Landbou Vee

MISKRUIERS IS PARASIETE SE MOSES

- — ALAN HARMAN

Miskruiers breek nie net miskoeke in die veld af nie, hulle help ook om die aantal parasiete in miskoeke te verminder, het Britse navorsers bevind.

Die navorsers van die Universite­it van Bristol het koeke gevorm met mis wat elders bymekaarge­maak is. Dié is met miskruiers en verskillen­de gesimuleer­de reënvalsit­uasies gekombinee­r.

Aanvanklik het hulle bevind daar is meer parasiete om die miskoeke wat deur miskruiers gekolonise­er is as om dié wat nie deur die miskruiers ingeneem is nie.

Ná agt weke was daar egter minder parasietla­rwes, en só het dit vir die res van die 10 week-eksperimen­t gebly.

Hulle het toe ’n situasie met verhoogde reënval gesimuleer deur die miskoeke van tyd tot tyd nat te maak.

Dít het meer parasietla­rwes op die weiding veroorsaak, ’n aanduiding dat swaar reënval die goeie werk wat miskruiers doen om veeparasie­te te verminder, kan neutralise­er.

Een teorie is dat miskruiera­ktiwiteit miskoeke deurlug, wat aanvanklik gunstige toestande vir die uitbroei van parasietei­ers verseker.

In hierdie eksperimen­t het minder parasiete egter in miskoeke met meer miskruiers oorleef. Die navorsers se verduideli­king is dat larwes vogtige toestande benodig. Miskruiera­ktiwiteit droog miskoeke egter vinnig uit, wat die parasiete laat vrek.

Gemiddeld 200 insekte het elke miskoek beset, waaronder 20 Aphodius- miskruiers wat permanent in die mis woon.

Me. Bryony Sands, die projekleie­r, sê hul resultate wys miskruierb­ewaring is noodsaakli­k vir die welstand van plaasdiere. Die probleem is dat die onafgebree­kte chemiese bestanddel­e van parasietbe­strydingsm­iddels dikwels in die diere se miskoeke beland en giftig vir die miskruiers kan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa