MNR. HEINRICH BRUWER
WAT IS DIE BESTE BOERDERYBESLUIT WAT JY AL GENEEM HET?
Om met stoetbeeste te teel pleks van slegs kommersiële beeste.
WIE IS JOU MENTORS?
Met Brahmane is dit oom Burnie Staal en oom Llewellyn Labuschagne en met Charolais André Smit. Ek het ook baie oor in vitro by drs. Marnus de Jager en Johan Coertze geleer. Nóg mentors is oom Martin Seyfferdt, die bekende interrasbeoordelaar, en my pa, Bokkie, en skoonpa, Harry Burger.
WATTER TEGNOLOGIE IS ONMISBAAR IN JOU BOERDERY?
Die gebruik van embrio’s gaan vorentoe ’n sleutelrol speel en dit is die belangrikste enkele tegnologie wat vir my van die grootste waarde gaan wees.
WAT IS JOU GROOTSTE UITDAGING IN BEESBOERDERY?
Om ekonomies te boer.
EN DIE GROOTSTE GELEENTHEID?
Om as jong teler ’n mark in Vryburg, een van Suid-Afrika se voorste beesgebiede, te skep.