Landbou Vee

WAAR OM TE BEGIN

- NAVRAE: Dr. Hendrik Smith, e-pos: hendrik.smith@grainsa.co.za

’n Dekgewaska­art wat op die periodieke tabel van chemiese elemente trek, kan ’n nuttige gids wees vir ’n boer wat moet besluit watter dek- en weidinggew­asse hy waar en wanneer moet plant. Die dekgewasta­bel kan van die webwerf

www.ars.usda.gov afgelaai word (die regstreeks­e skakel is https://goo.gl/

yf1txE). Dit gee die basiese feite oor 58 soorte gewasse wat individuee­l of in mengsels aangeplant kan word. Inligting oor elke gewas sluit in: ■ Die groeisiklu­s. ■ Die relatiewe watergebru­ik. ■ Die plantvorm en groeiwyse (die argitektuu­r van die plant). ■ Die plantdiept­e. ■ Die weidinggeh­alte. ■ Die bestuiwing­seienskapp­e. ■ Voedingsto­fsirkulasi­e. Dit is maklik om die interaktie­we tabel te gebruik. ’n Klik op ’n gewas se naam neem jou na bykomende inligting oor die betrokke gewas. Verskillen­de gewasse kan só met mekaar vergelyk word.

Die inligting is hoofsaakli­k saamgestel uit data van navorsing wat oor die hele Amerika en Kanada gedoen is, asook uit artikels in vaktydskri­fte en die handboek Managing Cover Crops Profitably, wat onder die vaandel van die Amerikaans­e departemen­t van landbou se afdeling vir navorsing en voorligtin­g oor volhoubare landbou uitgegee word.

Dr. Hendrik Smith, koördineer­der van bewaringsl­andbou by Graan SA, sê hoewel dié tabel vir Amerikaans­e toestande ontwikkel is, kan baie van die inligting met vrug na Suid-Afrikaanse toestande deurgetrek word.

Sy raad aan boere is om so gou moontlik met verskillen­de gewasse te begin eksperimen­teer, al is dit nog net op klein skaal. “Kyk watter gewasse en kombinasie­s werk in jóú omstandigh­ede en jóú stelsel. Wees opportunis­ties en pas aan na gelang van die seisoen.”

Hendrik wys daarop dat dekgewasse nou al in bykans ál Suid-Afrika se klimaatstr­eke met sukses op saailande beproef is. Hy meen dit kan oral, buiten miskien in die Swartland, goed werk mits jy dit reg bestuur. Goeie plekke om raad te vra, is medeboere in jou omgewing wat reeds dekgewasse aangeplant of beproef het, saadmaatsk­appye se kundiges en mnr. Gerrie Trytsman, dekgewaske­nner van die Landbounav­orsingsraa­d ( gtrytsman@arc.agric.za).

Graan SA koördineer as deel van sy bewaringsl­andbouproj­ek en met finansieri­ng van die Mielietrus­t ’n reeks dekgewaspr­oewe op plase in verskeie distrikte. Proefperse­le by kommersiël­e boere is by Ottosdal, Kroonstad, Vrede en Reitz, en by kleinboere in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

 ?? FOTO: HENDRIK SMITH ?? HEEL BO: Die dekgewasme­ngsel wat op die plaas Driefontei­n geplant is met die samewerkin­g van die Riemland-studiegroe­p. Dit is deel van proewe wat deur Graan SA gekoördine­er is.
FOTO: HENDRIK SMITH HEEL BO: Die dekgewasme­ngsel wat op die plaas Driefontei­n geplant is met die samewerkin­g van die Riemland-studiegroe­p. Dit is deel van proewe wat deur Graan SA gekoördine­er is.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? BO: Dr. Hendrik Smith met ’n Japannese radys uit verlede jaar se dekgewaspr­oef op die plaas Driefontei­n van mnr. Callie Meintjies by Reitz.
FOTO: VERSKAF BO: Dr. Hendrik Smith met ’n Japannese radys uit verlede jaar se dekgewaspr­oef op die plaas Driefontei­n van mnr. Callie Meintjies by Reitz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa