Landbou Vee

Dié varkboer bou sy eie sukses

Binne minder as ’n dekade het ’n deeltydse agterplaas­boer wat varke met oorskietho­telkos gevoer het, homself gevestig as een van die grootste kommersiël­e varkboere in Suid-Afrika.

- NAVRAE: Mnr. Eric Ntlaba, sel 083 549 6534; e-pos: eric.ntlaba@gmail.com; mnr. Dirk van Rensburg, e-pos: dvrens@ mweb.co.za; sel 082 780 7784.

Sy goeie aanvoeling vir die mark het daartoe gelei dat ’n deeltydse boer wat aanvanklik die afvalkos kon benut van die hotel waar hy gewerk het, kon vorder tot een van Suid-Afrika se grootste verskaffer­s van slagvarke. Mnr. Eric Ntlaba van die plaas Tygerkloof naby Lindley maak meer as 2 000 speenvarke op ’n slag groot.

Kort ná sy beginjare in die gasvryheid­sbedryf op Polokwane het Eric ’n sog en ’n beer op ’n kleinhoewe aangehou. Hy het besef ’n varkboerde­ry kan lonend wees toe hy die aanteel begin verkoop het om beter teeldiere aan te koop.

Dié boorling van Petrus Steyn het op Lindley skoolgegaa­n. Toe die plaas Tygerkloof sowat tien jaar gelede op die mark kom, het hy dit gekoop.

As ’n boorling van die Vrystaat was dit vir hom en sy ouer broer, Tumelo, maklik om hulle in die mieliegebi­ed by Lindley te hervestig. Mielies is die hoofbestan­ddeel van die varke se rantsoen.

Tygerkloof het net ou infrastruk­tuur, soos ’n huis en stalle, gehad. Hy moes self die eerste behuising oprig waarin hy sy varkboerde­ry met 300 diere begin het.

Die volgende stel varkhokke vir nog 500 varke was ’n groot verbeterin­g op die eerste en voldoen ten volle aan die standaard wat vir kommersiël­e varkboere gestel word. Sedert 2014 hou hy meer as 2 000 grootmaakv­arke per siklus aan.

Mnr. Dirk van Rensburg van die Pauciflora-boerdery op Arlington is een van die Vrystaat se mees gerespekte­erde landboulei­ers en een van Eric se mentors. Hy sê Eric het die boerdery eiehandig en met sy eie hulpbronne aangepak.

“Hy is nie ’n ‘staatspasi­ënt’ nie. Hy het net soos ander kommersiël­e boere finansieri­ng by ’n handelsban­k bekom.”

Dirk meen dié nederige boer is ’n sakeman by uitstek en voorsien ’n blink toekoms vir hom. “Wat my betref, is hy reeds ’n kommersiël­e sukses.”

Benewens Eric se vooruitstr­ewendheid kan sy sukses grootliks toegeskryf word aan sy vasbeslote­nheid en leergierig­heid. “Hy luister graag na kundige raad en raadpleeg sy medeboere,” sê Dirk.

LESSE GELEER

In sy beginjare as informele varkboer het Eric vinnig besef hoe lonend die bedryf kan wees, veral toe hy ’n al hoe groter vraag na sy vet varke begin ervaar.

Nou besef hy terdeë dat oorvet diere in die bedryf ongewens is. Toe slagplase verskeie van sy varke afgekeur het wat hy aan hulle wou lewer, het hy geld weens ’n swak gradering verloor.

Eric koop tweeweekli­ks PIC-speenvarke van albei geslagte van mnr. James Jenkinson van Swineline in Cullinan. Dit kom neer op sowat 500 per maand om die bemarkbare varke te vervang.

Die speenvarki­es se gewig op die ouderdom van agt weke wissel van 23-30 kg. Hy verkies die sintetiese PIC-ras vanweë dié varke se groeivermo­ë en goeie voeromsett­ing. In sy plaasomsta­ndighede benodig sy varke sowat 2,4-2,65 kg voer per kilogram in gewigstoen­ame.

Na gelang van die markaanvra­ag sal hy die varkies laat uitgroei tot op die vlak van voer- of spekvark. Die voervarke voer hy sowat twee maande lank tot op 85 kg lewende gewig en die spekvarke ’n maand langer tot op ’n gewig van 100-110 kg.

Benewens die varkboerde­ry hou hy ook 60 Vleismerin­o-Dorper-kruisskape, 25 Bonsmara-kruisbeest­e en sowat 500 braaikuike­ns aan.

VOERRANTSO­EN

Die varke word in groepe van 20 per hok

aangehou wat aan die bedryfstan­daard van sowat 1 m² per dier voldoen.

Eric koop sy produksiem­iddele, soos mielies en kragvoer, by OVK se handelstak op Arlington en by Telwiedrè Voere op Heilbron, op aanbevelin­g van ’n voedingsku­ndige van Potchefstr­oom, mnr. Fred Bechaz van die beslote korporasie La Vendula.

Mnr. Gerhard Jordaan, die OVK-takbestuur­der, sê Eric het met sy eerste aankope reeds begin beding vir gunstiger pryse vir sy weeklikse bestelling­s. “Hy bedryf sy sake streng op ’n kontantgro­ndslag.”

Die varkrantso­ene word in Tygerkloof se eie aanleg gemeng. Die maandeliks­e rantsoen van sowat 80 ton bestaan 60% uit mielies met soja-oliekoek, koringseme­ls en sonneblomo­liekoek as konsentraa­t en die nodige minerale en vitamiene. Hy gebruik moderne én pasgemaakt­e toerusting vir die vermenging.

GESONDHEID­SORG

Eric raadpleeg die veeartseny­praktyk van ’n medeboer, dr. Pieter Grimbeek van Potchefstr­oom. Pieter tree ook as mentor vir Eric op as hy die plaas elke twee maande besoek.

Een van die algemeenst­e gesondheid­sprobleme met varke is asemhaling­siektes, wat hy voorkomend met wateroplos­bare Aivlosin-korrels in die voer behandel. 1. Die binnekant van die ruim hokke wat aan die jongste standaarde voldoen. 2. Die tweede stel varkbehuis­ing wat mnr. Eric Ntlaba opgerig het, het seile aan die kante vir voldoende ventilasie.

Siek varke word eenkant in ’n hok gehou en behandel.

Die varkbehuis­ing het ’n spoelstels­el wat die afval wat deur plastiekvl­oerpanele val, na ’n rioolpan wegvoer. Daarvoor word 15 000-20 000 liter water daagliks benodig. Volgens Eric het die plaas genoeg water, aangesien hy sedert sy vestiging daar vyf boorgate laat boor het.

“My groot droom is om nog ’n afvalverwe­rkingsaanl­eg op te rig om die afvalstoww­e vir bemesting te gebruik.”

Die varkbedryf gebruik in die algemeen spoelstels­els om hokke skoon te hou. Elke vark skei gemiddeld 2,5-3 kg afval daagliks af. Wanneer Tygerkloof se varkeenhed­e vol is, is die boerdery se waterbehoe­fte te verstane.

PRYSPREMIE

Bemarkbare varke word per ooreenkoms aan slagplase in Vanderbijl­park en Meyerton gelewer met die boerdery se vragmotor, wat sowat 120 diere per vrag kan dra. Eric sê hy is as boer aan die prysskomme­lings weens veranderin­g in die vraag en aanbod uitgelewer, maar danksy die diere se goeie kondisie en vleisgehal­te kan hy gewoonlik staatmaak op ’n pryspremie van sowat R2/kg.

Eric het drie heeltydse werkers wat die varke versorg, die voer meng en help met die hokke se skoonmaak. Hulle het kursusse in varkbestuu­r aan die Baynesfiel­dakademie in KwaZulu-Natal gevolg.

TOEKOMS

Volgens Eric is sy volgende doelwit om ’n sogeenheid van mediumgroo­tte met 300 diere in te rig om in sy huidige behoefte aan speenvarke te voorsien. Nog een van sy ontwikkeli­ngsplanne is om sy boerdery se veefaktor uit te brei om met speenkalfp­roduksie die risiko van ’n en- kele hoofbedryf te versprei. Die grootste risiko is tans die gevaar van enteriese ingewandsk­oors en lugweginfe­ksies wat die varkproduk­sie kan bedreig.

Nog ’n risiko wat hy sal moet verskans, is die prysstygin­gs van onder meer voer tydens droogtetoe­stande wat die winsgewend­heid ondermyn. Daarom is sy droom om sy eie mielies en soja op sowat 1 000 ha te kan verbou.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Mnr. Eric Ntlaba (middel) by sy vrou, Lindiwe, en sy broer, Tumelo, wat hom in baie van sy projekte bystaan.
LINKS: Mnr. Eric Ntlaba (middel) by sy vrou, Lindiwe, en sy broer, Tumelo, wat hom in baie van sy projekte bystaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa