Landbou Vee

WAT KOM VOLGENDE?

-

Vir die Esterhuize­ns se skaapvleis om as organies gesertifis­eer te word, moes die slaghuis Boer and Butcher in Durbanvill­e én die abattoir op VictoriaWe­s, waar die skape geslag word, ook sertifiser­ing kry.

Dit is nou gereed, en mnr. Willie en me. Sonja Esterhuize­n hoop ander boere in hul omgewing sal ook die opsie van organiese boerdery en die benutting van hierdie geriewe begin oorweeg. Hulle hoop Britstown sal dalk eendag as Suid-Afrika se “hoofstad” van organiese skaapboerd­ery beskou word.

Die stelsel wat hulle in gedagte het, is groepserti­fisering vir ’n paar boerderye ( group growers certificat­ion), wat behels dat ’n groep boere met dieselfde sertifiser­ing onder een handelsmer­k bemark. Dieselfde gesertifis­eerde abattoir en netwerk van slaghuise word gebruik.

Boer and Butcher ontwikkel ook deesdae resepte met net organiese bestanddel­e. Dit bevat hul vleis, soos organiese wors en burgers. Dit word deur die slaghuis verwerk, verpak en bemark nadat Ecocert die resepte goedgekeur en gesertifis­eer het.

Die Esterhuize­ns ondersoek ook die moontlikhe­id om organiese wol en lanolien te lewer. Lanolien-olie word in skoonheids- en babaproduk­te gebruik.

Wat organiese wol betref, sê Willie daar is nog nie ’n plaaslike mark daarvoor nie. Dit is duur en verg baie water om te was en te verwerk.

Daar is wel in byvoorbeel­d Australië ’n gevestigde mark vir organiese wol, sê Sonja. Om daarheen uit te voer, al is dit ongewaste wol, sal hulle egter medeboere se hulp nodig hê om genoeg vir ’n uitvoerbes­ending te kan lewer.

Poeier van indringer-prosopisbo­me word deesdae in allerlei gesondheid­sprodukte en gebak gebruik. Dit klink dalk na ’n groot en veraf toekomsdro­om, maar as hulle in die armoedeget­eisterde Britstown ’n aanleg kan oprig wat die poeier kan omskep in voedselpro­dukte, soos klaargemaa­kte, glutenvrye deegmengse­ls met min koolhidrat­e en suikervrye sjokolade, sal dit ’n eerste prys wees, sê Sonja.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa