Landbou Vee

KRUISTELIN­G SE VOORDELE

-

Mnr. Christiaan de Jager het proewe met kruistelin­g vir swaarder speenkalwe­rs gedoen deur Chianina-bulle met Afrikaner-, Brahman-, Angus-, Pinzgauer-, Simmentale­r-, Simbra-, Braunvieh-, Nguni-, Boran- en Jerseykoei­e te kruis.

Die kruisings lewer almal ’n speenkalf met ’n gladde haarkleed en goeie bespiering, groei, pigmentasi­e, temperamen­t en skede. Die kalf bereik vinnig ’n bemarkbare gewig.

Christiaan het ’n Chianina-Simmentale­r-en ‘n Chianina-Simbrabul by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Diereverbe­tering by Irene aan ’n fase C-toets laat deelneem.

Die Chianina-Simmentale­rkruising se gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame (GDT) van 2,436 kg per dag en voerom-settingsve­rhouding (VOV) van 3,88 was die beste.

Die Chianina-Simbra-kruising se voerinname oor 84 dae (742 kg) was feitlik dieselfde as dié van die Brahmane (741 kg) in die toets. Sy daaglikse voerinname van 9,48 kg was slegs 2,25% van sy liggaamsge­wig, maar hy het nogtans ’n hoë GDT en lae VOV gehandhaaf.

Die Simbra-kruisbul se GDT was 2,055 kg per dag, die VOV was 4,29, sy totale voerinname was 742 kg en sy daaglikse voerinname was 8,84 kg.

Volgens Christiaan se berekening­s verbeter die Chianina die Simmentale­r se GDT met 19,8% en VOV met 32%. Dié kruising sit 26% meer gewig aan, grootliks danksy kruiskrag waar die rasse totaal onverwant is aan mekaar.

Christiaan bereken die ChianinaSi­mmentaler-kruising kan ’n wins van R4 975,32 maak. Dit is bereken op grond van: 1 043 kg voer teen 9,48 kg/dag vir 110 dae ter waarde van R3 129 (R3 000/ton). ’n Gewigstoen­ame van 268 kg teen gemiddeld 2,436 kg/dag. ’n Uitslagper­sentasie van 63. ’n Karkasprys aan die haak van R48/kg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa