Landbou Vee

Wildmark kan weer lewe kry

Wildpryse is nog nie waar dit in 2015 was nie, maar as ’n mens na die neigings op vanjaar (tot Augustus) se wildveilin­gs kyk, wil dit lyk of pryse effens beter is, sê twee kenners.

-

Dit lyk of daar nou meer geld in die wildbedryf in omloop is nadat kopers tot einde Junie hul sente twee keer omgedraai het.

Mnr. Lood Bester, uitvoerend­e hoof van die veilingshu­is Wildswinke­l, verwag dat diere op die res van die jaar se veilings goeie pryse sal behaal omdat baie van die geld wat vroeg in die jaar op veilings aangebied is, nou eers werklik van hande verwissel. “Die geld wat vroeër vir wild betaal is, word eers aan die verkopers oorbetaal wanneer daardie wild gelewer word. In die geval van vroulike diere wat as dragtig verkoop is, moes daardie diere eers dragtig raak. Die geld het dus tot nou toe in veilingshu­ise se trustreken­inge gelê.”

Hy sê dit is hoekom Mei geneig is om die wildbedryf se swakste maand ten opsigte van pryse te wees. “By Wildswinke­l het ons byna R300 miljoen in trust gehad wat nou uitbetaal word aan verkopers namate die diere aan kopers gelewer word.”

Dit is egter nie net die geld uit wildverkop­e wat nou beskikbaar word nie. Lood wys daarop dat mielieboer­e nou hul oeste verkoop het en kontant beskikbaar het. Boonop het ’n goeie jagtyd tot meer optimisme in die wildbedryf bygedra. Daar was ’n sterk vraag na kleurvaria­nte onder oorsese jagters.

“Daar is baie kleurvaria­ntbokke gejag. Boere kan nou ’n som maak wat hierdie wild betref. Swart rooibokke ( foto) word teen omtrent R35 000 gejag en goue wildebeest­e teen sowat R50 000.”

JAGTERS SOEK KLEUR

Dr. Peter Oberem, voorsitter van Wildbedryf SA, stem saam. Hy sê daar word nou daagliks kleurvaria­nte in Suid-Afrika gejag. Dit help om die ooraanbod van hierdie diere te verminder. Hy sê kleurvaria­nte is ’n goeie korttermyn­belegging. Rooibokke, springbokk­e en wildebeest­e teel taamlik vinnig aan en bied selfs teen jagpryse ’n goeie inkomste.

“Dit kan nie ’n wildboerde­ry se enigste teelprogra­m wees nie, maar dit het baie wildboere se kontantvlo­ei op kort termyn gehelp, terwyl hulle op mediumterm­yn op ander spesies, soos buffels en swartwitpe­nse, gekonsentr­eer het en op lang termyn in byvoorbeel­d renosters kon belê.”

Hy sê hoewel onsekerhed­e oor SuidAfrika se landbou- en grondbelei­d plaaslike beleggers afskrik, gee die wêreldekon­omie, wat uiteindeli­k lyk of dit besig is om van die 2008-resessie te herstel, hom hoop. Dit lyk ook of Suid-Afrika se somerreëng­ebied normale reënval kan verwag. “As ons gelukkig is, sal die politieke klimaat in die land ook stabilisee­r ná die ANC se konferensi­e in Desember en sal daar minder retoriek oor grond en die landbou wees.”

GOEIE GELD IN VLEIS

Peter sê daar kan ’n groot wending in die wildbedryf kom wanneer die wildsvleis­skema heeltemal op dreef kom. Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye is besig om ’n wildsvleis­skema af te handel wat boere sal help om wildsvleis wettig te bemark.

Daar word geskat dat Suid-Afrika se wildbedryf byna 20 miljoen stuks diere besit. Oberem sê ’n mens kan argumentso­nthalwe ’n som maak volgens 18 miljoen diere. Private wildboere het ’n jaarlikse aanwas van 33,3%. “Dit is baie konserwati­ef geskat as jy in gedagte hou dat die Krugerwild­tuin se aanwassyfe­r op 25% staan in ’n omgewing waar daar min of geen inmenging ten opsigte van voeding en parasietbe­kamping is nie.”

Teen dié konserwati­ewe aanwasskat­ting lewer die bedryf dus 6 miljoen nuwe diere per jaar. Teen ’n gemiddelde karkasgewi­g van 80 kg wat teen ’n baie lae prys van R30 per kilogram of R60 per kilogram ontbeende vleis verkoop word, kan die bedryf R1,44 miljard per jaar verdien, sê Peter. “Dit is ’n stewige basis vir die bedryf, terwyl trofeejag en die stoetbedry­f meer vir geskikte diere sal verdien.”

KORPORATIE­WE JAGMARK

Lood is ewe optimistie­s en sê die wildbedryf moenie net op trofeejag deur buitelands­e jagters konsentree­r nie.

Hy meen daar is enorme onontginde potensiaal vir korporatie­we jagtogte op die plaaslike mark. Hy sê die meeste groot maatskappy­e wil die een of ander tyd hul kliënte trakteer en daar lê vir die bedryf meer waarde in hierdie mark as in die oorsese mark.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa