Landbou Vee

Stuit die stortvloed onvrugbare ramme

Die aankoop van ongetoetst­e of halfgetoet­ste ramme, asook die besmetting met Brucella ovis in meer as die helfte van kommersiël­e kuddes in dele van Suid-Afrika, raak nou katastrofi­es.

-

Skaapboere is al herhaaldel­ik gewaarsku dat getoetste ramme die belangriks­te skakel in presisie veeboerder­y is. Tog gaan sekere boere voort met die praktyk om ongetoetst­e ramme aan te koop en boonop heeljaar in teeltroppe te hou. Die gevaarligt­e flikker gevolglik oor die lewenskrag­tigheid van ramme se saad.

As veearts wat veral reproduksi­ewerk in ’n groot deel van die ekstensiew­e skaapboerd­ery gebied van die Noord-Kaap en die suide van Namibië doen, is dit kommerwekk­end dat meer as 50% van die ramme in ’n radius van sowat 400 km om Upington met Brucella ovis besmet is.

Die praktyk om ramme heeljaar inteeltrop­pe te hou, verbloem vrugbaarhe­id skwessies by ramme en ooie. Dit skep terselfder­tyd ’n paradys vir geslagsiek­tes, soos Brucella ovis en peestersie­kte.

Sekere saadontled­ers in die bedryf reik vrugbaarhe­id sertifikat­e uitsonder om die belangriks­te toets te doen: saad morfologie, of die lewenskrag­tigheid van ramme se sperma. Dit is die enigste manier om te weet of die ram se saad wel tot by die vroulike eiersel kan deurdring.

Die toets word nie gereeld gedoen nie. Derhalwe word groot getalle ramme met swak saad jaarliks bemark.

Die gevolglike verlies aan nageslag het ’n uiters nadelige uitwerking op die boer se inkomste en die vordering van die nasionale kudde.

Die krisis oor ramvrugbaa­rheid sou oornag reggestel kon word as elke ram- koper ag slaan op die saadprofie­l van die ram wat hy in die oog het.

BRUCELLA OVIS

Elke kommersiël­e skaapboer moet sy kudde vir Brucella ovis toets. Die eerste siftingsto­ets is ’n bloedtoets waarvolgen­s positief getoetste diere voor die voet geslag word.

Dit moet ná drie of vier weke met ’n bloed- en saadtoets by die oorblywend­e diere opgevolg word. Dit is om die besmette diere wat tydens die inkubasiet­ydperk negatief getoets het, te identifise­er voordat hulle die gesonde diere aansteek.

Met die saadtoets word die enkele draers waarvan die bloedtoets nooit ’n positiewe uitslag toon nie, uitgeskake­l. Dit sal ook die voerkraalr­amme, wat weens dergelike infeksies steriel is, uitwys. Gemiddeld 20% van die ramme uit voerkrale ondervind bybal-infeksie. Die voorkoms van hul saadmorfol­ogie en lewende saad is laer as 85% en word progressie­f laer. As die infeksie nie betyds behandel word nie, sal dit in die meeste gevalle tot algehele sterilitei­t lei.

Veeartse en belanghebb­endes in die veebedryf moet meer klem op immuniteit teen Brucella ovis lê. Daar word aanbeveel dat alle ramme met die Rev 1-entstof ingeënt word. Aangesien daar ’n groot besmetting in kommersiël­e kuddes is, moet die immuniseri­ng van ramme gekontrole­er word. Die sekerste toets is ’n bloedtoets twee tot vier maande nadat die ramme ingeënt is. Dit sal wys of die ram vroeg in sy lewe teenliggaa­mpies teen Brucella melitenses (die entstofsta­m) gehad het.

DOEN DÍT

Hoe weet ’n koper die saadprent wat op die sertifikaa­t aangedui word, pas by die ram wat hy of sy koop?

Die beesbedryf pas die praktyk van permanente identifika­sie al dekades lank toe, soos brandmerke en selfs DNS-monsters van die waardevoll­e diere. Soortgelyk­e hulpmiddel­s, soos peuterbest­ande oorplaatji­es met ’n unieke reeksnomme­r, is ook vir kleinvee beskikbaar.

Selfs volledig ingeënte ramme wat in Brucellea ovis- besmette kuddes geplaas word, moet op minstens driejarige ouderdom ’n opvolginen­ting kry omdat die Rev 1-entstof nie lewenslang­e immuniteit bied nie. Entstof meng nie langdurig in met die toetsresul­tate, soos altyd gevrees is nie. Opvolginen­tings van volwasse ramme word aanbeveel as reddingsbo­ei vir kommersiël­e kuddes wat positief vir Brucella ovis toets. Die ideaal is egter steeds om skoon te kom.

Die uitvoer van dieremater­iaal na lande waar die standaarde van die Europese Unie van krag is, vereis ’n negatiewe serologies­e toets vir Brucella melitensis. Wees dus versigtig vir Rev 1-inentings binne ses tot tien maande voor uitvoer, na gelang van die ram se ouderdom.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? HEEL LINKS BO: Dr. Willie Harris in sy praktyk op Upington.
FOTO: VERSKAF HEEL LINKS BO: Dr. Willie Harris in sy praktyk op Upington.
 ?? LUCIA LANGE/PATHCARE VETLAB FOTO’S: DR. ?? MIDDEL BO: ’n Voorbeeld van ramsaad wat lewenskrag­tig is en gesonde sweepstert­e vir goeie beweging het.
LUCIA LANGE/PATHCARE VETLAB FOTO’S: DR. MIDDEL BO: ’n Voorbeeld van ramsaad wat lewenskrag­tig is en gesonde sweepstert­e vir goeie beweging het.
 ??  ?? REGS BO: ’n Voorbeeld van saad wat morfologie­s swak vertoon. ’n Goeie aanduiding daarvan is selle sonder sterte of met swak gevormde krulsterte wat nie fluks rondbeweeg nie.
REGS BO: ’n Voorbeeld van saad wat morfologie­s swak vertoon. ’n Goeie aanduiding daarvan is selle sonder sterte of met swak gevormde krulsterte wat nie fluks rondbeweeg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa