Meer wins met korter dektye
Om die meeste wins met speenkalfproduksie te maak, moet die boer die tydperk wanneer sy kudde se voedingsbehoefte die grootste is, sinchroniseer met die tydperk wanneer die beste weiding beskikbaar is. Nuwe tegnologie maak dit nou moontlik.
In Suid-Afrika redeneer boere gewoonlik lekker as die gesprek gaan oor watter beesras die beste is of wat die prys van speenkalwers nou beloop. As daar egter na die mees basiese beperking vir winsgewende speenkalf produksie vanaf die veld gekyk word, moet nie meer net gepraat word nie.
Die optimale toestande vir kalfenher besetting in subtropiese omgewingstoestande in Suid-Afrika is baie beperk. Natuurlike weiding van ’n hoë gehalte is gewoonlik tot drie of vier maande van die jaar beperk. ’n Koei is egter nege maande (280-285 dae) van die jaar dragtig.
’n Koei moet in die drie maande ná kalf optimale melkproduksie behaal, die baarmoeder moet herstel om weer geslagsaktief te kan raak en dan moet sy binne 80 dae ná kalf weer dragtig raak ten einde een kalf per koei per jaar (365 dae) te kan lewer.
Om dit nog eenvoudiger te verduidelik, kan ’n mens maar net op die koei se belangrikste voedingsbehoefte konsentreer, naamlik haar proteïenbehoefte per dag. In die drie maande hierbo genoem, is haar gemiddelde proteïenbehoefte sowat 1 200 gram per dag. In die praktyk beteken dit dat sy 10 kg of meer droëmateriaal moet inneem waarvan die ruproteïeninhoud 12% en meer moet wees om in haar proteïenbehoefte te voorsien. Dié voeding moet vanaf die natuurlike weiding verkry word om speenkalf produksie op weiding winsgewend te maak.
In’ n speenkalf produksiestelsel is 75% van die totale jaarlikse voeding net vir die onderhoud en produksie (groei van die fetus en melkproduksie vir die kalf ) van die koeie self nodig. Sewentig persent daarvan is net vir die onderhoud van die koei, dus die voeding wat benodig word om haar lewend en haar orgaanstelsels werkend te hou.
SKETS 1 toon die beskikbare proteïene vanaf weiding en die proteïenbehoefte van ’n volwasse koei in verskillende produksiestadiums.
EENVOUDIGE DOELWIT
Om dié belangrikste beperking (net drie maande van hoë gehalte weiding) te oorkom, kan die boer n eteen besliste b estuurs doelwit nastreef, naamlik om die tydperk wanneer die koeie se voedingsbehoefte die grootste is, te sinchroniseer met die tydperk wanneer die beste weiding beskikbaar is.
Dit klink na ’n eenvoudige benadering, maar dit is prakties nie so maklik nie. Dit is waarom kalftyd op die meeste plase nog oor ’n lang tydperk (drie maande of langer) plaasvind, met ’n gevolglike dramatiese verhoging in die koste van byvoeding. Die rede vir laasgenoemde is dat die natuurlike weiding alleen nie in die lente en herfs in die behoefte van die koeie kan voorsien nie ( SKETS 2 ).
Net hier lê die doodsteek vir winsgewende speenkalf produksie. Hoewel daar steeds genoeg en mooi kalwers gelewer word, is dit nie meer winsgewend nie, want die koste van byvoeding het ál die wins opgevreet.
Wa tis die optimale lengte van die dektyd? Indien winsgewende speenkalfproduksie vanaf veld weiding nagestreef word, was die prestasiedoelwit altyd om minstens 60% van die koeie binne die eerste drie weke (een hittesiklus) van die dektyd dragtig te kry. Dit was op sigself moeilik, maar as omgewingstoestande, soos die afhanklikheid van reën vir gras-
produksie, ook nog in ag geneem word, kon baie min speenkalf produsente dié prestasiedoelwit behaal.
NUWE TEGNOLOGIE
Nuwe tegnologie is beskikbaar om die grootste beperking vir winsgewende speenkalf produksie te oorkom. Sinchronisasie van die o valuasie van die vroulike diere die eerste dag van die dektyd sodat vastetyd- kunsmatige inseminasie (KI) gedoen kan word, is die eerste daarvan.
KI is nie nuwe tegnologie nie, maar dit is nooit op groot skaal in die ekstensiewe vleisbeesbedryf gebruik nie omdat daar ’n paar praktiese beperkings was. Die eerste was dat die tyd wanneer inseminasie gedoen moes word, afhanklik was van hittewaarneming en die beskikbaarheid van ’n insemineerder. Tweedens was die sukses wat behaal is, ook nie so goed nie. Dit was meestal vanweë die diere se kondisie aan die begin van die dektyd.
Die nuwe tegnologie ten opsigte van sinchronisasie by vleisbeeste oorkom nou albei dié beperkings deurdat KI op een slag (vaste tyd) gedoen kan word. Die nuwe sinchronisasie program verbeter ook die besetting van koeie wat nog nie reproduktief aktief is aan die begin van die dektyd nie.
Die nuwe prestasiedoelwit wat nou gestel en behaal kan word, is: Die helfte van die koeie dragtig op dag een van die dektyd deur sinchronisasie en vastetyd-KI. 75% koeie dragtig teen week 3 van die dektyd. (Die verdere 25% word behaal deur bulle wat ingesit is na afloop van die sinchronisasie program .) 85% van koeie dragtig teen week 6 (45 dae) ná die begin van die dektyd. Indien hierdie prestasie doelwittem et behulp van sinchronisasie en vastetyd-KI behaal kan word, sal dit ’ n dramatiese uitwerking op ál die bepalers van winsgewendheid in’ n speenkalf produksiestelsel hê. Dié agt bepalers van winsgewendheid is: Vinniger genetiese vordering met die kostedoeltreffende gebruik van topbulle se saad( strooitjies gevriesde saad of vars semen van die beste bulle op die plaas). ’n Eenvormige groep speenkalwers met ’n hoër gemiddelde gewig. Die doeltreffende en voorafbeplande seisoenale bestuur van eenvormige groepe. Beter herbesetting en die vinnige identifisering van nie-dragtige diere. Minder geboorteverliese met die hulp van toegewyde waarneming en tydige hulpverlening. Minder kalfverliese en spesifieke groepsbestuur om diarree by kalwers te voorkom. Die verlaging van die koste van byvoeding, wat die enkele grootste regstreekse uitgawe is. Die verlaging van bulkoste en die aantal bulle wat aangehou en bestuur moet word. Dit speel ’n groot rol om die risiko van geslagsiektes te verlaag.
SKETS 3 toon as die dektyd doeltreffend verkort kan word, sal die voedingsbehoefte en weidingsaanbod gesinchroniseer word. Dit sal meebring dat minder byvoeding nodig is.
SA NAVORSING
Droogtes en die kondisie van die vroulike diere aan die begin van die dektyd stel die grootste eise aan die suksesvolle toepassing van ’n program van sinchronisasie en vastetyd-KI. Met die afgelope twee jaar se droogte was daar nie ’n beter tyd om die werking van so ’n program in die moeilikste toestande op die proef te stel nie.
Die proef is begin November verlede jaar onder leiding van dr. JG Nel van Ascendis Dieregesondheid by die Fortress Bonsmara-stoetery by Frankfort gedoen. Drs. Dries Lessing en Rikus van Rensburg was verantwoordelik vir die uitvoering van die program.
Die koeie is vooraf ondersoek vir die bepaling van hul kondisie. ’n Sonarondersoek is ook vooraf gedoen om die aktiwiteit van die eierstokke te bepaal.
Daar is bevind dat 48% van die koeie nie geslagsaktief is nie, wat die uitdaging nog groter gemaak het. Sinchronisasie is gedoen volgens die program en die gebruik van produkte wat deur Ascendis Dieregesondheid verskaf is.
Die resultate in dié moeilike toestande was uiters goed en het bewys dat die doelwit om 50% koeie op dag een van die dektyd dragtig te kry, wel moontlik is – selfs in moeilike voedings toestande( TABEL ).
Die bulle is ná die KI-program ingesit. Ook hier is puik resultate behaal. Drie weke ná die begin van die dektyd was 74% van die koeie reeds dragtig.
Hierdie proef het bewys dat die nuwe prestasie doelwitte, soos hierbo bespreek, selfs in uiters moeilike toestande haalbaar is, soos wat geheers het aan die einde van twee jaar van droogte.
VEEARTS HET GROTER ROL
In die algemeen is die kuddeveearts nog te min betrokke by die ondersteuning van die speenkalf produsent om reproduksie- prestasie te verbeter. Veearts plaas besoeke vind gewoonlik net tweemaal per jaar plaas, naamlik om bulle te toets ter voorbereiding van die dektyd en dan eers weer maande later om dragtig hei ds ondersoeke te doen.
Daar was dus tot dusver min of geen betrokkenheid by die voorbereiding van die koeie en verse vir die dektyd nie en geen verdere aktiewe deelname om te verseker dat’ n goeie dragtig hei ds persentasie behaal word tydens’ n beperkte dek tyd nie.
Met sinchronisasie en vastetyd-KI speel die kuddeveearts deur wie die program beskikbaar is, ’n wesenlike rol in die evaluering van die diere wat gesinchroniseer gaan word en in baie gevalle ook met die uitvoering van die KI. Dit is belangrik sodat probleme wat tot swak besetting kan lei, aan die begin van die dektyd geidentifiseer en reggestel kan word en daar dus nie eers maande later tydens dragtighei ds ondersoeke bevind word daar was ’n probleem nie.
DIE TOEKOMS
Die vordering met genomiese evaluasie gaan ’n groot rol speel in die ontwikkeling van die vleisbeesbedryf. Wanneer dit in die praktyk toegepas gaan word, gaan die sukses daarvan baie afhanklik wees van die grootskaalse gebruik van KI in die bedryf. Indien Suid-Afrika wil kers vashou by die res van die wêreld se vleisbeesboere, sal die plaaslike bedryf die nuwe tegnologie moet gebruik. Dr. Danie Odendaal is die direkteur van die Veeartsnetwerk.