Landbou Vee

Dié honde is jakkalse se moses

’n Anatoliese herdershon­d is jakkalse se enigste natuurlike vyand wat deur die boer bestuur kan word. Twee buurmanne by Montagu vertel hoe hulle dié honde in hul omgewing gebruik.

- NAVRAE: Mnr. Danie le Roux, e-pos: info@ karooadven­tures.co.za

Anatoliese herdershon­de is die enigste bekostigba­re oplossing teen jakkalse wat kleinvee voor die voet opvreet, sê mnr. Danie le Roux, ’n Dorperboer van die plaas Koenieskra­al by Montagu. “Dis niks snaaks om twee derdes van jou lammers te verloor nie. Ek het hier ingetrek met 800 ooie. Op ’n kol het hulle my diere só opgevreet dat ek net 250 diere oorgehad het, want daar was nie vervanging­sooie nie.”

Mnr. Frikkie Hugo, sy buurman van die plaas Vredelus, beaam dit. Hy boer met Dohne-Merino’s en het aanvanklik sy skape saans in ’n kraal gejaag. “Dit vat twee uur van jou dag en het nie altyd gewerk nie – ’n luiperd het al ingespring en toe lê daar nege dood. Jakkalse begin ook in die dag vang, sommer groot skape.”

GEDUGTE VEEWAGTERS

Danie was agt jaar gelede op die punt om uit desperaath­eid na Angusbeest­e oor te skakel, toe hy Anatoliese herdershon­de as veewagters op die proef gestel het. Dié honde, wat oor eeue heen in Anatolië, Turkye, as veewagters geselektee­r is, het ’n ingebore instink om diere op te pas en sal hul trop met hul lewe verdedig. “Die eerste ding wat ek nou soek as ek by die trop aankom, is my hond,” sê Danie. “As ek weet die hond is daar, hoef ek amper nie eens die lammers te tel nie.

“Dit is ongeloofli­k wat hulle kan uitrig. Hulle is drie keer die jakkals se grootte. Jy het dus ’n natuurlike vyand in die veld gesit, een wat jy kan bestuur.

Op Danie se aanbevelin­g het Frikkie in 2013 sy eerste hond gekry. “Hy het my in die beginstadi­um twee, drie keer ’n dag gebel – die hond doen dit, wat moet ek maak? Dan sê ek vir hom, hou maar net moed. Gee die hond ’n kans, dit sal regkom,” vertel Danie.

Sedert Frikkie die honde gekry het, het

sy lampersent­asie van 70 tot 120 verbe- ter. Hy het tans drie herdershon­de, wat al met alles van ’n bobbejaan tot ’n luiperd deurmekaar was.

“As ’n hond nie vir ’n bobbejaan bang is nie, kan ’n luiperd loop bars,” sê Danie.

“Jy sal jouself met stelery ook vieslik vasloop. Ek het self al geskrik – skielik staan daar ’n hond tussen die skape op en storm op jou af. Dis ’n groot afskrikmid­del.”

BUURPLAAS-BUFFERS

Vyf plase in die omgewing maak nou op honde staat om hul kleinvee op te pas. “As almal in die omgewing honde het, is dit tot elkeen se voordeel. Frikkie se honde maak jakkalse vrek voordat hulle by my uitkom. Hy skep vir my ’n buffer. Ek is weer vir die volgende ou ’n buffer. Iewers gaan daai jakkals hom vasloop. Ons kan die gebied skoonmaak,” verduideli­k Danie.

’n Goeie verhouding met jou buurman is deurslagge­wend, sê Danie. “Baie ouens het al tophonde verloor wat deur hul buurman geskiet is. Intussen was die hond agter ’n jakkals aan. Die hond verdryf jakkalse en ander roofdiere uit die kamp en maak dan ’n ál wyer gebied skoon. Hy gaan na waar die moeilikhei­d is, veral as sy kamp skoon is.

“Dít is wanneer Frikkie se honde soms na my plaas toe deurkom. Ek boer met Dorpers en hy met Dohne-Merino’s, maar ons het nog nooit probleme gehad met honde wat die vreemde skape vang nie. Môre is hy weer terug na die ander trop.”

JAKKALSSLI­M

’n Jong hond word soms deur jakkalse uitoorlê, sê Frikkie, maar moenie te gou tou opgooi nie. ’n Hond sal op agt maande jakkalse verwilder en op ’n jaar beslis jakkalse begin vang en vrekmaak. Op 18 maande is hy jakkalssli­m.

Dit is belangrik om nie ’n jong hond aan sy eie genade oor te laat nie. As ’n trop met lammers na ’n nuwe kamp moet skuif, is dit ’n goeie plan om eers ’n groter, ouer hond met ’n klein trop gusooie in te bring. Dié hond kry dan kans om die kamp skoon te maak voordat die lammers inkom.

 ??  ?? Lekker om jou ’n slag te sien . . . Mnr. Frikkie Hugo en die teef Bertha. Werkende herdershon­de moet verkieslik nie te veel aandag van hul eienaars ontvang nie.
Lekker om jou ’n slag te sien . . . Mnr. Frikkie Hugo en die teef Bertha. Werkende herdershon­de moet verkieslik nie te veel aandag van hul eienaars ontvang nie.
 ??  ?? Mnr. Danie le Roux ( INLAS) se jongste hondjie, Wit Leeu, is in die eerste opleidings­fase en bly saam met twee skape in ’n klein kraal sodat hulle ’n hegte band met mekaar kan vorm.
Mnr. Danie le Roux ( INLAS) se jongste hondjie, Wit Leeu, is in die eerste opleidings­fase en bly saam met twee skape in ’n klein kraal sodat hulle ’n hegte band met mekaar kan vorm.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa