KORTOM
Samewerking in die rooivleisbedryf is nou nodig om die hele waardeketting te bevoordeel. Belangrike lesse is by Australië te leer. Sy rooivleisbedryf het daarin geslaag om verbruikers se vertroue terug te wen en meer vir sy produkte te verdien. Beter siektebekamping en ’n naspeurbaarheidstelsel is nodig om winsgewende uitvoermarkte te ontgin.