Landbou Vee

VOORUITGAN­G DANKSY WETENSKAP

-

Mnr. Mecki Schneider en sy vrou, Brigitte, boer met wit Brahmane en Simmentale­rs op die plaas Okamutombe by Grootfonte­in in die noorde van Namibië, asook op ander plase. Hulle het ook ’n groot, kommersiël­e kudde vir osproduksi­e vir die vleisuitvo­ermark na Europa en ander lande.

Mecki het die grade B.Sc. en M.Sc. in elektriese ingenieurs-wese aan die Universite­it van Kaapstad verwerf, met die klem op toegepaste wiskunde en fisika. Daarna het hy by die Nasionale Versnellin­gsentrum van die Wetenskapl­ike en Nywerheids­navorsings­raad (WNNR) in Suid-Afrika gewerk.

Uiteindeli­k moes hy kies tussen ’n loopbaan as wetenskapl­ike (hy hom toe reeds vir ’n doktorsgra­ad ingeskryf) en boerdery. Boerdery het gewen en hy het die familieboe­rdery in 1986 by sy pa, Gottfried, oorgeneem.

Hoewel hy ’n belowende loopbaan as wetenskapl­ike vaarwel toegeroep het, het dié ontledende grondslag hom in staat gestel om van die begin af wetenskapl­ik te boer.

Mecki is met soetveld geseën — ’n goeie mengsel van verskeie wenslike grassoorte, soos swartvoetj­ie ( Brachiaria nigropedat­a), borseltjie­gras ( Anthephora pubescens), bloubuffel­gras ( Cenchrus ciliaris), smutsvinge­r ( Digitaria eriantha) en Eragrostis.

Bosindring­ing deur veral swarthaak is ’n groot bedreiging wat die veld se drakrag in die grootste dele van Namibië verlaag. Ruim 36 miljoen hektaar weiveld is reeds deur indringerb­osse ingeneem. Dié bosse onttrek water aan die grond wat eerder deur die weiding benut kon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa