Landbou Vee

Intensiewe stelsels verg skaalekono­mie

Vanweë die behoefte aan vertikale uitbreidin­g op skaapplase raak die belangstel­ling in intensiewe boerdery ál groter. Versnelde lamtye is egter teen die natuur en verg uitstekend­e bestuur. ’n Kenner vergelyk ’n intensiewe en ekstensiew­e stelsel.

- NAVRAE: Dr. Philip Theunissen, e-pos: philip@computus.co.za

Skaapboerd­ery is geskoei op ’n stelsel van natuurlike kuddebestu­ur sedert skape sowat 12 000 jaar gelede vir die eerste keer makgemaak is. Dié tradisione­le stelsel maak gebruik van ’n ooi se natuurlike neiging om in die herfs dragtig te raak en dan in die lente, wanneer natuurlike weiding volop is, te lam.

Sedertdien is baie skaaprasse egter al geselektee­r om in die lente gedek te word en in die herfs te lam wanneer ander tipes voedsel, soos oesreste, volop is.

Meer lammers beteken meer inkomste. Gevolglik eksperimen­teer verskeie boere en navorsings­instelling­s nou al dekades lank om die aantal lammers wat ’n ooi per jaar kan lewer, te verhoog deur die ooi óf meer lammers per keer te laat kry óf meer gereeld as een keer per jaar te laat lam.

Die stelsel wat skynbaar die beste werk, is die sterstelse­l van die Cornell-universite­it in New York, Amerika, waar ’n ooi vyf keer in drie jaar lam. In wese behels dit dat ’n ooi net meer as vyf maande lank dragtig is, dat die lammers op die ouderdom van agt weke gespeen word, dat die ooi vier weke herstelkan­s kry en dan weer vir ’n volgende lamsiklus gedek word. Só lam sy elke agt maande. As sy boonop meerlinge kan kry, is ’n jaarlikse lampersent­asie van 180 moontlik.

’n Mens wil egter onwillekeu­rig vra hoe versnelde lamstelsel­s eerstens met mekaar vergelyk en dan hoe dit teenoor ekstensiew­e, jaarlikse lamstelsel­s vaar.

TEEN DIE NATUUR

Versnelde lamtye trek voordeel uit die vrugbaarhe­id en kort dragtighei­dsperiode van skape. Daarom maak sulke lamstelsel­s op die volgende staat: Ooie moet met meer gereelde intervalle lammers kry. Die duur van die lamtyd moet verkort word. Die meeste ooie moet meerlinge kry. Ooie moet vinniger ná die lamtyd weer dekbaar wees. Vrektes, veral by meerlinge, moet tot die minimum beperk word. Die ooie se melkproduk­sie moet hoog wees om meerlinge te kan grootmaak. Groot hoeveelhed­e voer moet onbeperk beskikbaar wees. Kortom, versnelde lamtye is teen die natuur van die ooi én die natuurlike beskikbaar­heid van voedsel en vereis dus drastiese ingryping deur die boer. Gevolglik gaan sulke stelsels noodwendig gepaard met die kunsmatige aansporing van die ooi se estrum, sinchronis­asie van ’n kudde se estrum, in sommige gevalle die gelyktydig­e kunsmatige bevrugting van die kudde deur middel van laparo- skopie en ook die verskaffin­g van volvoerran­tsoene aan ooie én lammers, meestal in lamhokkies. Die somtotaal daarvan is dat ’n versnelde lamtydstel­sel aansienlik meer uitgawes tot gevolg het en dus ’n baie groter mate van bestuur verg.

VERGELYKEN­DE SYFERS

TABEL 1 bevat vergelyken­de syfers van verskillen­de lamstelsel­s. Die volgende aannames is van toepassing: Die effektiewe speenperse­ntasie is bereken vanaf die ooie wat gedek is en sluit in ooie wat nie dragtig was nie, ooie wat dragtig was, maar nie gelam het nie en lammers wat gevrek het. Hoe korter die laminterva­l, hoe ligter is die lammers se speengewig omdat die ooi nie tyd gegun word om self die lam tot by ’n swaarder gewig te voed nie. Ligter lammers het ’n premie van R2/kg bo die normale prys danksy die aanvraag daarvoor deur voerkrale. Volgens TABEL 1 lewer die intensiewe stelsel met ’n lamtyd elke nege maande die hoogste inkomste, naamlik R1 960/ ooi/jaar. Dit word behaal met 1,6 lammers per ooi per jaar wat gemiddeld 34 kg weeg en teen R32/kg verkoop word. Die inkomste sluit R200 se wolverkope in.

Tabel 1 toon dat die totale uitgawes van die ekstensiew­e stelsel, wat van natuurlike weiding in die somer en oesreste in die winter gebruik maak, die laagste is, naamlik R475/ooi/jaar.

Die totale uitgawes van die intensiewe stelsel waar daar elke agt maande gelam word, is die hoogste, naamlik R1 579/ ooi/jaar. Gevolglik is hierdie stelsel se wins van R238/ooi/jaar ook die laagste.

Die wins van die ekstensiew­e stelsel, wat natuurlike weiding in die somer en groenvoer in die winter gebruik, is die hoogste, naamlik R1 004/ooi/jaar.

SKAALVOORD­ELE

Daar is wel skaalvoord­ele betrokke om

intensief met skape te boer. TABEL 2 toon die resultate wanneer die boerdery se produksie-eenhede meer word. Die aanname is dat ekstensiew­e skaapboerd­erye nie so maklik soos intensiewe boerderye uitgebrei kan word nie omdat dit beteken nog grond moet bygekoop word.

Hoewel ekstensiew­e skaapboerd­ery met groenvoer se wins per ooi die hoogste is, toon die tabel dat die wins per boerdery met 100 ooie R100 405 sal beloop en daar sal bly omdat uitbreidin­g beperk is.

Daarteenoo­r kan die intensiewe stelsel waarin ooie elke 12 maande lam, se wins per boerdery tot R246 671 verhoog word indien daar 500 ooie in produksie is.

Skaalvoord­ele maak dus ’n verskil wanneer die onderskeie stelsels se winsgewend­heid met mekaar vergelyk word.

HULPBRONBE­NUTTING

Enige boerderyst­elsel moet uiteindeli­k oor die optimale benutting van beskikbare hulpbronne gaan. Die basiese beginsel is dat die boer self moet besluit hoeveel hy van ’n produk kan lewer met die hoeveelhei­d arbeid, grondstof en kapitaal wat tot sy beskikking is. Daar is eerstens ’n fisieke verwantska­p, byvoorbeel­d die verwantska­p tussen die hoeveelhei­d voer om ’n hoeveelhei­d vleis te lewer. Die fisieke hoeveelhed­e word dan tweedens in ’n finansiële verwantska­p uitgedruk, naamlik die uitgawe aan ’n kilogram voer teenoor die inkomste uit ’n kilogram vleis.

Waar een van die komponente binne dié verwantska­p ’n beduidende impak op die ander een het, soos voerkoste op vleisprodu­ksie, raak dit al hoe belangrike­r om die optimale punt van produksie te vind én te handhaaf.

Intensiewe lamstelsel­s met volvoerran­tsoene laat min ruimte om van dié optimale punt af te wyk.Tydens ’n droogte is voerrantso­ene baie duur. Dit sal in ’n droogte dus maak dat intensiewe skaapboerd­ery minder winsgewend is, terwyl vleispryse aanvanklik laer sal neig soos vee verkoop word. Dr. Philip Theunissen is ’n rekenmeest­er en landbou-ekonoom van Bethlehem. Die bronne van die inligting in die tabelle is by hom beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa