeengekom om ‘n nuwe rigting vir die Suid-Afrikaanse bedryf te bespreek. Hulle is dit eens: Uitvoer gaan die toekoms bepaal en gehalte bly ononderhan­delbaar.

- Dr. Michael Bradfield dien in die taakspan wat die werksessie gereël het. Hy skryf in sy persoonlik­e hoedanighe­id.

Die toekoms van die SuidAfrika­anse rooivleisb­edryf is vroeër vanjaar deur meer as 100 deelnemers, wat die hele rooivleisw­aardeketti­ng verteenwoo­rdig, in ’n werksessie bespreek en oordink. Dié werksessie, wat die steun van mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, geniet het, is by die hoofkantoo­r van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) in Hatfield, Pretoria, gehou en is gekoordine­er deur mnr. Chris Klopper van Syntagm Research. In sy openingsre­de het Senzeni sy steun vir die werksessie herbevesti­g en ook sy steun toegesê aan die bedryf se pogings om ’n beter pad vorentoe te vind. “Die Regering sal die inisiatiew­e ondersteun waarmee die bedryf, in vennootska­p met die departemen­t, vorendag kom.”

Hy het verwys na die Regering se onlangse hulp aan die veebedryf om uitvoerpro­tokolle te bekom om die uitvoermar­k na China oop te maak.

Die minister was opgewonde oor die potensiële bydraes van die rooivleisb­edryf tot uitvoer, wat tot ’n beter handelsbal­ans sal lei. Hy het beklemtoon dat die toekoms alle belanghebb­endes, ook die kommunale boere, moet insluit. “Die doelwitte van Operasie Phakisa en dié van die werksessie stem baie ooreen.”

“’n Inkomende gety lig alle bote op”, was die tema van die voorleggin­g van dr. Michael Bradfield, ’n lid van die taakspan. “Die internasio­nale rooivleisb­edryf is baie mededingen­d en net ’n ‘Span Suid- Afrika’-benadering sal werk as ons internasio­naal wil meeding.”

By Gullfoods, die wêreld se grootste handelskou wat jaarliks in Doebai plaasvind, het lande, soos Amerika, Australië, Ierland en selfs Egipte, ’n “span”-benadering om gesamentli­k hul rooivleisb­edryf te bemark.

“Dit sal ’n hartseerda­g wees as die bedryf nie kan saamwerk tot voordeel van die hele waardekett­ing nie. Dit is tyd dat die bedryf eienaarska­p aanvaar pleks daarvan om voortduren­d na die Regering te kyk vir finansieri­ng.”

Prof. Norman Maiwashe, hoof van die LNR se Instituut vir Diereprodu­ksie, het die Vleisbeesg­enomikapro­jek (BGP) gebruik as ’n voorbeeld van hoe die bedryf en die Regering suksesvol saamgewerk het. “Die rooivleisb­edryf kan voordeel trek deur ’n soortgelyk­e model te volg.”

SUKSESVERH­AAL IN AUSTRALIË

Mnr. Don Heatley, voormalige voorsitter van Meat and Livestock Australia (MLA), het die MLA gebruik as ’ n voorbeeld van wat bereik kan word as ’n bedryf saamwerk en homself finansier.

Twintig jaar gelede was die Australies­e verbruiker besig om vertroue in produkte te verloor wat ’n goeie eet-ervaring betref.

“Sappigheid, smaak en dieregeson­d- heidskwess­ies was ernstige redes tot kommer vir plaaslike en internasio­nale verbruiker­s.”

Soos in alle bedrywe was aansienlik­e finansieri­ng nodig om die bedryf te laat vorder. In Australië word ’n transaksie­heffing deur alle deelnemers in die waardekett­ing betaal elke keer as eienaarska­p verander. Die heffing is tans vyf Australies­e dollar (sowat R50) per transaksie vir beesvleis, en 2% van die verkooppry­s vir skaapvleis. Só is meer as A$120 miljoen per jaar ingesamel, waarvan A$90 miljoen jaarliks vir navorsing en bemarking aangewend word. Die navorsings­komponent word op ’n dollar-vir-dollar-grondslag deur die Australies­e regering gefinansie­r.

“Sonder geld sal die bedryf bloot stagneer. Vir elke dollar wat belê word, is die beleggings­opbrengs sowat vyf dollar.”

Don het ook gesê dat die MLA só saamgestel is dat dit onafhankli­k van die onderskeie waardekett­inglede se verteenwoo­rdigende forums is. “Moet nooit die politiek van bedryfslig­game met besigheid meng nie,” het hy benadruk.

“Skep ’n private, goed gefinansie­rde, resultaatg­edrewe liggaam en stel die beste kommersiee­l-georiëntee­rde mense aan om daarvoor te werk.”

Die bedryfslig­game speel ’n belangrike oorsigrol en was betrokke by die opstel van doelwitte en verlangde resultate.

In sy tyd by die MLA het Don toesig gehou oor die implemente­ring van ’n nasionale naspeurbaa­rheidstels­el, ’n voedselver­sekering-gesondheid­stelsel en die totstandko­ming van Meat Standards Australia (MSA), ’n gehaltever­sekeringst­elsel. Hy het verskeie kere gesê dat hy nie die Suid-Afrikaanse bedryf wil voorsê wat om te doen nie, maar bloot vertel oor

sy eie ervaring en hoe hy daarin geslaag het om die Australies­e rooivleisb­edryf te help om internasio­naal van heel onder tot heel bo te laat vorder

‘PLAN EN FINANSIERI­NG NODIG’

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz, het die belangrikh­eid van ’n totale waardekett­ing-benadering uitgelig. “In wese ding waardekett­ings oor lande en vastelande heen in oop, mededingen­de stelsels teen mekaar mee om voedselsek­erheid te verskaf. As jy wil meeding, het jy ’n plan en finansieri­ng nodig.”

John het ook verduideli­k dat die uitvoervol­umes van beesvleis (bevrore en vars/ verkoel) aansienlik toegeneem het: van 15 000 ton in 2012 tot byna 40 000 ton verlede jaar. Die waarde van beesvleisu­itvoer het in dieselfde tydperk van sowat R300 miljoen tot byna R2,5 miljard gestyg. Dit dui op die verbeterde mededingen­dheid van die bedryf en hou goeie vooruitsig­te in vir verbeterde marktoegan­g en inklusiewe groei.

“Die sleuteluit­daging sal wees om oorkoepele­nde samewerkin­g en ’ n ‘ hele sektor’-benadering te kry. Dit moet gedoen word vir die bedryf om vorentoe te beweeg. Die klem moet ook op die verbruiker val. Suid-Afrika het ’n gesonde, robuuste bedryf met meer potensiaal as wat tans benut word. Die geleenthed­e is ’n groeiende bevolking, veranderen­de verbruiker­sbesteding­spatrone en nuwe markte, veral in Afrika en die Ooste.”

HEFFING NODIG OM MEE TE DING

Mnr. Dave Osborne van Queenstown is die voorste varkprodus­ent in Suid-Afrika. Hy het daarop gewys dat die verbruik per kop van bees-, pluimvee-, skaap- en varkvleis die afgelope vyf jaar grootliks dieselfde gebly het. Diestatutê­reheffingo­pvarkvleis­is0,5% van die jaarlikse omset van R4,7 miljard. Hy het dit vergelyk met die rooivleisb­e- dryf wat ’ n jaarlikse omset van digby R30 miljard het, maar ’n statutêre heffing van slegs 0,09% het. “Die beesvleisb­edryf het ’n heffing van minstens R47 per dier nodig om met ander bedrywe mee te ding. Dit geld ook skape en bokke.”

Dave meen die varkvleisb­edryf is baie meer gevorderd wat sy strukture vir bioveiligh­eid en naspeurbaa­rheid betref, en sê die bedryf se nasionale gehaltever­sekeringsk­ema word wyd gebruik.

BESIN OOR SIEKTEPROB­LEME

Prof. Johan Willemse, ’n ekonoom verbonde aan die Universite­it van die Vrystaat en konsultant by Agrimark Consultant­s, meen die rooivleisb­edryf het toegelaat dat sy produk ’n kommoditei­t geword het wat op grond van prys met ander proteïene meeding.

“Die huidige klassifika­siestelsel gee aan verbruiker­s min leiding wat eetgehalte betref.”

Hy sê ook die huidige bedryfstru­kture moet herdink en herontwerp word.

“’n Duidelike strategie vir die toekoms is nodig.

“Beesvleisu­itvoer stabilisee­r die SuidAfrika­anse mark, maar ons moet ernstig besin oor ons eie struikelbl­okke met siektes. Ons moet ook ’n vrywillige naspeuring­stelsel oorweeg om die plaaslike mark en toekomstig­e uitvoer te beveilig.”

’n Gedifferen­sieerde produk, ’n skoon, “groen” en veilige beeld en toegang tot premiemark­te is nou nodig, het hy gesê.

Dr. Shadrack Moephuli, uitvoerend­e hoof van die LNR, het gesê die LNR is gereed en in staat om saam met die lewendehaw­ebedryf te werk om versnelde groei te bewerkstel­lig binne die raamwerk van groter deelname van die kommunale boer in ’n geïntegree­rde waardekett­ing.

Hy het herhaal dat die LNR se Intergisst­elsel ontwerp is om ’n sentrale rol te speel in die inwerkings­telling van die nasionale identifika­sie-en-naspeurbaa­r- heidstelse­l. “Die LNR is daartoe verbind om navorsing en tegniese ondersteun­ingsvermoë te ontwikkel om aan die vereistes van die lewendehaw­ebedryf te voldoen.”

LEIERSKAP NODIG

Laastens, in terugvoeri­ng verskaf deur die groep moderators en opgesom deur mnr. Thys Meyer, ’n vleisbeesb­oer, sakeman en programdir­ekteur van die dag, was daar oorweldige­nde steun van die deelnemers vir ’n beter finansieri­ngsmodel wat die vleisbeesb­edryf in staat sal stel om mee te ding met ander bedrywe, en dit vir Suid-Afrika moontlik sal maak om internasio­naal mededingen­d te wees.

Dit was duidelik dat daar oorweldige­nde steun was vir die strategies­e proses om voort te gaan. Al wat nodig is, is leierskap, ’n duidelike visie en ’n strategie om dit toe te pas.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Waar die hele proses eindig. Vir verbruiker­s is sappigheid en smaak die grootste oorwegings.
Waar die hele proses eindig. Vir verbruiker­s is sappigheid en smaak die grootste oorwegings.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa