Landbou Vee

BESTUUR HONDE SÓ

-

Kritiek teen Anatoliese honde, soos dat hulle lammers vang, is meestal die gevolg van foutiewe opleiding, sê mnr. Danie le Roux. Hier is sy raad.

IN DIE KRAAL

Die hond moet werkende ouers hê. As hy nie tussen vee gebore word nie, verloor hy sy instink.

Sodra ’n nuwe hondjie op die plaas kom, moet hy vier of vyf maande lank by twee ooie in ’n klein kraal geplaas word. Hy vorm ’n hegte band met hulle. Moenie ’n ou ooi of hamel gebruik wat binnekort verkoop gaan word nie.

Al wat die hondjie in dié maande moet sien, is die skape. ’n Ou sementdam werk dus lekker, want daar is geen steurnis van buite nie. So kan die hond van die begin af ’n verskil in die veld maak deur te blaf vir vreemde diere en mense. Die jakkalse raak bewus van sy teenwoordi­gheid, al kan hy hulle nog nie vastrek nie.

Sit die hond se kos in ’n selfvoerde­r. Hou die wegdrukkla­p met ’n klip oop en gebruik elke week ’n kleiner klip sodat hy leer om die plaat weg te druk.

Die hond sien jou of ’n werker — dieselfde werker — net ’n paar minute met die skape se voertyd. Noem die dier op sy naam sodat hy dit leer. Geen gekoppievr­yf nie — hy is nie ’n huishond nie. Hou ook kinders weg.

Sit die laaste paar weke ’n ooi met ’n tweeling in. Die lammertjie­s moet sowat vyf dae oud wees, nie pasgebore nie. As hy met die lammertjie­s wil speel, sal die ooi hom stamp. Die hondjie moet egter van die begin af ’n veilige lêplek hê sodat hy nie afgeknou word nie.

As die ooi té gewoond raak aan hom en nie gepla is as hy met die lammers speel nie, sit ’n groot, beduiwelde ooi in.

As daar met verskillen­de skaaprasse op die plaas of op buurplase geboer word, kan jy een van elke ras van die begin af saam met die hond in die kraal sit. Dit is veiliger, veral vir die buurman se diere.

Moenie ’n jong hond te vroeg veld toe neem nie. Soms sal ’n hond wat nie van beter weet nie, ’n pasgebore lam gaan ondersoek of lek. ’n Jong ooi los ’n lam as sy te veel gepla word, en uiteindeli­k vrek die lam.

IN DIE VELD

Sit die hond eers by ’n klein troppie, veral as die skape nie honde ken nie.

Die kamp moenie so groot wees dat die hond per ongeluk afdwaal nie. Jy kan stadig maar seker sy trop groter maak, maar verkieslik nie meer as 150 ooie met lammers nie. Die ideale tropgroott­e hang af van die grootte van die kamp en of die skape tropgebond­e is.

Hou ’n oog oor die hond, maar moenie te gereeld te naby kom nie, anders belemmer dit sy band met die skape en wil hy later eerder jou bakkie agternasit. Tel dooie lammers sover moontlik op sodat hy nie aan hulle begin peuter nie.

Hy moenie sonder kos wees nie. Sit die selfvoerde­r by die veesuiping en besoek dit minstens twee keer ’n week om seker te maak hy vreet gereeld.

Soms sien jy die hond vir ’n paar dae nie. Hy hou dalk wag by ’n siek of dooie skaap. Verwyder die karkas, anders vang jakkalse elders in die kamp. Soms is dit goed om die bure te bel en te vra of die hond nie dalk hul skape oppas of in ’n slagyster getrap het nie.

Ontwurm jou honde gereeld. Sit wurmpille in ’n stukkie wors in hul selfvoeder­s as die hond menssku is. Bosluiskoo­rs kan ook baie pla.

 ??  ?? Hierdie herdershon­d, toe 11 maande oud, van mnr. Danie le Roux het dié jakkals meer as 3 km (en drie kampheinin­gs) van sy trop af ingehardlo­op. ‘Daar is geen duideliker bewys as dié foto van wat dié honde kan uitrig nie,’ sê Danie. FOTO: VERSKAF
Hierdie herdershon­d, toe 11 maande oud, van mnr. Danie le Roux het dié jakkals meer as 3 km (en drie kampheinin­gs) van sy trop af ingehardlo­op. ‘Daar is geen duideliker bewys as dié foto van wat dié honde kan uitrig nie,’ sê Danie. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa