Landbou Vee

Rond speenkalwe­rs só op weiding af

Die uitgroei ( background­ing) en afronding van speenkalwe­rs op weiding maak net sin as die koste per kilogram gewigstoen­ame betekenisv­ol laer is as in ’n plaasvoerk­raal. Hier’s raad.

- INLAS: Mnr. Hendrik van Pletzen.

Dit is voor die hand liggend dat die mielieprys ’n groot invloed het wanneer die boer moet besluit of dit aantreklik­er is om speenkalwe­rs op weiding of in ’n voerkraal markgereed te kry. Met ’n hoë mielieprys is die weidingsop­sie aantreklik­er, en andersom. As ’n mens volgens ’n mielieprys van R2 000 per ton werk (Oktober vanjaar), beloop die voerkoste ongeveer R13 tot R14 per kg gewigstoen­ame met die Voermol SB100stels­el in ’n plaasvoerk­raal.

Weidingsge­halte en -hoeveelhei­d is ook bepalend. Die beginsel is dat kalwers hoofsaakli­k op die weiding moet groei met so min moontlik byvoeding. Hoe beter die gehalte van die weiding is, hoe beter sal kalwers groei en hoe laer sal die koste wees.

GOEIE SOMERVELD

Veldbestuu­rstelsels het ’n groot invloed op veldproduk­sie en -gehalte.

’n Praktyk wat sonder twyfel veldproduk­sie en -samestelli­ng en diereprodu­ksie verbeter, is die toepassing van ’n groeityd se rus elke tweede of derde jaar. ’n Groeityd se rus laat plante rus én herstel danksy die opbou van wortelrese­rwes. J. Kemp et al. (1994) het bevind dat die produksie van rooigras in suurveldge­biede met 170% verbeter het ná ’n groeityd se rus vergeleke met rooigras wat in die vorige groeityd normaal bewei is. In soetveldge­biede in die somerreëng­ebiede kan dit selfs nodig wees om veld twee agtereenvo­lgende groeitye te laat rus om groeikragt­igheid en produksie te verbeter.

Verskeie praktykstu­dies het bewys dat ’n veebeladin­g wat in ooreenstem­ming is met die produksiev­ermoë van veld, die hoogste wins per hektaar lewer. Oorbeweidi­ng kan op kort termyn voordele inhou, maar op langer termyn het dit rampspoedi­ge finansiële gevolge. ’n Konserwati­ewe veelading en goeie veldbestuu­r verminder ook droogteris­iko.

Die gehalte van suurgrasve­ld in hoëreënval­gebiede is vir vier of hoogstens vyf maande voldoende om kalwers uit te groei. Die gehalte van gebrande suurgrasve­ld in hoëreënval­gebiede is aansienlik beter as “ou” veld.

In ’n studie in die distrik Amersfoort is groei van 1,265 kg/dag by speenkalwe­rs ( long weaners) met ’n begingewig van so- wat 265 kg oor 98 dae verkry op somerveld wat gebrand het. In dié studie is 70 kg lewende gewig per hektaar behaal met ’n veebeladin­g van 1 speenkalf op 1,7 ha. Teen huidige pryse beloop die lekkoste R3,50 per kilogram gewigstoen­ame.

Die drieblok-veldbestuu­rstelsel is toegepas waar een derde van die veld ’n groeityd lank gerus het. Dit wil sê ’n kamp (of kampe in die bepaalde blok) word elke derde jaar gespaar. As daar surplusmat­eriaal aan die einde van die winter oor is, word die spesifieke kamp of kampe in die blok in die lente gebrand volgens die normale voorskrift­e en beste praktyke vir beheerde brande. In dié stelsel word brand dus voorafgega­an deur ’n groeityd se rus.

Op soet- en gemengde veld in die sentrale en westelike gebiede van Suid-Afrika is die situasie heeltemal anders. Brand is nie nodig om veldgehalt­e te verbeter nie. Trouens, brand benadeel produksie in so ’n mate dat veld agteruitga­an. (Lees ook die artikel “Werk versigtig met gebrande veld” op bl. 60.)

Die veldgehalt­e in hierdie gebiede is vir langer tye beter en bereik nie vir sulke kort tydperke ’n hoogtepunt soos in die geval van suurgrasve­ld nie. Goeie diereprodu­ksie word vir langer tye verkry. Na gelang van die veldsamest­elling en groeikrag kan kalwers vir 8-10 maande van die jaar gewig optel.

In dié gebiede kan dit selfs nodig wees om veld vir twee agtereenvo­lgende groeitye te spaar. Veldbestuu­rspraktyke om veldgehalt­e en -produksie te verhoog, het groot waarde en is meetbaar by jong, groeiende kalwers.

Aanvullend­e voeding in die vorm van lekke moet slegs die voedingste­korte in die weiding aanvul en die koste daarvan moet so laag moontlik wees. ’n Belangrike riglyn is dat die lek nie grasinname moet verplaas nie, maar dit eerder moet stimuleer omdat gras die goedkoopst­e bron van voedingsto­wwe is.

Waak teen te veel mieliemeel in die lek,

want baie mielies vervang grasinname en verander die mikrobes in die grootpens (en dus die verterings­proses). ’n Tipiese simptoom waar te veel mieliemeel gevoer word, is kalwers wat by die lekbakke lê en nie aktief wei nie. Voermol Supermol (reg.nr. V7267, Wet 36 van 1947) word algemeen as aanvulling op goeie somerveld gebruik. In ’n onafhankli­ke studie het ligte kalwers (sowat 200 kg) met Supermol teen 1,056 kg/dag gegroei, teenoor ’n kontrole van 0,595 kg/dag.

AANGEPLANT­E WEIDINGS

Op aangeplant­e, meerjarige droëlandwe­iding wat goed aangepas is in ’n spesifieke gebied, soos oulands-, smutsvinge­r-, borseltjie-en witbuffelg­ras, kan kalwers 1 kg en selfs meer per dag groei. Die beste resultate word in die somer op groen, groeiende weiding verkry, maar die gehalte daal in die laat herfs en winter in so ’n mate dat kalfgroei stagneer.

Eenjarige voersorghu­m het ’n hoë produksie en drakrag, maar die gehalte neem af namate die plante uitgroei. Met genoeg reën en ’n warm klimaat, soos tipies in die midsomer, groei voersorghu­m gewoonlik “onder die kalwers uit” en die voedingswa­arde neem vinnig af (en dus die kalwers se groei). Wees bedag op kultivars met ’n hoë risiko vir blousuurve­rgiftiging.

Besproeide weiding word toenemend gebruik om kalwers te laat uitgroei, en daar is ’n wye verskeiden­heid meerjarige en eenjarige weidingsge­wasse. Die meeste van hierdie gewasse is koelweerge­wasse, soos meerjarige grasklawer en eenjarige groenvoer.

In optimale toestande kan 1 500 kg tot 1 700 kg lewende gewig per ha geprodusee­r word. ’n Groot voordeel van dié weiding is dat dit voer van goeie gehalte in die herfs, winter en lente verskaf. Die regte kultivarke­use is belangrik vir ’n egalige voervloei deur die groeityd.

Die tipe weiding en/of kultivar moet genoeg ruvesel verskaf om laksering te beperk, wat ’n algemene probleem op groenvoerw­eiding is. Die byvoeding van droë ruvoer is ’n goeie praktyk. Die regte lek met die nodige medikament­e kan ook die probleem verminder. Die lek moet geen ureum of nie-proteïenst­ikstof (NPN) bevat nie omdat die bemeste weiding genoeg NPN voorsien. Die lek moet ook die nodige minerale, spoorminer­ale en melasse bevat.

Voermol Molovite (V7266) is ontwikkel om voedingste­korte op bemeste, aangeplant­e weiding aan te vul. In ontwikkeli­ngsproewe het kalwers 1,23 kg/dag gegroei, teenoor 0,758 kg/dag met ’n fosfaatlek. In hierdie studie het die lekkoste R3,40 per kg gewigstoen­ame beloop.

OESRESTE

Sojaboon- en mielie-oesreste is laekostewe­iding en goeie voerbronne vir die uitgroei van speenkalwe­rs. Die beweiding van oesreste is baie kostedoelt­reffender as om dit te baal.

Die voedingswa­arde van die weiding is aansienlik beter as gebaalde reste, wat hoogstens vir onderhoud genoeg is. Vee benut die fyner komponente van resteweidi­ng en vreet hoofsaakli­k graan, kopblare en fyner blaarmater­iaal.

Die drakrag van mielierest­eweiding word bepaal deur faktore wat opbrengs beïnvloed, soos klimaat, plantestan­d en graanopbre­ngs. Die drakragrig­lyn is 0,8 tot 1,4 grootvee-eenhede (GVE) per ha vir ’n weitydperk van 90-120 dae. Dit kom neer op 1,6 tot 2,8 kalwers per ha.

Die energiewaa­rde van vars gestroopte mielieland­e is hoog, veral waar ’n taam- like hoeveelhei­d graan vermors is, maar die proteïenin­houd is laag. Navorsing toon dat droë speenkalwe­rs van goeie gehalte oor ’n weitydperk van 60 dae met Voermol Landelek (V15414) tot 1,2 kg per dag op mielierest­e gegroei het. Die lekkoste was R4 per kg gewigstoen­ame.

GENE BELANGRIK

Die genetiese vermoë van kalwers word in die meeste gevalle oor die hoof gesien omdat boere nie ’n premie vir goeie kalwers ontvang nie. Goeie kalwers is egter belangrik. In veldproewe was die verskil tussen die swakste en beste groeier tot 133%. Die koste per kilogram gewigstoen­ame sal aansienlik laer wees by die kalwers wat beter groei.

Dié tipe kalf is nog belangrike­r waar kalwers tot met slagtyd op weiding afgerond word. Dit het ’n regstreeks­e invloed op winsgewend­heid. Waar boere kalwers op weiding afrond, moet boere voorrang gee aan vroegryp-tipes wat vinniger gereed is om geslag te word.

In baie gevalle is die tydperk op die weiding (byvoorbeel­d op somerweidi­ngs en net voor die winter) net te kort om ’n klas A2-dier te behaal. Die waarde van klas A0 of klas A1 is aansienlik laer. Die uitwerking hiervan is duidelik te sien in die resultate van ’n studie wat met kalwers van dieselfde koeie, maar van verskillen­de tipes bulle, gedoen is ( TABEL ).

Die verskil tussen die vroegryp-veldtipe en die laatryp-tipe is dus R819 per os in presies dieselfde toestande.

Bogenoemde resultate wys wat tipies gebeur met kalwers wat op weiding afgerond word. Die doelwit moet wees om die uitslagper­sentasie en gradering te verbeter. Finale afronding in ’n plaasvoerk­raal vir sowat ses weke sal die resultate betekenisv­ol verbeter, veral met ’n lae mielieprys en hoë vleispryse.

Vir goeie resultate op weiding moet bekende bestuurspr­aktyke, soos voorkomend­e siekte- en parasietbe­kamping en die gebruik van die regte tipe oorinplant­aat, ook gedoen word.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? LINKS: Speenkalwe­rs saam met koeie op die veld. Suurgrasve­ld van goeie gehalte om speenkalwe­rs op af te rond, is net vir vier of vyf maande van die jaar in hoëreënval­gebiede beskikbaar.
FOTO: LBW-ARGIEF LINKS: Speenkalwe­rs saam met koeie op die veld. Suurgrasve­ld van goeie gehalte om speenkalwe­rs op af te rond, is net vir vier of vyf maande van die jaar in hoëreënval­gebiede beskikbaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa