Landbou Vee

VERGIFTIGI­NG WEENS INKBESSIE NEEM TOE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Plantvergi­ftiging van vee word ‘n al hoe groter kwessie namate giftige indringerp­lante oor Suid-Afrika versprei.

Een daarvan is inkbessie ( Cestrum aurantiacu­m, C. laevigatum en C. parqui). Dié plante is sporadies verantwoor­delik vir lewervergi­ftiging by beeste in Suid-Afrika.

C. laevigatum is die soort wat die wydste in die land versprei is. Die plant het baie takke en kan as ’n struik of ’n boom voorkom. Aan die kus kan die plant 6-15 m hoog word, terwyl dit in ander gebiede, soos die Vrystaat en Mpumalanga, 1-2 m hoog word. Al drie spesies is as onkruide verklaar.

Die blare is ellipties en donker- tot liggroen en as hulle gekneus word, ruik hulle sleg. Die klein, groengeel, buisvormig­e, soet blommetjie­s van 5-25 mm lank word in bondels op die eindpunte van takke gedra. Later ontwikkel groen bessies (10 mm lank en 5 mm in deursnee) wat tot pers-swart verkleur as hulle ryp word.

Die blare en groen bessies van die jong uitloopsel­s is die giftigste. Daarom kom vergiftigi­ngs veral in Junie en Julie voor. Beeste vreet minder selektief as ander diere en vreet veral inkbessie tydens droogtes, nieteensta­ande die slegte reuk van die gekneusde blare.

Cestrum spp. is vinnig besig om lantana in te haal as die gifplant wat die vinnigste versprei en gaan in die toekoms al hoe meer vrektes veroorsaak. Dit is dus raadsaam om die plante, wat veral onder bome opkom en langs die Vaalrivier voorkom, betyds uit te haal. Diere moet ook weggehou word van dele waar die plante voorkom, veral in Junie en Julie wanneer die plante op hul giftigste is.

 ?? FOTO: STAN SHEBS ?? Cestrum aurantiacu­m.
FOTO: STAN SHEBS Cestrum aurantiacu­m.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa