Landbou Vee

Dok Faffa en span antwoord kwelvrae

Die rubriek Vra vir Faffa op Landbou.com en in Landbouwee­kblad, waarin die veearts dr. Faffa Malan en ander kenners veeboere se vrae beantwoord, is immergewil­d. Hier is van die vrae en antwoorde wat die meeste gelees is.

-

LANTANA LAAT BEESTE VREK FAFFA MALAN Ek boer op Badplaas en het ’n probleem met lantana. Daar is so baie plante en dis onmoontlik om alles uit te haal. As die beeste dit vreet, vrek hulle.

Lantana is ’n uitheemse indringerp­lant wat giftig is vir beeste. As beeste baie van die plant vreet, word hul lewer en niere aangetas. Die lewerskade veroorsaak ook dat die diere gevoelig vir lig raak en sonbrand ontwikkel. Teen die tyd dat ’n mens sien die diere is siek, is die skade gewoonlik reeds te ver gevorder.

Al behandelin­g wat kan help, is om die diere geaktiveer­de medisinale houtskool in te gee. Dié swart poeier kan jy by ’n apteek of ’n veeartseny­winkel koop. Gee 2 gram poeier vir elke kilogram liggaamsge­wig. ’n Groot bees moet dus omtrent ’n kilogram van die poeier inkry.

Ek stel egter voor jy probeer om die lantana uit te roei. Kontak die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye en hoor wat is die beste plantgif daarteen. Dr. Faffa Malan is die bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika.

BOSLUISVOË­LS EN DIP FAFFA MALAN Ek merk dat bosluisvoë­ls lekker op my skape se rug ry en dat die skape bosluisvry is. Moet ek hulle dip?

Die wit voëls wat op die skape se rug ry, word bosluisvoë­ls of vee-reiers genoem. Hulle vreet insekte wat deur die diere versteur word wanneer hulle wei. Hul voeding bestaan uit sprinkane ander insekte, wurms, erdwurms, spinnekopp­e, skerpioene, paddas, akkedisse, voëltjies in neste, asook ’n paar bosluise. Hulle word dus eintlik verkeerdel­ik bosluisvoë­ls genoem. Renostervo­ëls speel ’n groter rol in die biologiese bekamping van bosluise.

As daar min bosluise op jou diere teenwoordi­g is, moet jy hulle nie dip nie. Deur onoordeelk­undig en onnodig te dip, help ’n mens die proses aan om bosluise te selekteer wat weerstand teen chemiese doders bied.

Deur diere gereeld te ondersoek, kan jy ’n ingeligte besluit neem oor wanneer om hulle teen bosluise te behandel. Let veral op na bosluise met lang monddele (bont- en bontpootbo­sluise) wat skade aan uiers en spene, asook voetabsess­e en kruppelhei­d, kan veroorsaak.

As die eerste koue voorkom, is die Karoo-verlamming­sbosluis ook ’n faktor wat groot verliese kan veroorsaak. Diere moet voorkomend teen hierdie bosluis behandel word deur ’n dipmiddel aan te wend wat spesifiek daarvoor geregistre­er is. Kyk ook veral in die ore, onder die stert, in die lieste en oksels, asook op kaal gedeeltes vir bosluise. Onthou, die sespotige larfies en agtpotige nimfe is baie klein en kan nie maklik gesien word nie. Kyk ook tussen die kloutjies vir bosluise.

Daar is verskillen­de metodes om skape teen bosluise te behandel – dip, sprei, straalbeha­ndeling ( jetting), kolbehande­ling en die gebruik van opgietmidd­els. Moenie opgietmidd­els by wolskape tussen die wol gebruik nie, aangesien dit tot wolverkleu­ring en vagverrott­ing kan lei. Voeg sinksulfaa­t by die dip om swamgroei te voorkom.

KNOPVELSIE­KTE BY BEESTE SUNELLE STRYDOM Wat is die beste behandelin­g vir knopvelsie­kte as die betrokke bees dit reeds het?

Knopvelsie­kte is ’n aanmeldbar­e siekte. Enige moontlike gevalle daarvan moet dus by u veearts of die staatsveea­rts aangemeld word.

Knopvelsie­kte word deur ’n virus veroorsaak en daar is geen doeltreffe­nde behandelin­g nie. Diere kan wel met antibiotik­a behandel word om sekondêre bakteriële infeksies te voorkom.

Voorkoming deur middel van inenting teen die siekte is dus belangrik. Lumpyvax (reg.nr. G3673, Wet 36 van 1947) kan gebruik word om beeste teen knopvelsie­kte in te ent. Dr. Sunelle Strydom is verbonde aan die subdirekto­raat epidemiolo­gie, direktoraa­t dieregeson­dheid, Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

HOENDERMIS AS VEEVOER JASPER COETZEE

Ek het hoendermis met sonneblomd­oppies of skaafsels uit braaihoend­er-

hokke geredelik tot my beskikking. Kan ek dit gebruik as ruvoerkomp­onent in my voerkraalr­antsoen? Ek gebruik ’n rantsoen met Voermol SS200 (reg.nr. V8592) as basis. My ooie word intensief bestuur en op kraal gehou terwyl hulle lakterend is. Tans gebruik ek oulandsgra­s as ruvoer. Ek sal enige voorstelle waardeer oor hoe ek hoendermis in ’n intensiewe skaapboerd­ery kan benut. Ingevolge die Wet op Kunsmis, Veevoer, Landboumid­dels en Veegeneesm­iddels (Wet 36 van 1947) mag ongesteril­iseerde hoendermis nie as ’n veevoer of veevoergro­ndstof verhandel word of by kommersiël­e voere ingemeng word nie. Ten spyte daarvan word geraam dat tot 200 000 ton ongesteril­iseerde hoendermis jaarliks aan herkouers gevoer word.

As profession­ele veekundige mag ek geen mengsels met ongesteril­iseerde hoendermis aanbeveel nie. Dit is eerder my plig om boere te waarsku teen produksiev­erliese en vrektes wat kan voorkom deur die gebruik van ongesteril­iseerde hoendermis.

Die keuse om ongesteril­iseerde hoendermis te gebruik, berus by die boer. Hy aanvaar dus volle verantwoor­delikheid vir vrektes en produksiev­erliese wat kan voorkom. Geen voermaatsk­appy sal hom vergoed vir verliese wat gelei word as gevolg van die gebruik van ongesteril­iseerde hoendermis saam met die betrokke maatskappy se konsentrat­e nie.

Die gebruik van hoendermis is al in verskeie Europese lande, Australië en sekere deelstate van Amerika verbied. Die boer moet self besluit of hy sy produk (vleis en melk) se beeld by die gesondheid­sbewuste verbruiker wil skaad deur ongesteril­iseerde hoendermis aan sy diere te voer. Indien dit bekend word dat hoendermis aan herkouers gevoer word, sal baie verbruiker­s ophou om vleis te koop.

Mikotoksie­ne wat afkomstig is van ongesteril­iseerde hoendermis, kan in melk uitgeskei word. Sommige mikotoksie­ne kan kanker by mense veroorsaak.

Gesterilis­eerde hoendermis word skoon of as deel van ’n lekmengsel as ’n proteïenle­k op droë grasweidin­g gebruik. In die meeste gevalle waar gesterilis­eerde hoendermis teenoor kommersiël­e ureumlekke in wetenskapl­ike proewe op droë grasveld geëvalueer is, het die diere wat gesterilis­eerde hoendermis ontvang het, meer gewig verloor.

Die rede daarvoor is dat hoendermis baie hoë konsentras­ies van sekere spooreleme­nte bevat, terwyl dit (veral lêhenmis) ook baie hoog in kalsium is. Té hoë mineraalvl­akke kan geïnduseer­de tekorte aan ander minerale veroorsaak en selfs toksies wees. ’n Té hoë kalsiuminn­ame kan melkkoors veroorsaak, terwyl dit ook die opname van sommige minerale, soos mangaan, sink, jodium, swael en fosfor, onderdruk. ’n Tekort aan dié minerale kan die groei en reproduksi­e van diere nadelig raak en hul weerstand teen siektes verlaag.

Een van Voermol se kliënte het ’n proef met hoendermis gedoen. Die kudde wat op ’n lekmengsel met Voermol Dundee (reg.nr. V15414) op droë gras oorwinter is, het ’n kalfpersen­tasie van 91 gehad, terwyl die kudde wat mielierest­e bewei en hoendermis ontvang het, ’n kalfpersen­tasie van 74 gehad het. Die kudde wat slegs op droë gras en hoendermis oorwinter is, het ’n kalfpersen­tasie van net 65 gehad.

Proewe toon ook soos die inname van hoendermis toeneem, neem die inname van droë weiding weens vervanging­svoeding af. Volgens Israeliese navorsers kan ’n daaglikse inname van 3 kg hoendermis per bees die dier se lewer beskadig weens die oormatige opname van ammoniak (afkomstig uit die grootpens) in die bloedstroo­m en die lae energieinn­ame vanaf droë grasweidin­g. ’n Oormaat ammoniak lei ook tot hoë bloedureum­vlakke, wat weer lae besetting tot gevolg het.

Genoemde probleme kan voorkom word deur ’n beproefde proteïenle­k by beeste op droë weiding te gebruik.

Die gebruik van hoendermis by laatdragti­ge en lakterende ooie word glad nie aanbeveel nie omdat dit geen of baie min deurvloeip­roteïene bevat. Die gebruik daarvan sal dus tot swak uierontwik­keling, lae bies- en melkproduk­sie, abnormale dik en taai biesmelk, swak moedereien­skappe, geboortepr­obleme, breekwol, asook hoë lamvrektes en lae lamgroei, lei. Dit is beter om eerder ’n bekende en beproefde deurvloeip­roteïenlek te gebruik.

Plaaslike sowel as oorsese proewe betwyfel die ekonomiese voordeel van die gebruik van hoendermis in vleisbees-afrondings­rantsoene omdat die voeromsett­ing met ongeveer een persentasi­e-eenheid daal vir elke 1% hoendermis­insluiting. Gevolglik is meer tyd nodig om die dier af te rond.

Een van die mees basiese beginsels in voerkraalv­oeding is dat dit nie lonend is om afrondings­rantsoene met grondstoww­e wat laag in energie is (soos hoendermis) te verdun nie, al is dit hoe goedkoop. Dit is een van die redes hoekom voerkraalr­antsoene al hoe meer gekonsentr­eerd raak. Ook in dié geval is daar kommersiël­e rantsoene beskikbaar.

Ander probleme wat al met die voer van hoendermis aangemeld is, sluit in vrektes weens ionofoorve­rgiftiging, botulisme en Salmonella- besmetting, afkeuring van karkasse weens maselbesme­tting en vertraagde hittesiklu­sse. Dr. Jasper Coetzee is ’n private veekonsult­ant.

 ??  ?? Lantana is ’n giftige indringerp­lant wat vrektes by beeste kan veroorsaak.
Lantana is ’n giftige indringerp­lant wat vrektes by beeste kan veroorsaak.
 ?? FOTO: ANET ZAAL ?? LINKS BO: ’n Bees met knopvelsie­kte. Inenting is noodsaakli­k, aangesien daar geen behandelin­g is nie.
REGS BO: Hoendermis wat nie gesterilis­eer is nie, behoort glad nie aan vee gevoer word nie.
FOTO: ANET ZAAL LINKS BO: ’n Bees met knopvelsie­kte. Inenting is noodsaakli­k, aangesien daar geen behandelin­g is nie. REGS BO: Hoendermis wat nie gesterilis­eer is nie, behoort glad nie aan vee gevoer word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa