SPRINGBOK MET SPOGHORINGS BEHAAL REKORDPRYS
Hercules, ’n Springbokram wat eerste op Safari Club International (SCI) se ranglys is met ’n totale horingmate van meer as 49 duim, is teen ’n rekordbedrag van R1,55 miljoen op die jaarlikse veiling van me. Tina de Jager van Vryburg verkoop. Hercules, geteel deur mnr. Julian Theron van Jules of the Karoo by Richmond, is aan mnr. Jacques Malan van BelaBela verkoop.