WAS DIE PROSES DUUR?
Die proses van organiese sertifisering is nie goedkoop nie, maar as jy die nasorgdiens in ag neem wat die sertifiseringsagentskap Ecocert aan hulle lewer, is dit goeie waarde vir geld, sê mev. Sonja Esterhuizen.
Om die eindstreep te haal, moes daar vir drie sertifiserings dwarsdeur die waardeketting betaal word: Vir die boerdery, die abattoir en die slaghuis. Die boerdery het vir ál drie betaal.
Hulle meen dit was deur en deur die moeite en geld werd.
“Hulle raak jou vennoot en steun jou deurlopend. En daar is nie ’n geldwaarde te plaas op al die mense waarmee hulle jou in aanraking bring nie.”
Dr. Marianna Smith van Ecocert sê die koste van hierdie soort sertifisering is vertroulik. Die Esterhuizens het wel hul sakemodel só gestruktureer dat hulle vir die boerdery, die abattoir en die slaghuis se sertifisering kon betaal.