Landbou Vee

TOPPRYS VIR SWART ANGUS

-

Die Angusstoet­ery Mequatling, Clocolan, het vanjaar sy 50ste produksiev­eiling aangebied en die swart Angusbul Mequatling Smokin’ Jo (nr. WB 15 306, op die foto) is teen ’n SA rekordprys van R140 000 op dié veiling verkoop Mnr. Monte Chiepe van Gaborone, Botswana, was bereid om sy hand diep in sy sak te steek vir dié besonderse bul. Boonop is ál die diere wat op die veiling aangebied is, verkoop. Smokin’ Jo se vaar is HF Kodiak 5R en die semen is ingevoer vanaf Hamilton Farms naby Calgary in die deelstaat Alberta, Kanada. Kodiak se semen is só gesog dat dit meer as R6 000 per strooitjie behaal. Altesame 46 rooi en swart bulle is teen gemiddeld R61 000 stuk verkoop, terwyl 47 rooi en swart koeie gemiddeld R31 000 stuk behaal het. Die duurste koei, Mequatling Modern Mama (WB 11 319), is teen R90 000 aan RN Bouwer Farms, Paarl, verkoop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa